Background Image
Previous Page  109 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 109 / 112 Next Page
Page Background

Nuwe outomatiese modelle

by Ranger-reeks gevoeg

s

edert die bekendstelling van die huidige Ford Ranger-

reeks in 2012, het dié reeks bakkies ‘n groot gunsteling

onder bakkie-eienaars geword. Soveel só dat die Ranger-

dubbelkajuit die grootste verkoper van dubbelkajuit-

bakkies in Suid-Afrika is.

Vanaf 2012 is die reeks weer in 2015 opgekikker en is onder andere

‘n turbo-ondersteunde 2,2 liter-dieselenjin, asook ‘n outomatiese

sesgangratkas tot die reeks toegevoeg.

Die turbo-ondersteunde 2,2 Ford Duratorq TDCi-dieselenjin het ‘n

kraglewering van 118 kW teen 3 700 omwentelinge en ‘n wringkrag

van 385 Nm tussen 1 500 omwentelinge en 2 500 omwentelinge.

Outomatiese ratkaste was slegs in sekere van die dubbelkajuit-

modelle beskikbaar en hierdie modelle het besonders gewild

geword. Die 2,2 liter-enjin met die outomatiese ratkaskombinasie

is egter nou ook in ander Ranger-modelle bekend gestel, sodat die

Ford Ranger nou die enigste enkelkajuitbakkie met ‘n outomatiese

ratkas in Suid-Afrika is.

Daar is nou vier 2,2 liter dubbelkajuitmodelle, naamlik ‘n XL 4x2

en XL 4x4, ‘n XLS 4x4 en ‘n XLT 4x2. Die 4x4-modelle word met

‘n elektronies-beheerde oordraratkas toegerus en hoë- of laestrek

kan deur middel van ‘n knoppie op die instrumentepaneel geselek-

teer word.

Elektroniese stabiliteitsbeheer is ‘n standaardfunksie vir die hele

Ranger-reeks. Dit sluit onder meer vastrapbeheer in, asook enjin-

remming wanneer daar teen steil hellings afgery word. Die sleep-

kapasiteit van die 2,2 liter is 3,5 ton.

‘n Waarborg van vier jaar of 120 000 km en ‘n diensplan van vyf

jaar of 100 000 km, met dienstussenposes van 20 000 km is van die

voordele wat deur die hele reeks geniet word.

Opsies en pryse vir die pryse van die outomatiese Ford Ranger met

2,2 liter-dieselenjin is soos volg:

2.2 TDCi XL enkelkajuit 4x2 Auto R311 900

2.2 TDCi XLS enkelkajuit 4x4 Auto R426 900

2.2 TDCi XL Super Cab 4x2 Auto R357 900

2.2 TDCi XLS Super Cab 4x2 Auto R411 900

2.2 TDCi XLS Super Cab 4x4 Auto R472 900

2.2 TDCi XL dubbelkajuit 4x2 Auto R384 900

2.2 TDCi XL dubbelkajuit 4x4 Auto R426 900

2.2 TDCi XLS dubbelkajuit 4x4 Auto R517 900

2.2 TDCi XLT dubbelkajuit 4x2 Auto R482 900

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

107

October 2016

Die 2.2 TDCi XLS dubbelkajuit 4x4 outomaties kos R517 900 en is die vlagskip van

die Ford Ranger 2,2 liter-dieselbakkies wat met ‘n outomatiese ratkas toegerus is.