Background Image
Previous Page  102 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 102 / 112 Next Page
Page Background

Hoop vir die nuwe plantseisoen

Bekende produsent sterf aan kanker

P

rodusente sal die antwoord om regtig ‘n suksesvolle oes,

‘n beter algehele opbrengs, gesonder grond en ekono-

miese groei te verseker, in biologiese entstowwe vind. Op

2 Augustus vanjaar het Soygro ‘n groot produsentesame-

koms by Carnival City gehou om vir produsente weer hoop vir die

nuwe plantseisoen wat om die draai is, te gee.

Mnr Hendrik Kapp (bedryfshoof: Soygro) het begin deur te sê:

“Elke produsent verlang na ‘n gehalte landbouproduk wat hoër

opbrengste kan verseker, maar dink deesdae dat Rhizobium alleen-

lik die antwoord is.” Hy sê verder dat dit ‘n jammerte is, omdat

daar ‘n baie groter wêreld – wat volhoubare landbou verseker – in

biologie bestaan. Met 30 jaar se studies wat gedoen is oor watter

organismes bymekaargesit moet word, is dit tyd dat produsente

begin kyk na gehalte biologiese entstofprodukte en -programme

om in hul besondere plantbehoefte te voorsien.

Produsente benodig hulpmiddels vir die onderdrukking van plant-

siektes – om plantegroei te bevorder en grondvrugbaarheid te

verseker. Soygro bied aan produsente en landboukundiges die

nodige tegniese ondersteuning en hulp deur mikrobiologiese plant-

en grondentstowwe te vervaardig wat die totale plant, reg deur

die groeiseisoen, aanspreek en spesifiek plant- en grondmikro-

flora opbou.

Mnr Tem Odendaal (direkteur: Soygro) het aan produsente verduide-

lik dat produsente nie méér grond nodig het om hul opbrengs-

potensiaal te verhoog nie, maar dat hulle gemiddelde opbrengs

per hektaar moet styg. “Met ons verskeidenheid mikrobiologiese

entstowwe vir peulgewasse en ander gewasse soos mielies en

aartappels, kan 10% van die gewasproduksie in Suid-Afrika ver-

beter word.”

Odendaal het bewustheid oor die waarde van mikrobiologiese

entstofprodukte onder die produsente gekweek. “Net in die soja-

boon-sektor gaan tot R2,1 biljoen verlore as gevolg van onvolle-

dige entstofprogramme – en meer as R7 biljoen by mielies,” het

Odendaal gesê.

Tydens die geleentheid is die verskillende beginsels van mikro-

biologiese entstofprodukte en -programme bespreek om sodoende

die biologiese potensiaal op plase te ontgin.

M

nr Anthony Evans (73) is in Augustus vanjaar, na ’n

siekbed van ongeveer agt maande, aan kanker oorlede.

Evans was een van Suid-Afrika se bekendste produ-

sente en is in 2013 as die Graan SA/Syngenta Graan-

produsent van die Jaar aangewys. Hy was aan stuur van die Rhys

Evans Groep en die bekende Huntersvlei Sussex-stoet.

Die Rhys Evans Groep is ‘n boerdery met ‘n lang en ryke geskiede-

nis. Anthony het gedurende 1968 saam met sy pa, Rhys, begin

boer en onder sy leiding is die Rhys Evans Groep in die afgelope

dekades tot een van Suid-Afrika se voorste boerderye uitgebou.

Hul graanvertakking bestaan uit ongeveer 75% mielies, 13% sonne-

blomme en 8% grondbone, terwyl die res van die lande deur

sojabone en aangeplante weiding opgeneem word. Die veever-

takking bestaan uit die Sussex-stoet, ‘n Sussex kommersiële

kudde, ‘n voerkraal en ‘n varkboerdery. Hulle het ook ‘n grondbone-

verwerkingsaanleg.

Sy seun, David (die vierde geslag wat die boerdery bedryf), sal die

boerdery oorneem.

Evans laat sy vrou, Jane, ‘n seun en drie dogters agter.

JUANITA GREYLING,

Soygro

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

Anthony Evans

Graan SA/Sasol fotokompetisie

Oktober 2016

100

AKTUEEL