Background Image
Previous Page  92 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 92 / 112 Next Page
Page Background

®

Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200

of

customercare.sa@monsanto.com

DEKALB

®

enMonsanto isgeregistreerdehandelsname

vanMonsantoTechnologyLLC.

MonsantoSuid-Afrika (Edms)Bpk, Posbus69933,Bryanston,2021.

PLANT JOU SUKSES

Groei jou wins natuurlik met

DEKALB

®mielies!

DEKALB

® spog noumet nuwe geelmieliebasters wat by uitstek geskik is vir die

besproeiingsgebiede.

DEKALB

® is sinoniemmet innoverende idees, uitstekende

kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou.

Uiters geskik

vir besproeiings-

gebiede

DKC62-80BR GEN

DKC64-78BR GEN

DKC62-84R

DKC61-90

DKC64-54BR

DKC65-52BR

DKC63-53

Kultivars

uppe marketing A13057

AKTUEEL

Genetika se groeikamers

kry nuwe (helderder) baadjie

V

yf MSc-studente van die Departement Genetika se Plan-

teteeltlaboratorium is van die eerste Maties wat die ge-

leentheid kry om hul graanproewe in die gemoderniseerde

groeikamerfasiliteite van die Fakulteit AgriWetenskappe

uit te voer. Onder hulle is me Irma van Zyl, wat eksperimente uit-

voer om kruisbaarheid en stuifmeelvloei in kleingrane te ondersoek.

Wandile Ngcamphalala, Jabulani Mthembu, Nondumiso Cebehulu

en SW Meintjes se navorsing hou verband met die Planteteelt-

laboratorium se koringvoortelingsprogram.

Met die draai van ‘n skakelaar kan hulle die spektrum van lig wat

op die plante skyn, verander en sodoende weet dat die temperature

in die groeikamer konstant sal bly. Die geriewe is verbeter danksy

die Fakulteit AgriWetenskappe se Strategiese Fonds, waardeur

R2 miljoen opsy gesit is. “Daardeur wil ons seker maak ons bly op

die voorpunt van graan- en genetikanavorsing in Suid-Afrika, tot

voordeel van die plaaslike industrie,” verduidelik dr Michael-John

Freeborough, bestuurder van die Fakulteit AgriWetenskappe.

Die gebou op die Welgevallen Proefplaas waarin dit gehuisves is,

is destyds deur die Koringraad ingerig. Dit het egter in onbruik

begin verval. “Die beligting was baie energie-ondoeltreffend

en verouderd en moes met die hand verander word, terwyl

instandhouding ‘n kwessie geraak het,” vertel planteteler

Willem Botes van die Departement Genetika. Die bestaande agt

groeikamers binne die gebou is gesloop en die ruimte herbenut om

ses nuwe groeikamer-eenhede en ‘n voorbereidingsarea in te rig.

Elke kamer het ‘n kleinerige ingangsarea met ‘n dubbeldeurstelsel

om temperatuur beter te bestuur en ook aspekte rondom bioveilig-

heid aan te spreek. Nuwe werksareas en energiebesparende LED-

beligting waardeur temperature beter gereguleer kan word, is ook

deel van die opgradering.

“Hoewel die gebruik van LED-beligting al hoe meer algemeen in

huishoudings word, is dié groeikamerprojek een van die eerste van

sy soort in Suid-Afrika wat hierdie soort beligting gebruik,” ver-

tel Botes. Die stelsel is deur ‘n Suid-Afrikaanse verskaffer,

Tech Trend, ontwerp en geïnstalleer. Buiten die Planteteeltlaborato-

rium, word die geriewe ook gereeld gebruik deur die Departement

Agronomie en prof Anna-Maria Oberholster van die Departement

Genetika se Graangenomikalaboratorium. Daar word beoog om die

oorblywende kapasiteit ten opsigte van groeikamers beskikbaar

te stel vir ander navorsers binne die Fakulteit AgriWetenskappe.

“Dit is ideaal vir navorsers wat ‘n behoefte het om eksperimente

in ‘n groeikamer uit te voer onder spesifieke, beheerde lig- en tem-

peratuurtoetstande,” vertel Botes.

ENGELA DUVENAGE,

Fakulteit AgriWetenskappe, Universiteit van Stellenbosch

Planteteler Willem Botes van die Departement

Genetika en MSc-student Irma van Zyl aan die

werk in een van die groeikamers.