Background Image
Previous Page  90 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 112 Next Page
Page Background

Droogteverdraagsame mielie gee

hupstoot vir opkomende boere

O

pkomende boere wat vir die eerste keer die afgelope

2014/2015-seisoen – tydens een van die mees strawwe

droogtes in baie jare – WEMA-droogteverdraagsame

(DV) bastermielies geplant het, het hul opbrengste ver-

dubbel. Die variëteit, DroughtTEGO

TM

WE3127, is ‘n wit baster.

Die Landbounavorsingsraad (LNR) het 10 000 sakkies van 500 g

elk, gratis aan ‘n aantal opkomende boere in Limpopo, Mpumalan-

ga, die Noordwes Provinsie, Vrystaat en KwaZulu-Natal geskenk

om dit op die proef te stel.

Die LNR het die DroughtTEGO-mielie deur middel van die

Waterdoeltreffende Mielies vir Afrika-projek (WEMA) ontwikkel. Dit

is deur die Kenia-gebaseerde Afrika Landboutegnologie-stigting

(AATF) gekoördineer.

Dit is ‘n openbare privaat vennootskap waarby die volgende

betrokke is: Die Internasionale Mielie- en Koringverbeteringsentrum

(CIMMYT) asook Monsanto en landbounavorsingsinstansies in

Kenia, Mosambiek, Uganda en Tanzanië. Monsanto het die tegnolo-

gie vir sowel insekbestandheid (Bt) en droogteverdraagsaamheid

(DV) aan die WEMA-projek geskenk. Hierdie GM-tegnologie word

sonder tantiemkoste aan opkomende boere beskikbaar gestel.

Luidens mnr Prince Molema, een van vier opkomende boere van

Mooifontein naby Lichtenburg, wat die DV-mielies geplant het,

was hul gemiddelde opbrengs 2 ton/ha vergeleke met 1,5 ton/ha

vir konvensionele basters. Die gemiddelde reënval gedurende die

seisoen was 250 mm vergeleke met ‘n gemiddeld van 500 mm in

normale jare.

In Limpopo het nege opkomende boere – ses mans en drie

vrouens – van Ga-Mokaba in die distrik van Mokopane, 7 ha

geplant. Volgens mnr Isaiah Setseta, voorsitter van die Mokaba

Boerevereniging, was hul gemiddelde opbrengs 1,14 ton/ha. Dit

is vergeleke met 0,6 ton/ha die vorige seisoen met konvensionele

mielies gerugsteun deur goeie reëns – ‘n 100%-toename in een van

die droogste jare in twee dekades. Hulle het slegs reën gekry net

na-plant en weer met die blomstadium. Setseta het hierdie inlig-

ting op ‘n boeredag bekend gemaak wat deur 65 opkomende boere

uit die omgewing bygewoon is wat daar was om self te sien wat die

voordele van die nuwe DroughtTEGO behels.

Hy het vertel dat hulle die mielies op 22 Desember geplant het en

op 25 Mei vanjaar begin oes het. Die saad is met ‘n planter geplant

en met handearbeid geoes. Om onkruid te beheer, is Roundup

voor-plant op die lande toegedien. Enkele onkruide wat na-opkoms

gespruit het, is met die hand geskoffel. “Ons is baie gelukkig met

die WEMA-mielie en gaan in die komende seisoen ons hektare

verdubbel,” het Setseta gesê.

Dr Thula Dlamini, landbou-ekonoom van die LNR, beskou dié op-

brengs as "‘n besonderse prestasie”. Hy meen dat hierdie opkomen-

de boere waarskynlik hul plaashekinkomste vanjaar gaan verdubbel.

“Die implikasies vir voedselsekerheid is veelvuldig. Dié tegnologie

waarborg opbrengs in moeilike produksieseisoene en die verwag-

ting is dat meer opkomende boere terug na die landbou gelok sal

word,” was dr Dlamini verder van mening.

Dr Kingstone Mashingaidze, navorsingspanbestuurder vir plantte-

ling en biotegnologie van die LNR-Instituut vir Graangewasse,

Potchefstroom, wat aan die hoof staan van die WEMA-projek in Suid-

Afrika, het ‘n beroep op produsente gedoen vir groter samewerking.

“Dié opbrengste wat ons vandag sien, is ‘n bewys van wat bereik

kan word as ons saamwerk om opkomende boere op die pad na

kommersiële produsente te plaas. Saad vir die komende seisoen

is beskikbaar van gelisensieerde saadhandelaars, Jermart en

Capstone. Ons sien met groot afwagting uit na die bekendstelling

van die Bt (insekweerstandbiedend) variëteit in die nabye toekoms,”

het dr Mashingaidze gesê.

Vir meer inligting, skakel dr Mashingaidze by 018 299 6356 of

074 694 6946.

Oktober 2015

88

AKTUEEL

HANS LOMBARD,

namens die Landbounavorsingsraad en Monsanto

1: Opkomende boere van Ga-Mokaba, Mokopane-distrik in Limpopo, spog

met hul eerste uitstekende droogteverdraagsame WEMA-mielie-oes. Van

links is dr Kingstone Mashingaidze (wat aan die hoof staan van die WEMA-

projek in Suid-Afrika), dr Sylvester Oikeh (WEMA-projekbestuurder van die

Kenia-gebaseerde AATF-stigting) by drie opkomende boere: Jane Mohlake,

Melita Somela en Ramasela Moabelo.

2: Die eerste opkomende boere van Mooifontein, Lichtenburg-distrik in die

Noordwes Provinsie, wat die WEMA-droogteverdraagsame mielies geplant

het, is van links: M.S. Mazwi, K.M.C. Motaung, T.V. Mazwi en

Prince Molema, saam met dr Kingstone Mashingaidze.

3: Mieliekoppe van die WEMA-droogteverdraagsame mielies, links, by

Mooifontein, Lichtenburg, en twee konvensionele nie-droogteverdraag-

same mieliekoppe van ‘n aangrensende land.

1

2

3