Background Image
Previous Page  39 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 92 Next Page
Page Background

37

November 2016

‘n Wiskundige kosteberekeningsprosedure is ontwikkel om die

verandering in elektrisiteitsverbruik te skat indien daar van ver-

anderlike spoed-aandrywing gebruik gemaak word. Die kostebe-

rekeningsprosedure maak van ingenieurswette gebruik om die

pompkurwe te verander indien die spoed van die pomp vermin-

der word.

Die verandering in die vloeitempo en die druk waarteen die vloei

gelewer word, kan dus bereken word. ‘n Prosedure wat deur

navorsers van Spanje ontwikkel is, word gebruik om die verande-

ring in pompdoeltreffendheid vir elke dienspunt te skat. Met die

berekende inligting kan die energieverbruik van die spilpunt om een

omwenteling by verskillende dienspunte te voltooi, bereken word.

Die elektrisiteitsbesparing word bereken deur die elektrisiteits-

koste van ‘n stelsel met ‘n vaste spoed-aandrywing met dié van ‘n

stelsel met veranderlike spoed-aandrywing te vergelyk. Elektrisi-

teitskostebesparings moet egter nie die enigste oorweging wees

by die aankoop van ‘n veranderlike spoed-aandrywingstelsel nie,

aangesien die investering in ‘n veranderlike spoed-aandrywingstel-

sel aansienlik kan wees.

Toepassing

Die kosteberekeningsmodel is toegepas om die energiebespa-

ring en verdiskonteerde investeringskoste van ‘n veranderlike

spoed-aandrywingstelsel vir ‘n 30 ha-spilpunt met twee verskillen-

de watertoedieningskapasiteite vir Ruraflex (tyd van gebruik-tarief)

te bepaal.

Die helling van die spilpunt is verander van 1% tot 10%, wat daar-

toe aanleiding gegee het dat die hoogste punt van die spilpunt ver-

ander het. Die investerings- en elektrisiteitskostebesparing vir die

toepassing word in

Grafiek 1

aangedui.

In die geval van die 8 mm/dag-stelsel word die veranderlike

spoed-aandrywingstelsel voordelig as die statiese hoogte van 26 m

na 29 m verander. (Die statiese hoogte is van die waterbron tot

hoogste punt op die spilpunt.) Weens die hoër statiese hoogte

vermeerder die kilowattvereistes. Alhoewel die investeringskoste

van die veranderlike spoed-aandrywingstelsel vermeerder as

gevolg van ‘n hoër kilowattvereiste by ‘n hoër statiese hoogte, is die

veranderlike spoed-aandrywingstelsel ekonomies voordelig omdat

die effek van die besparing in elektrisiteitskoste die verhoging in

investeringskoste oorskadu.

By die 12 mm/dag-stelsel raak die veranderlike spoed-aandry-

wingstelsel ekonomies voordelig waar die statiese hoogte van 23 m

na 26 m verander. Die kilowattvereistes neem toe as gevolg van ‘n

hoër statiese hoogte.

Die ekonomiese voordeel van ‘n veranderlike spoed-aandry-

wingstelsel word by ‘n laer statiese hoogte by die groter toedie-

ningskapasiteit waargeneem, want die effek van ‘n toename in

die kilowatt-vereiste is groter by ‘n hoër toedieningskapasiteit. ‘n

Veranderlike spoed-aandrywingstelsel is daarom ekonomies voor-

deliger vir besproeiingstelsels met hoër kilowatt-vereistes.

Verskeie faktore beïnvloed die ekonomiese voordeel van ‘n ver-

anderlike spoed-aandrywingstelsel. Die faktore sluit in statiese

hoogte, werksdruk, pypdiameter (wrywing), vloeitempo, tipe pomp

en motor, die doeltreffendheid van pompe en motors, spilpunt-

grootte, bestuur en elektrisiteitstarief.

Al die bogemelde faktore verskil tussen besproeiingstelsels en

dit is baie belangrik om elke stelsel individueel te ontleed om die

ekonomiese voordeel van ‘n veranderlike spoed-aandrywingstelsel

te evalueer.

Verdere navorsing

Daar word tans verdere navorsing gedoen om die ekonomiese

voordeel van ‘n veranderlike spoed-aandrywingstelsel by verskil-

lende besproeiingstelsels, asook wanneer ‘n kombinasie van stelsels

voorkom, te bereken. ‘n Veranderlike spoed-aandrywingstelsel is

derhalwe ‘n metode om elektrisiteitskoste te bespaar, maar dit is

uiters noodsaaklik om elke stelsel individueel te evalueer voordat

daarin geïnvesteer word.

Die outeur kan by 051 401 3450 gekontak word vir meer inligting.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

Drie breë fokusareas is geïdentifiseer ten einde elektrisiteitskoste te bestuur: Bestuur, tariefkeuse en besproeiingsontwerp.