Background Image
Previous Page  38 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Natuurlike hulpbronne en energie

Spesiale

November 2016

36

Rek jou rande met veranderlike

spoed-aandrywingstelsel vir spilpunte

S

uid-Afrika het die afgelope paar jaar abnormale toenames

in elektrisiteitstariewe beleef. Die toename in elektrisiteits-

tariewe skep ernstige probleme vir besproeiingsprodu-

sente omdat hulle van elektrisiteit afhanklik is om te kan

besproei.

Gegewe die toename in elektrisiteitstariewe wat die toekomstige

winsgewendheid van besproeiingsprodusente bedreig, het die

Waternavorsingskommissie (WNK) ‘n projek wat handel oor “Die

optimale gebruik van elektrisiteit en water vir volhoubare bestuur

van besproeiingsboerderystelsels” geïnisieer en gefinansier. Die

navorsing word tans deur die Departement Landbou-ekonomie aan

die Universiteit van die Vrystaat gedoen.

Die projekspan het drie breë fokusareas geïdentifiseer ten einde

elektrisiteitskoste te bestuur. Die drie fokusareas sluit bestuur,

tariefkeuse en besproeiingsontwerp in. Pompkoste (elektrisiteits-

koste) is die produk van die drie areas en dit is noodsaaklik om die

interafhanklikheid tussen die areas in ag te neem wanneer alter-

natiewe om energie te bespaar, ondersoek word.

Spilpuntbesproeiing teen hellings veroorsaak dat daar verskeie

dienspunte voorkom, aangesien die drukbenodighede verander

soos wat die spilpunt teen die helling op beweeg. Spilpunte word

in sulke gevalle ontwerp om aan die hoogste benodigde druk teen

die benodigde vloeitempo te voldoen.

Die pomp sal dus te veel druk lewer indien die spilpunt op die

laagste punt staan. Onnodige druklewering veroorsaak dat energie

vermors word – wat elektrisiteitskostes verhoog. Die regte druk

kan by elke posisie van die spilpunt gelewer word deur die motor

met ‘n toestel wat die spoed van die motor kan verander, te koppel

(veranderlike spoed-aandrywing of

variable speed drive

).

‘n Verlaging in die spoed van die motor en gepaardgaande verlaag-

de spoed van die stuwer (

impeller

) van die pomp veroorsaak dat

die pomp proporsioneel minder druk en vloei sal lewer. Gevolglik

is dit moontlik om met dieselfde pomp-en-stuwerkombinasie

verskillende dienspunte te bedien. Indien net die regte druk ge-

lewer word, sal die kilowattvereistes om die water te pomp, ver-

minder en só ook die elektrisiteitskostes.

Die berekening van die verandering in kilowatt is afhanklik van die

verandering in vloeitempo, druk en die doeltreffendheid van die

pomp. Om die verandering in vloeitempo en -druk te bereken, is

eenvoudig indien die pompkurwe beskikbaar is, maar verandering in

die doeltreffendheid van die pomp is nie voor die hand liggend nie.

Verandering in die doeltreffendheid het ‘n groot impak op ‘n stelsel

se benodigde kilowatt en dus die hoeveelheid energiebesparing.

Akkurate berekenings ten opsigte van energiebesparing is belang-

rik om te verseker dat investeringskostes met betrekking tot die

veranderlike spoed-aandrywing nie meer is as elektrisiteitskoste-

besparings nie.

MARCILL VENTER,

Departement Landbou-ekonomie: Universiteit van die Vrystaat

Grafiek 1: Investerings- en elektrisiteitskostebesparing vir ‘n 30 ha-spilpunt met twee toedieningskapasiteite.