Background Image
Previous Page  35 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 35 / 92 Next Page
Page Background

33

November 2016

Metodes om sonkrag finansieel te

beoordeel

Enkele metodes om ‘n belegging in sonkrag te beoordeel, word

vervolgens kortliks bespreek. Hierdie metodes vereis in die eerste

plek om ‘n vooruitskatting van die toekomstige besparing of

opbrengs in randwaarde wat die sonkragstelsel gaan genereer, te

maak. Dit word gedoen deur die verwagte opbrengs van die stelsel

(in kilowattuur) te vermenigvuldig met die verwagte Eskom-tarief en

die operasionele koste daarvan af te trek.

Terugbetaalperiode

Hoewel hierdie metode eenvoudig is, is dit gewilde praktyk onder

produsente om enige belegging te beoordeel. In die geval van ‘n

sonkragbelegging word die kapitale uitleg gedeel deur die jaarlikse

besparing om te sien wanneer die stelsel homself uit sy besparings

afbetaal.

Wanneer die rente op die lening ook by die kapitale uitleg getel

word, word die terugbetaalperiode aansienlik langer. Die terug-

betaalperiode moet altyd teen die produktiewe lewensduur van

die produk beoordeel word. ‘n Terugbetaalperiode van agt jaar kan

byvoorbeeld lank klink, maar gemeet teen ‘n lewensduur van 30 jaar

is dit ‘n goeie belegging.

Interne opbrengskoers

Die interne opbrengskoers word bereken deur die opbrengs van

die stelsel as persentasie van die kapitale uitleg te bereken. Hoewel

sonpanele elke jaar ongeveer 0,7% minder produseer, sal die Eskom-

tariefstygings waarskynlik meer as dit wees – wat beteken dat die

opbrengs van ‘n sonkragstelsel jaarliks oor sy leeftyd sal verhoog.

Kontantvloei-analise

Wanneer geld geleen word om ‘n sonkragstelsel te installeer, is die

kontantvloei-implikasies krities. Oor die algemeen sal kontantvloei in

die eerste paar jaar die meeste onder druk wees, totdat die stygende

jaarlikse besparing (as gevolg van Eskom-tariefverhogings) groter as

die paaiement op die lening word.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) laat egter sedert Januarie

vanjaar toe dat 100% van die kapitale uitleg van sonkragstelsels

kleiner as 1 MW in jaar een as uitgawe geëis kan word – onderhewig

aan bepaalde voorwaardes. Die belastingimplikasie hiervan het

‘n groot positiewe effek op die kontantvloei van winsgewende

besighede.

Ten slotte

‘n Belegging in sonkrag is ‘n langtermynbelegging wat ‘n groot

kapitale uitleg vereis. Daar is baie eksterne faktore wat vir ‘n lang

periode die ekonomiese lewensvatbaarheid van die stelsel gaan

bepaal.

Enige finansiële vooruitskatting van ‘n sonkragstelsel gaan natuurlik

afhang van die akkuraatheid van die aannames wat gemaak word

oor onder andere Eskom-tariefstygings, rentekoerse, inflasie en die

koste om energie te stoor.

Wat wel seker is, is dat ‘n produsent met ‘n belegging in ‘n

sonkragstelsel vir die volgende 30 jaar beheer neem oor ‘n gedeelte

van sy elektrisiteitskoste – en dat hy ons planeet vir die nageslag

help bewaar. Lesers wat belangstel in ‘n volledige finansiële analise

van ‘n sonkragbelegging, is welkom om die outeur te kontak by

051 412 6341.

Die gebruik van sonpanele het ‘n algemene gesig in Suid-Afrika geword.