Background Image
Previous Page  34 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Natuurlike hulpbronne en energie

Spesiale

November 2016

32

Is sonkrag ekonomies

lewensvatbaar?

S

edert die beurtkrag van 2008 en die Eskom-tariefstygings

daarna het Suid-Afrikaners toenemend bewus geword

van die koste van elektrisiteit. Daarmee saam het die

wêreldwye klem op klimaatsverandering en die negatiewe

gevolge daarvan die neiging versterk om alternatiewe hernubare

energiebronne te ondersoek.

Die gebruik van fotovoltaïese (PV) panele het ‘n algemene gesig

in Suid-Afrika geword: Van klein huishoudelike stelsels tot groter

kommersiële toepassings en sonplase wat krag aan Eskom voor-

sien. Dit laat die vraag by produsente ontstaan of sonkrag op

plase werklik ‘n goeie belegging is en hoe dit finansieel beoordeel

moet word.

Wanneer ‘n belegging in sonkrag oorweegword, is daar sekere faktore

wat bekend is, naamlik die verwagte kapitale uitleg en die huidige

prys van elektrisiteit. Daarby kan daar met sagtewaremodellering

‘n redelik-akkurate voorspelling gemaak word van die daaglikse

kilowattuur-opbrengs van die stelsel oor sy lewensduur.

Dit gee ‘n goeie beginpunt om die ekonomiese lewensvatbaarheid

van die belegging te beoordeel. Daar is egter ‘n paar onbekende

faktore, insluitend:

Eskom-prysstygings: Hoe vinniger Eskom-pryse styg, hoe groter

is die waarde van die sonkrag wat opgewek word en hoe beter

die sonkragbelegging.

Rentekoerse: Wanneer geld geleen word om die belegging

te maak, sal stygende rentekoerse ‘n negatiewe impak op die

belegging hê totdat dit afbetaal is.

Inflasie: Alhoewel sonkragstelsels normaalweg minimale

onderhoudskoste vereis, sal stygende inflasie ‘n negatiewe effek

op die operasionele koste (hoofsaaklike onderhoud, versekering

en die vervanging van elektroniese komponente) hê.

Modelle wat bogemelde faktore in ag neem, wys in die meeste

scenario’s positiewe uitkomste vir sonkragbeleggings wanneer

energie nie gestoor word nie. Dit is dus in gevalle waar die sonkrag

gedurende die dag gebruik word terwyl dit opgewek word.

Opbrengskoerse van meer as 15% en terugbetaalperiodes van

minder as tien jaar is algemeen in hierdie verband – wat nie sleg is as

die produk se lewensduur van ongeveer 30 jaar in ag geneem word

nie. Dit is om hierdie rede dat netwerk-gekoppelde sonkragstelsels

drasties in gewildheid toeneem – veral in kommersiële toepassings

soos byvoorbeeld fabrieke en kantoorblokke wat die meeste

elektrisiteit gedurende die dag gebruik. Eskom se onlangse

aankondiging dat hulle nou aansoeke sal oorweeg van kliënte

wat kleiner laevolt-stelsels aan die Eskom-netwerk wil koppel, is

verblydend.

Storing van sonkrag

Die storing van sonkrag vir latere gebruik – byvoorbeeld in die aand

– kan ‘n beduidende negatiewe impak op ‘n sonkragbelegging hê.

Energie word meestal op een van twee maniere gestoor vir latere

gebruik:

Batterye

Die storing van energie in batterye is duur en moet net vir kleiner

toepassings oorweeg word. Batterye het ‘n beperkte leeftyd en

dit is belangrik dat sonkragstelsels korrek ontwerp word – veral

wanneer batterye deel van die stelsel vorm. Alhoewel dit opwindend

is om te sien hoe die gebruik van nuwer tegnologieë van batterye,

byvoorbeeld lithium-ioon en soutwaterbatterye toeneem, sal die

stoor van energie in batterye waarskynlik nog in die afsienbare

toekoms ‘n groot koste-element bly.

Elektrisiteitsnetwerk

Dit is moontlik om sonkrag wat opgewek word, maar nie dadelik

gebruik word nie, op die Eskom-netwerk of ‘n munisipale netwerk te

stoor vir latere gebruik. Daar moet egter toestemming hiervoor vanaf

Eskom of die munisipaliteit verkry word en sodanige toestemming

kan met kostes gepaard gaan.

Hierdie kostes kan van kapitale aard wees, byvoorbeeld wanneer

Eskom vereis dat ‘n kliënt ‘n transformator installeer om met

medium-spanning aan sy netwerk te koppel. Die kostes kan ook direk

aan die storing van energie gekoppel wees, byvoorbeeld wanneer ‘n

munisipaliteit krediet vir sonkrag wat op sy netwerk gestoor word

teen ‘n laer tarief verskaf as wat gehef word wanneer die elektrisiteit

weer later gebruik word.

As Eskom en munisipaliteite dit in die toekoms maklik en bekostig-

baar vir mense maak om sonkrag op die netwerk te stoor, behoort

dit baie voordelig vir die sonkragbedryf in Suid-Afrika te wees.

PHILIP OLIVIER,

Olivia Energie-oplossings

JAAR

GEMIDDELDE PRYSSTYGING

2004/2005

2,50%

2005/2006

4,10%

2006/2007

5,10%

2007/2008

5,90%

2008/2009

27,50%

2009/2010

31,30%

2010/2011

24,80%

2011/2012

25,80%

2012/2013

16,00%

2013/2014

8,00%

2014/2015

8,00%

2015/2016

12,69%

TABEL 1: ESKOM-TARIEFSTYGINGS.

Bron:

http://www.eskom.co.za/CustomerCare/TariffsAndCharges/Pages/

Tariff_History.aspx