Wat is die status quo met
koolstofbelasting?
D
it is die verantwoordelikheid van die Departement van
Omgewingsake (DvO) om die land se kweekhuisgas-
vrystelling op ‘n gereelde grondslag te rapporteer. Die
rapportering is aan die United Nations Framework Con-
vention on Climate Change (UNFCCC) en dit geskied volgens
gestandaardiseerde voorskrifte vir alle lande wat deur die Inter-
governmental Panel on Climate Change (IPCC) ontwikkel is.
Die gereelde rapportering het ten doel om lande se pogings tot
verminderde uitset te monitor en hiervoor is doelwitte en teikens
gestel. Die teikens waartoe Suid-Afrika verbind is – soos vermeld
in die Nasionale Ontwikkelingsplan – is 34% vermindering teen
2020 en 42% teen 2025 – voorwaar ‘n gedugte, indien nie ‘n on-
bereikbare teiken nie, gegewe die kort tydperk!
Nietemin het alle sektore, insluitende landbou, ‘n verantwoordelik-
heid om praktyke in werking te stel om kweekhuisgasse te
verminder. Só ook is die regering doelgerig in die poging om teikens
te bereik deur afdwingbare maatreëls soos koolstofbelasting in
te stel. Regulasies wat verband hou met die verpligtinge word in
Kennisgewing 336 van 2016 van die Nasionale Omgewingsbestuur:
Lugkwaliteit Wet (Wet Nr. 39 van 2004) beskryf.
‘n Vermindering veronderstel natuurlik dat daar ‘n vertrekpunt of
basislyn moet wees. Vir die Landbou-, Bosbou- en ander Landge-
bruiksektor (die Departement van Omgewingsake voeg landbou
saam by hierdie sektore in Engels, naamlik Agriculture, Forestry and
Other Land Use [AFOLU]) is die vertrekpunt die 2010-inventaris.
Die vertrekpuntwaarde is 50 568 Gg CO
2
gigagram koolsuurgas-
ekwivalent (ekw) as landbou alleen beskou word en 30 949 Gg CO
2
ekw as die totale AFOLU-sektor geneem word. Die rede vir die laer
waarde van laasgemelde is dat koolstof tot ‘n sekere mate in bos-
bouplantasies en ander afdelings geberg word en derhalwe nie in
die atmosfeer vrygestel word nie. As dit nou as persentasie van
Suid-Afrika se totale kweekhuisgasvrystelling van 544 314 Gg CO
2
(2010-syfer) uitgedruk word, dan is landbou alleen se bydrae onge-
veer 9% en AFOLU s’n 5,5%.
Koolstofbelasting
‘n Koolstofbelastingstelsel sal reeds op 1 Januarie 2017 deur Nasio-
nale Tesourie in werking gestel word en heelwat aandag is deur
Besigheid SA en die regering in die afgelope twee jaar daaraan gewy
om ‘n uitvoerbare stelsel daar te stel.
AFOLU is tot 2020 daarvan vrygestel omdat dit nie so maklik is
om ‘n uitvoerbare en regverdige stelsel te ontwikkel nie. Van die
redes daarvoor, in teenstelling met ander sektore byvoorbeeld
energie, mynbou en vervoer, is dat in die AFOLU-sektor nie net
kweekhuisgasse vrygestel word nie, maar daar word ook geberg,
of in ander vorms soos metaan gebruik – en seker die belangrikste
rede is dat voedselvoorsiening vir ‘n groeiende bevolking gaan styg,
wat dit in geheel moeilik gaan maak om kweekhuisgasvrystelling te
verminder.
‘n Verdere rede is die betroubaarheid van beramings. Byvoorbeeld,
omdat die veebedryf se kweekhuisgasvrystelling omtrent 60%
van die landbousektor se bydrae beloop en dit grootliks van
metaanproduksie deur rumenfermentasie afkomstig is, is akkurate
veegetalle belangrik.
Beskikbare statistiek is nie akkuraat nie – in sowel die kommer-
siële- as die kommunale afdelings, terwyl die getalle wild waarmee
geboer word, bykans ‘n duimsuigsyfer is. Dit is derhalwe duidelik
dat die fouthoudendheid van die berekening vir landbou 20% of
meer kan beloop.
Is koolstofbelasting vir die AFOLU-sektor
geregverdig?
Ek dink nie so nie. Ofskoon die voorgestelde belastings waarskynlik
in omvang nie so groot is nie, is ‘n regverdigbare stelsel myns in-
siens nie haalbaar nie.
Van die redes is soos volg:
Die bydrae van AFOLU tot Suid-Afrika se totale kweekhuis-
gasvrystelling is klein. As daarin geslaag word om ‘n 40%-ver-
mindering te bewerkstellig, dan is die invloed op die totaal maar
sowat twee persentasie-eenhede, wat niksseggend is en voorts
minder is as die fout wat gemaak word in die totale berekenings.
Landbou is ‘n strategiese sektor uit verskillende oogpunte:
Voedselvoorsiening, buitelandse valuta, bydrae tot bruto
binnelandse produk (BBP), sosio-ekonomiese ontwikkeling en
selfs toerisme – as die wildbedryf bygereken word.
In die berekeninge van die basislynberamings van die Depar-
tement van Omgewingsake is ‘n poging aangewend om dit uit
te brei na 2050 toe deur voorsiening te maak vir die verwagte
toename in voedselbehoeftes, maar dié basislynwaardes is
steeds onderhewig aan dieselfde fouthoudendheid as tans.
Om dit te oorkom sal ‘n volledige landtelling van alle diere
gedoen moet word waarvandaan nuwe, meer betroubare voor-
spellingsmodelle ontwikkel kan word. Dit sal satelliet- en ander
lugfototegnologie saam met groot grondspanne benodig met
kostes wat in die miljoene sal beloop. Wie gaan daarvoor betaal?
Landbouproduksie is onderhewig aan groot jaarlikse en
langertermynskommelinge as gevolg van droogtes en vloede.
Wat is die betroubaarheid van die gereelde koolsuurgasver-
minderingspoging met so ‘n variërende situasie? Verder, op
watter basis word die belasting dan bereken? Individue aan die
ontvangkant sou heeltemal geregverdig dit in die hof kan beveg
– met al die kostes wat daarmee gepaard gaan.
Hoe gaan vermindering op plase gemonitor word? Alhoewel
daar ook ander wyses is, sal verteenwoordigende loodsprojekte
in alle landboustreke gevestig moet word, want monitering sal
telkens by dieselfde projek gedoen moet word om vermindering
te meet. Is dit moontlik en wie gaan daarvoor betaal?
Slotopmerkings
Belasting is nie regverdigbaar soos hierbo geredeneer nie; trouens
dit kan kontraproduktief wees.
Bedrywe het nietemin ‘n verantwoordelikheid om hul produsente te
adviseer en by te staan om plase se kweekhuisgasse te verminder.
Daar is verskeie welbekende metodes en wyses soos minimum
grondbewerking en groter doeltreffendheid (in hierdie verband
minder kweekhuisgasvrystelling per eenheid produk) wat doelgerig
deur bedryfsleiers en kundiges aan ons produsente in opleiding
voorgehou kan word.
HEINZ MEISSNER,
adviseur vir die veebedryf
35
November 2016
FOKUS
Natuurlike hulpbronne en energie
Spesiale