Background Image
Previous Page  3 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 92 Next Page
Page Background

1

November 2016

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Brian de Villiers, Elri Burger, Jannie de Villiers, Martiens du Plessis, Nic Greyling, Alzena Gomes, Elmarie Helberg, Thys Human, Koos Kirsten, Helenus Kruger, Louise Kunz,

Corné Louw, Heinz Meissner, Victor Munnik, Philip Olivier, Tasniem Patel, Lior Peleg, Felix Reinders, Ruth Schultz, Riaan Schutte, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Liana Stroebel,

Dirk Strydom, Coretha Usher, Thinus Uys, Luan van der Walt en Marcill Venter

n

ou het nóg ‘n gogga my gebyt: Vetplante. Ge

chipte

kop-

pies, erdeskottels en -bekers in ons huis word deesdae

met vetplante beplant. My erdeware-versameling kry

nuwe lewe en word nie meer net in die kombuis uitgestal

nie. Ek is kliphard besig om meer te leer oor vetplante.

Blykbaar is alle kaktusse vetplante, maar alle vetplante is

nie kaktusse nie...Na aanleiding van navorsing op die internet weet

ek daar is “‘n belangrike botaniese verskil tussen die twee groepe,

naamlik die aanwesigheid of afwesigheid van ‘n areool: Die fyn haar-

tjies aan die basis van ‘n doring. Slegs kaktusse besit die areool.”

Ek het ook op die harde manier geleer dat daar ‘n verskil is tussen

son en lig. Ek het gedink die meeste van dié plante kom in die kale

Karoo of Namakwaland voor: Dit sal daarom van lekker direkte son

hou. Toe nou nie...’n Hele paar van my beeskloutjies het in die son

verbrand en verdroog.

Ja, beeskloutjies. Vetplante het die ongelooflikste, mees beskry-

wende Afrikaanse name: Beeskloutjies, bababoudjies, perdetande,

plakkies, donkie-ore, vinger-en-duimpie, venstertjies, bokspoor,

jakkalsore, skilpadvoetjies, krapogies, bobbejaanvingers, knopies,

sebraplant, bobbejaanboude, dobbelsteentjies en lewerplant. Dit

is dalk ná die tuin hierdie afgelope seisoen so swaar gekry het en

ons so baie plante verloor het omdat daar nie water was om nat te

maak nie, dat ek deesdae so van vetplante hou. Nie eers die grys

water wat ons opgevang het, kon die tuin red nie. “Waterwystuine”

is nou ons almal se voorland.

Met “waterwys” in gedagte, fokus ons hierdie maand op natuurlike

hulpbronne en energie. Suid-Afrika is ryk aan natuurlike hulpbronne.

Lug, water en grond is wel ons land se kosbaarste hulpbronne,

maar grond is ons enigste nie-hernubare hulpbron. Gedurende

die laaste paar dekades het produsente en navorsers besef dat

iets drasties gedoen moet word om ons gronde van onherstelbare

agteruitgang te red. Op bladsy 42 verduidelik Felix Reinders (LNR-

Instituut vir Landbou-ingenieurswese) meer oor ondergrondse drei-

nering vir gesonde grond en gewasproduksie en op bladsy 38 skets

Victor Munnik (Universiteit van die Witwatersrand) ‘n donker prentjie

van hoe steenkoolmyne in Mpumalanga voedselsekerheid bedreig.

Sedert die beurtkrag van 2008 en die Eskom-tariefstygings daarna

het Suid-Afrikaners toenemend bewus geword van die koste van

elektrisiteit. Daarmee saam het die wêreldwye klem op klimaats-

verandering en die negatiewe gevolge daarvan die neiging ver-

sterk om alternatiewe hernubare energiebronne te ondersoek.

Philip Olivier (Olivia Energie-oplossings) vra op bladsy 32 die vraag

waaroor almal wonder: Is sonkrag ekonomies lewensvatbaar?

Baie produsente het ‘n besproeiingsbesigheid wat totaal en al af-

hanklik is van elektrisiteit en waar die gebruik van kragopwekkers

nie ‘n opsie is nie. Alhoewel alternatiewe hernubare energiebronne

bestaan, is die investeringskoste wat benodig word om die energie-

bronne vir kommersiële besproeiingsprodusente toeganklik te maak,

nog te hoog. Marcill Venter (Universiteit van die Vrystaat) gee weer

op bladsy 36 wenke oor hoe jy jou rande kan rek met veranderlike

spoed-aandrywingstelsel vir spilpunte.

Lekker lees (en waterwystuinmaak) tot volgende maand!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

G

rondverdigting is, naas grondversuring en

onkruiddruk, steeds een van die grootste

enkele oorsake van swakker graanopbrengste.

Dit kom algemeen in sand- en leemgronde, wat

onder graanproduksie is, voor. In sy artikel op

bladsy 46

werp

MARTIENS DU PLESSIS

(bestuurder: Presisieboerdery, NWK)

opnuut lig op hierdie graandief.

S

outh Africa is one of the key players in global

grain markets and its footprint is clear in

international forums such as the International

Grains Council.

WANDILE SIHLOBO

(Agbiz)

attended the 25th International Grains Council

Conference in London, UK and gives us his

take on this conference on

page 80

.

L

OUISE KUNZ

en

RUTH SCHULTZ

(albei

SA Graan/Grain

medewerkers)

het die afgelope tyd onder-

skeidelik Graan SA se twee

spogfunksies, die Dag van

Feesviering in Bloemfontein

en die Graanprodusente-

toekenningsgeleentheid in Mid-

rand, bygewoon. Op

bladsy 14

en

bladsy 15

gee Louise terugvoer oor die Dag van

Feesviering en op

bladsy 16

tot

bladsy 29

deel ons

saam in die toekenningsgeleentheid se verrigtinge.

Meet our

contributors...

f

rom 1983 to 1995 Dr Heinz Meissner

was a professor in Animal Nutrition

at the University of Pretoria and

Director of the ARC-Animal Nutrition

and Animal Products Institute from 1995

to 2004. During 2008 he was the pro-

gramme manager: Research and Devel-

opment at Milk SA and Professor

Extraordinaire at the Faculty of Veterinary Science, University

of Pretoria since 2009.

From the Agricultural Writers Association of SA he received the

award as Agricultural Scientist of the Year (2003) and a Gold

Medal from the SA Society of Animal Science for Exceptional

Service to the Livestock Industry in 2004. The Red Meat Pro-

ducers Organisation (RPO) of SA awarded him with the Recogni-

tion for Exceptional Service to Agriculture, Animal Science and

the Red Meat Industry (2008). He received the award for AFMA

Person of the Year in 2015.

Although he retired a few years ago, he still does consultation

work on several projects and is advisor to the red meat and

dairy industries of South Africa, Agri SA and government de-

partments.

Read his article

Wat is die status quo met koolstofbelasting?

on

page 35

.