Dit geld inteendeel nie net vir graanproduksie nie, maar ook vir
ander nywerhede wat blootgestel word aan onregverdige en
onbillike kompetisie. Wins is die vergoeding vir effektiewe bestuur
van risiko.
Groenewald het finansiële risiko toegelig en het bevestig dat al
het risiko meer te doen met waarskynlikhede as met onsekerhede,
dit steeds bestuur moet word. Ten spyte daarvan dat koringpro-
duksie oor die afgelope 14 jaar – soos wat produsente na meer
winsgewende gewasse geskuif het – met 46% gedaal het, het die
effektiwiteit van koringproduksie toegeneem.
Alhoewel Suid-Afrikaanse produsente gemiddeld teen ongeveer
3,3 t/ha teenoor die internasionale gemiddeld van 5,8 t/ha produ-
seer, is daar verskeie faktore – insluitend prys, tariewe en die klimaat
– wat ‘n groot rol in die bedryf speel. Dit bly steeds vir produsente,
alles in ag genome, onmededingend om internasionaal mee te ding.
Anders gestel, reflekteer die prys van koring nie die risiko waar-
mee Suid-Afrikaanse produsente gekonfronteer word nie.
Hy het afgesluit deur te noem dat ideaal gesproke, die beleid ‘n
balans moet vind tussen die produsent en verbruikerswelsyn en
het beklemtoon dat plaaslike koringprodusente beskerm moet
word teen onregverdige mededinging van hoogs gesubsidieerde
buitelandse invoere.
De Villiers het die debat afgesluit deur uit te lig dat die bedryf nie
met emosie in ‘n bepaalde rigting moet ingaan nie, maar dat daar
met feite gewerk moet word. Verder moet ekonomiese insette in
die koringtariefdebat gelig word, aangesien dit nie ‘n politiese
gesprek kan wees nie. Sonder die tarief sal daar nie koring ge-
produseer kan word nie.
Hy het rolspelers dit op die hart gedruk dat hulle moet leer om saam
te werk, oplossings te soek en mekaar nie die heeltyd teen te staan
nie. Slegs veranderings in hul gesindhede jeens mekaar sal die
gesprek reg laat geskied.
Nuwe era-boere
Nuwe era-boere vanuit die Suid-Kaap en die Swartland is dié
Donderdag, deur middel van Graan SA en met behulp van die
Wintergraantrust, die geleentheid gegun om die Megaweek te
besoek. Die produsente se dag het afgeskop met die
Landbou-
debat
– wat van onskatbare waarde vir dié produsente was.
Dit het hul blootstelling aan georganiseerde landbou gegee en
geleentheid gegun om deel te wees van ‘n kontroversiële seisoen in
die graanbedryf deur verskeie uitgangspunte oor ‘n baie belangrike
en aktuele kwessie wat almal in die bedryf raak, te ervaar.
Die besoekers het verder die geleentheid gehad om hierdie plat-
form te benut deur hulself met nuwe tegnologie, landbouprodukte
en verskeie waardetoevoegende produksiemiddele en metodes
te vereenselwig. Hierdie intensiewe blootstelling aan dít wat die
landboubedryf bied, stimuleer en motiveer alle produsente om
innoverend te dink, idees aan te wakker van waar hul kan verbeter
en skep ‘n baie waardevolle platform om verhoudings met inset-
verskaffers, rolspelers in die industrie en medeprodusente te bou.
Ten slotte ‘n groot dankie aan die Graan SA-span, sowel as
mnre Richard Krige en André Kirsten (Graan SA-hoofbestuurslede)
vir hul bydrae tot die suksesvolle week en vir die teenwoordig-
heid van mnre Jaco Minnaar en Jannie de Villiers, wat beslis
bydra tot die sukses van die Graan SA-ledelokaal. Ons sien uit om
ons lede volgende jaar terug te verwelkom.
O
p 23 September het Graan SA op NAMPO Park afskeid
geneem van ‘n personeellid wie se naam oor die afgelope
twee dekades sinoniem was met die organisering en
aanbieding van die NAMPO Oesdag. Heelparty ander
kommersiële funksies van die organisasie is egter ook onder sy
deeglike hand bestuur.
Toe mnr Johan Loxton hom in 1996 by die destydse NAMPO as
administrasiebestuurder aangesluit het, was die NAMPO Oesdag
deel van sy verantwoordelikhede. In die 20 jaar wat sou volg,
was hy die jokkie wat stewig in die saal bly sit het om die NAMPO
Oesdag te help ontwikkel tot die nasionale vertoonvenster van
landbou wat dit tans is.
“Die terrein en die getal uitstallers het oor die afgelope 20 jaar
verdubbel. In 2016 het die Oesdag die meeste uitstallers ooit en die
meeste besoekers ooit gehad. Hy was instrumenteel daarin om die
Oesdag onmisbaar te maak – sodat dit vandag ‘n nasionale skou is
wat op veel meer as net somergrane fokus,” het mnr Jaco Minnaar,
Graan SA-voorsitter, gesê.
Ander kommersiële dienste wat Loxton in Graan SA bestuur het,
het ingesluit die
SA Graan/Grain
-tydskrif sowel as die Bakkiedag.
Hy was sedert Graan SA se ontstaan in beheer van die ledebemar-
king. Hy het die invordering van Graan SA se vrywillige heffing
bestuur, asook die openbare betrekkinge-funksie en die organise-
ring van die Graanprodusentefunksie tot met die vestiging van ‘n
Bemarkingsafdeling in die organisasie ‘n paar jaar gelede.
“Johan is ‘n fantastiese bestuurder in wie ‘n mens die vertroue kon
hê dat dinge gedoen is en dat dit goed gedoen is. Graan SA groet
vir jou en Margot met ‘n lekker hart,” was mnr Jannie de Villiers,
uitvoerende hoofbestuurder, se afskeidswoorde.
Loxton het gesê hy voel gevlei en geëerd en het sy personeel be-
dank vir hul ondersteuning, lojaliteit en samewerking oor jare.
Mnr Toit Wessels, Assistent-bestuurder: NAMPO Oesdag en Bemar-
king, het op 1 Oktober die Oesdagleisels oorgeneem.
Oesdagbaas gee die leisels oor
JOHAN SMIT,
besturende redakteur:
SA Graan/Grain
Johan Loxton (derde van links op die foto) en personeel tydens sy
afskeidsfunksie. Van links: Wim Venter, Marina Kleynhans en Rialeen
Lombard. Agter Rialeen staan Bennie Zaayman en Annemarie de Beer.
9
November 2016