Background Image
Previous Page  12 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 92 Next Page
Page Background

November 2016

10

Wes-Kaapse produksietoer plaas

hernude fokus op doeltreffendheid

G

raan SA het vanaf 22 tot 25 Augustus 16 nuwe era-boere op

‘n graanproduksietoer deur die Wes-Kaap geneem.

Besoek is afgelê op die plase Klipheuwel (Durbanville),

Boontjieskraal Landgoed (Caledon) en by die Jireh Boerdery

(Riversdal). Daar is ook ‘n draai op Elsenburg gemaak, op die

Sensako-proefplaas op Napier en by ‘n inligtingsdag op Riversdal.

Die oorhoofse doel van hierdie besoeke was om aan nuwe era-

boere blootstelling te gee aan verskeie graanboerderypraktyke

en bestuurstyle. Daar is geen beter leerskool as om by gevestig-

de kommersiële produsente (soos mnre Koos Blanckenberg,

Piet de Wet, Cobus van Schoor en Piet en Johan Willemse)

eerstehands inligting te ontvang oor waar en hoe hulle begin boer

het nie: Wat hul eie uitdagings was en hoe hulle dit oorkom het,

hoe hul werkswyse en denke oor die jare met die opdoen van kennis

en ondervinding ontwikkel het, die beginsels waarvolgens hul leef

en die beginsels waarvolgens hul boerderye bestuur word.

Die belangrikste boodskap wat by elke graanprodusent uitgelig

is, is die strewe na doeltreffendheid in terme van tydsberekening,

om kennis op ‘n konstante basis op te skerp en om daardie kennis

te gebruik om die beste te doen met dit wat jy tot jou beskikking het

– ongeag die uitdagings wat oor jou pad kom.

Volgens hulle moet jy eers doeltreffendheid in jou besigheid

najaag en daarna kan jy uitbreiding oorweeg. Baie produsente

– klein en groot – moet soms net daaraan herinner word dat groei

GRAAN SA

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

1: Daar is op Elsenburg aangedoen, waar hulle inligting rakende die werksaamhede van die departement ontvang het.

2: Besoek is ook aan Boontjieskraal Landgoed gebring.

3: By Sensako se proefplaas het hulle meer van kultivarteling gehoor.

4: ‘n Draai is ook by die twee broers van Jireh Boerdery gemaak.

5: Gewasrotasie-opsies, dekgewasse en verskeie praktyke om grondgesondheid te verbeter, is by die Riversdal-inligtingsdag bespreek.

1

3

4

2

5