Background Image
Previous Page  10 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 92 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Kopstukke gesels en geredeneer

by Megaweek

a

gri Mega Week, wat vanaf 14 tot 17 September by Mega

Park op Bredasdorp plaasgevind het, het verseker sy

reputasie van uiterste weerstoestande gestand gedoen

soos die week gevorder het. Dit is egter steeds ‘n

platform waar Graan SA-lede kan ontmoet, ontspan en

ware Kaapse gasvryheid geniet.

Die Graan SA-ledetent het hierdie jaar sy intrek in die Absa Events

Centre geneem en het aan lede ruim geleentheid gegee om nuus

oor plaasaktiwiteite op te vang, weerstoestande te bespreek en

natuurlik oor die invoertarief te koukus – gewapen met ‘n stomende

koppie warm cappuccino, geborg deur John Deere Financial.

Die Megaweek, wat die ideale geleentheid is om met sleutelrol-

spelers te skakel, het die Graan SA-bestuurspan, verteenwoordig

deur mnr Jaco Minnaar (voorsitter), me Preline Swart (visevoor-

sitter), mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder) en

dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemarking), die

geleentheid gegun om agente, lede en sakelui te ontmoet en dié

informele netwerkgeleentheid is ten volle benut.

Debat

Graan SA, in samewerking met Standard Bank, het as gasheer vir

die jaarlikse

Landboudebat

, wat op Donderdag, 15 September

aangebied is, opgetree. Die onderwerp onder bespreking – wat

hewige debat ontlok het – was die invoertariefbeleid vir winter-

grane (koring en gars) onder leiding van De Villiers tesame met

mnre Nicolaas Hanekom (graanprodusent en makelaar) en Nico

Groenewald (hoof: AgriBesigheid, Standard Bank).

In die debat, wat ‘n sterk fokus op die koringtarief geplaas het, is

uitgelig dat die tarief nie ‘n subsidie is nie, maar eerder beskerming

teen subsidies bied. Hanekom het die gehoor weer eens daarop

gewys dat persepsies oor die koringtarief se invloed op die ver-

hoging in die prys van brood vir die verbruiker ‘n wanopvatting is.

Hy het verder ‘n pleidooi aan graanprodusente gerig om hul

bedryfsorganisasie sterk te hou, aangesien hul afhanklik is van dié

einste organisasie. Suid-Afrikaanse graanprodusente, anders as

hul internasionale eweknieë, sal nie teen ‘n lae prys kan produseer

of droogtes so goed kan hanteer nie – wat ‘n afname in graanpro-

duksie in die land sal teweegbring – sonder beskerming.

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA en

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

November 2016

8

1: Die Graan SA-ledelokaal was hierdie jaar in die Absa Events Centre gestasioneer. Dit was ‘n effektiewe skuiling teen wind en weer en was heerlik

gesellig vir diegene wat daar besoek afgelê het.

2: Koue weer het nie die besoekers afgesit nie.

3: Personeel van Graan SA se Paarl-kantoor het tydens die Megaweek die fort in die ledelokaal gehou. Hier staan Hailey Ehrenreich, Liana Stroebel en

Toit Wessels gereed om te help.

4: Jannie de Villiers het die

Landboudebat

tydens die Megaweek gefasiliteer.

5: Gerrit van Rensburg (Agri Mega) hier saam met lede van die paneel: Jaco Minnaar, Nicolaas Hanekom, Nico Groenewald en Jannie de Villiers.

6: Jacques en Irene de Villiers van die plaas Cedar in die Paarl het saam met hul kleinding die Graan SA-ledelokaal besoek.

1

4

2

5

3

6