Background Image
Previous Page  56 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 72 Next Page
Page Background

Mei 2016

54

Suid-Afrika: Wêreldleier in Russiese

koringluisweerstandbiedende kultivars

M

et die eerste waarneming van die Russiese koringluis in

die Vrystaat in 1978, was almal dit eens dat dit ‘n ernstige

probleem was. Wat niemand voorsien het nie, was hoe

baie navorsing oor die byna 40 jaar daarna gedoen sou

word om hierdie klein groen insek (

Foto 1

) te verstaan en beheer.

Suid-Afrika is een van twee lande in die wêreld wat gebruik maak

van kommersiële koringkultivars met Russiese koringluisweerstand

om hierdie skadelike insek te bestuur. Die ander land is die VSA.

38 koringkultivars is oor die jare in Suid-Afrika vrygestel. Uit dié

wat tans beskikbaar is, is daar vyf wat weerstand teen die nuutste

biotipe van die Russiese koringluis toon.

Dit is voorwaar ‘n prestasie, want daar is tans vier biotipes (genoem

RWASA1, RWASA2, RWASA3 en RWASA4) van hierdie luis wat in

die koringproduksiegebiede van Suid-Afrika voorkom. Die biotipes

verskil in hul vermoë om Russiese koringluisweerstandbiedende

kultivars te beskadig, maar kan nie visueel onderskei word nie. Die

ontwikkeling van voortelerslyne (of in Engels

pre-breeder lines

)

deur kundiges, word met welslae gebruik om nuwe bronne van

bruikbare weerstand aan al die Suid-Afrikaanse koringtelers beskik-

baar te stel in koringlyne wat nie nadelige eienskappe dra wat hul

teelprogramme kan benadeel nie. Boonop voorkom dit duplikasie

in verskillende teelprogramme en op hierdie manier word kostes

gespaar tot voordeel van die hele koringbedryf.

Evaluasie van Russiese

koringluisweerstandsdonorlyne

Onlangs is 27 landrasse met al vier die Russiese koringluisbiotipes in

Suid-Afrika getoets om te bepaal of hulle in die voortelingsprogram

aangewend kan word

Foto 2a

en

Foto 2b

. Die inligting word in

Tabel 1

voorsien. Vyf van hierdie landrasse, naamlik PI 94355,

PI 243781, PI 361836, PI 626580 en CItr 2401, toon weerstand teen

al vier die biotipes. Twee van hierdie landrasse, PI 094355 en

PI 243781, wat nog nie in die voortelingsprogram gebruik is nie, sal

ook nou ingespan word. ‘n Ander landras, PI 366518, blyk uniek te

wees omrede dit weerstand toon teen RWASA1 en RWASA4, maar

vatbaar is teen RWASA2 en RWASA3. Hierdie lyne sal ook nou vir

die ontwikkeling van telerslyne gebruik word.

Genetiese studies om Russiese koringluis

beter te verstaan

Daar word tans gevorderde molekulêre navorsing op Russiese ko-

ringluis en Russiese koringluisweerstandbiedende koring gedoen.

Daar word wêreldwyd gefokus op die identifikasie van die ver-

skillende biotipes deur middel van molekulêre tegnieke. Dit is

veral belangrik om entomoloë en ekoloë in staat te stel om vinnig

die verspreiding van die verskillende biotipes te bepaal. In terme

van weerstand teen die Russiese koringluis, word ook gefokus op

nuwe tegnologie wat geen-produkte en plantfisiologiese prosesse

identifiseer.

Koring besit drie kopieë (‘n A-kopie, ‘n B-kopie en ‘n D-kopie) van

elke van sy sewe kromosome – oftewel die sogenaamde A-genoom,

B-genoom en D-genoom. Dit kompliseer teling en genetiese studies

geweldig omdat dit baie moeilik is om te bepaal presies waar die

geen is wat vir ‘n spesifieke eienskap geleë is. Heelwat vordering

wat gemaak word in hierdie vakgebied, word in Suid-Afrika gedoen.

Die International Plant Resistance to Insects Symposium is onlangs

op Stellenbosh vanaf 5 tot 8 Maart gehou. Mnr Marlon le Roux

(Universiteit van Stellenbosch) het die prys ontvang vir die beste

PhD-voordrag terwyl me Kelly Breeds (Universiteit van Stellen-

bosch) die beste MSc-voordrag gelewer het en me Thandeka

Sikhakhane (Unisa) in die MSc-kategorie tweede gekom het. Hierdie

drie studente maak deel uit van tien nagraadse studente wat hul

Russiese koringluisnavoring by hierdie geleentheid voorgedra het.

Met toegang tot hoogstaande gehalte navorsingsuitsette en ‘n

verskeidenheid weerstandsbronne wat ontgin kan word, behoort

die Suid-Afrikaanse koringbedryf in die gunstige posisie te kan bly

waar Russiese koringluis met sukses bestuur word.

Vir meer inligting skakel gerus die outeur by 058 307

3433 of

TolmayV@arc.agric.za .

OP PLAASVLAK

Russies koringluis / Weerstandbiedendheid

Geïntegreerde plaagbeheer

VICKI TOLMAY,

LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

RWASA1 RWASA2 RWASA3 RWASA4

AANTAL

LANDRASSE

Weerstand Weerstand Weerstand Weerstand

4

Weerstand Weerstand Weerstand Vatbaar

12

Weerstand Vatbaar

Vatbaar

Vatbaar

5

Vatbaar

Weerstand Weerstand Vatbaar

2

Weerstand Vatbaar

Vatbaar

Weerstand

1

Vatbaar

Vatbaar

Vatbaar

Vatbaar

3

TABEL 1: DIE WEERSTANDSREAKSIE VAN 27 LANDRASSE TEEN DIE

VIER SUID-AFRIKAANSE RUSSIESE KORINGLUISBIOTIPES.

1: ‘n Voorbeeld van die Russiese koringluis.

2a RWASA1, RWASA2, RWASA3 en RWASA4.

2b: RWASA1, RWASA2, RWASA3 en RWASA4. Voorbeelde van saai-

lingplante wat vir weerstand teen die vier Russiese koringluisbiotipes

getoets is. Links (Foto 2a) is Hugenoot wat vatbaar is vir al vier die

biotipes. Regs (Foto 2b) is PI 94355 wat weerstand teen al vier die

biotipes toon.

2a

2b

Hierdie werk is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning

van die Wintergraantrust en die Landbounavorsingsraad.

1