Background Image
Previous Page  10 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 72 Next Page
Page Background

Wintergraantrust ondersteun

Wes-Kaapse nuwe era-boere

V

ir enige graanprodusent is die belangrikste vertrekpunt

om te verseker dat sy boerdery volhoubaar is, inligting.

Hy moet eerstens weet wat in sy grond aangaan, wat die

plant se behoeftes vir optimale produksie is en dan moet

hy alles in sy vermoë doen om die twee met mekaar te versoen.

In baie gevalle is die enigste grond waartoe van ons nuwe era-

boere toegang het, marginale en verwaarloosde grond wat jare

neem en ook baie duur is om weer op te bou. Hierdie behoefte

is deur die Wintergraantrust en hul implementeringsagent, die

Grain Farmer Development Association (GFADA) raakgesien en

hulle het besluit om iets aan die situasie te doen deur befondsing

daarvoor beskikbaar te stel.

Graan SA het namens ons nuwe era-boere in die Wes-Kaap

aansoek gedoen vir hierdie befondsing, waarna GFADA ongeveer

R2,1 miljoen aan verskeie nuwe era-boere in die Overberg- en

Swartland-omgewings bewillig het vir grondmonsterneming op

‘n ruitstelsel, kalk en die presisietoediening daarvan. Hierdie hulp

gaan voorwaar ‘n groot verandering in hierdie boere se produksie-

stelsels teweegbring en die fondasie vir die vooruitgang van hul

boerderye vorm.

Graan SA wil graag hiermee die Wintergraantrust en GFADA

hartlik bedank vir hul daadwerklike bydrae tot die vooruitgang en

volhoubaarheid van ons nuwe era-boere.

1: Lede van Umhlaba Wobizo by hulle mentor, Dirkie Uys (regs), en

Ishmael Tshiame (hoofbestuurder: GFADA) – tweede van regs.

2: Freddie Papier en Klaas Brink van Theewatersvlei Boerdery.

3: Willem Janse, Marius Engel, Daniël Pieters en Harry Leners

– Agri Dwala-lede.

New at Grain SA

W

elcome to Carmen Visser, who was appointed as

secretary to the manager: Grain Research and Policy

Centre as well as the manager: Grain Economy and

Marketing.

She previously worked as executive personal assistant in the IT

industry and has collectively more than eight years’ experience in

administrative support.

Visser is married, with two daughters, loves the outdoors and

spending time with her family.

GRAAN SA

CORETHA USHER,

HR officer: Grain SA

Carmen Visser

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

1

2

3