Background Image
Previous Page  16 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 72 Next Page
Page Background

FOKUS

Geldsake en finansiële dienste

Spesiale

Mei 2016

14

Watter effek het die wisselkoers

op my boerdery?

A

lle besighede word deur die

mikro- en makro-omgewing beïn-

vloed en so ook alle boerdery-

ondernemings. Sommige aspekte

in hierdie omgewings kan bestuur word,

maar aan die meeste aspekte in die makro-

omgewing kan ‘n individu nie veel doen nie.

‘n Verandering in die wisselkoers is iets wat

alle besighede raak sonder dat ‘n individu

op sy eie iets aan die saak kan doen. ‘n Lae

werkersproduktiwiteit is een aspek wat die

besigheid beïnvloed, maar jy as bestuurder

kan hierdie aspek aanpak en aanspreek.

Suid-Afrikaanse graanprodusente is in die

gelukkige posisie om hul produkte in ‘n

vryemarkomgewing – wat in- en uitvoer

moontlik maak en waar pryse volgens vraag

en aanbod bepaal word – te produseer.

Ongelukkig word produsente direk deur ‘n

verandering in die wisselkoers geraak.

Beide die produksie-insetpryse en produk-

pryse word deur die wisselkoers geraak. Die

vryemark veroorsaak dat Suid-Afrikaanse

produsente met ander produsente wêreld-

wyd moet meeding. Net so word die wis-

selkoers ook deur die vryemark bepaal.

Die wisselkoers word gebruik om die

waarde van ‘n geldeenheid van ‘n spesifieke

land met dié van ‘n ander land te vergelyk.

Soos graanpryse, word die wisselkoers

hoofsaaklik deur vraag en aanbod gedryf.

Enige land se betalingsbalans is die hoof-

drywer wat die wisselkoers beïnvloed. As

meer produkte uitgevoer as ingevoer word,

of as die buitelanders groot beleggings in

die land maak, sal die wisselkoers versterk.

Dit beteken dat minder rande nodig is om

byvoorbeeld ‘n dollar te koop. Die teen-

oorgestelde geld ook: As die land meer

invoer as uitvoer en baie geld word uit die

land onttrek, sal die wisselkoers verswak

wat beteken dat meer rande nodig is om

een dollar te koop.

Vir ‘n graanprodusent is die verandering in

die wisselkoers ‘n belangrike saak en almal

word daardeur geraak. Die meerderheid

insette wat in die produksie van graan ge-

bruik word, word ingevoer en daarom sal

‘n verandering in die wisselkoers hierdie

pryse beïnvloed. Die wisselkoers is egter

net ‘n gedeelte van die prysverandering.

Heelwat ander faktore beïnvloed ook die

pryse van insette, soos internasionale vraag

en aanbod, die koste van energie en veral

die olieprys.

Produksie-insetmiddele

Die meeste bemestingstofpryse, maar ver-

naamlik stikstof, word direk deur veral die

olieprys beïnvloed. Sommige onkruiddo-

der- en plaagdoderpryse word ook tot ‘n

mindere of meerdere mate deur die prys

van olie beïnvloed, maar die pryse van ak-

tiewe bestanddele, internasionale vraag

en aanbod en die wisselkoers, is die hoof-

prysdrywers van hierdie bedrywe. Brand-

stofpryse is natuurlik direk afleibaar van die

internasionale olieprys en die wisselkoers.

Masjinerie en toerusting

Nuwe masjinerie en toerusting wat aan-

gekoop word, word in die meeste gevalle

van die buiteland af ingevoer. Hierdie ma-

sjiene se pryse word deur die produksie-

koste, vraag en aanbod en grootliks deur die

wisselkoers bepaal. Om hierdie masjiene in

stand te hou, word onderdele benodig en

die onderdele word ook hoofsaaklik inge-

voer. Die gevolg is dat die wisselkoers ‘n

reuse invloed op die herstel en onderhoud

van toerusting het.

Graanpryse

Wat ons graanpryse betref, is die wissel-

koers een van die hoofprysdrywers. Die

plaaslike vraag en aanbod van kommodi-

teite speel ‘n groot rol en daarom is dit

belangrik dat produsente ag moet slaan op

die vraag na kommoditeite, want dit kan in

die pryse weerspieël word.

Die verskil tussen uitvoer- en invoerpari-

teitspryse kan die verskil wees tussen wins

of verlies. Dit is ook ‘n uitdaging om die

verskil tussen die invoer- en uitvoerpryse

met effektiwiteit en doeltreffendheid te

produseer.

Ekonomiese modelle

Gegewe hierdie verandering, is dit moeilik

om te bereken watter effek net aan die ver-

andering van wisselkoerse toegeskryf kan

word. Met die hulp van sekere ekonomiese

modelle, is dit egter moontlik om die effek

van die verskillende veranderinge te meet.

Ten einde die effek te meet, word van aan-

names gebruik gemaak. Die eerste aanname

raak die produkpryse wat die boerdery se

inkomste direk raak.

Dit is so dat ons produkpryse deur die

wêreldmarkte bepaal word. Hier word die

effek van wêreldproduksie en wêreldvraag

gebruik om die pryse te bepaal. Om enige

voorspelling te kan maak, moet aanvaar

word dat die internasionale pryse nie gaan

verander nie. Verder moet aanvaar word dat

die plaaslike pryse halfpad tussen die in- en

uitvoerpryse is en bly. Op dié manier sal dit

net wisselkoersveranderinge wees wat die

pryse beïnvloed.

Wat insette betref, is dit algemene kennis

dat die prys van brandstof, bemesting-

stowwe en chemiese middels deur die

oliepryse, wisselkoerse en ander insette

geraak word. Daarby is daar nog steeds die

effek van wêreldvraag-en-aanbod.

Korrelasie tussen olieprys-

en prysveranderinge van

insette

Om voorspellings te maak, word die effek

van wêreldvraag-en-aanbod eers uitge-

laat en word aanvaar dat hierdie insette

se internasionale pryse deur net die olie-

prysveranderinge geraak sal word. Daar is

‘n korrelasietendens tussen die olieprys-

verandering en die prysveranderinge van

insette en daarom word aanvaar dat die

insette met dieselfde persentasie as die

olieprys sal verander.

Wat produksie-insette soos saad en her-

stelwerk betref, word aanvaar dat net die

wisselkoers hierdie pryse laat verander.

Hierbenewens word ook aanvaar dat die

vaste koste, behalwe lone en salarisse, net

met die inflasiesyfers verhoog word. Lone

en salarisse sal jaarliks met inflasie en ‘n

addisionele 2% verhoog word.

Om die effek van die wisselkoers alleen te

kan meet, vereis dat die prysstygingseffek

net tot wisselkoersverandering beperk

word. Hierdie prysstygings is in ‘n tipiese

plaasmodel vir die Oostelike Hoëveld in-

gevoeg waar die effek op die netto boer-

derywins oor tyd gemeet is. Laasgenoemde

model is saamgestel sodat al die verander-

likes opgeneem kan word.

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker