4
o
ral in die samelewing word die vraag oor waarheen
Suid-Afrika op pad is, indringend bespreek: Wat gaan
volgende gebeur en wat staan ons te doen indien hier-
die of daardie scenario gaan realiseer? Die mense is
terselfdertyd onseker en ontsteld. Niemand twyfel meer
daaraan dat ons by ‘n kruispad gekom het nie.
Prof Mohammad Karaan het nou die dag daarop gewys dat ‘n groot
droogte nog altyd tot ‘n nuwe bedeling gelei het. Vat die 1930’s, 1946
en nou weer 2015/2016. Hoe sal só ‘n nuwe bedeling lyk?
Ek wil ons huidige omstandighede verduidelik aan die hand van
twee metodes van roei. Daar is die ou bedeling van roeiers wat in
kalm waters met hulle rug na die wenpaal sit en net die leier dophou
ten opsigte van rigting, ritme en aanmoediging. Roeiers roei net,
hulle stuur nie, hulle weet nie lekker hoe ver nog nie – dit is die leier
se werk.
Die nuwe bedeling waarin ek meen ons nou inbeweeg, sit ‘n roeier
in sy eie bootjie en kyk vorentoe. Hy besluit self hoe vinnig, in wat-
ter rigting en hoe om die stroomversnellings aan te vat. Die water is
selde kalm. Elke roeier bepaal sy eie uitkoms. Ons sukkel vandag om
leiers te volg en vertrou nie hul leiding nie.
‘n Deel van die wantroue in ons leiers wat rigting vir die toekoms be-
tref, behels ons elkeen se maatstaf waarmee ons bepaal of dit goed
of sleg gaan. Party van ons is met niks minder as die Wêreldbeker
tevrede nie. Alles minder as dit, laat ‘n gevoel van mislukking by ons
agter. Ander is weer heel tevrede met die Sangbeker en die feit dat
ons darem deelgeneem het en elkeen ‘n kans gehad het om tyd op
die veld deur te bring.
Die vrae wat die graderingsagentskappe onlangs vir ons Minister van
Finansies gevra het, was egter die regte vrae:
Wat gaan Suid-Afrika doen om weer ekonomies te groei?
Wat is die regering se plan met al die staatsbeheerde entiteite
wat net geld verloor?
Belê Suid-Afrikaners self ook nog in Suid-Afrika?
Wat is die regering se planne met die studente-oproer?
Dit is wat die besluitnemers in die wêreld wil weet. Dit is wat ons
ekonomiese status bepaal – nie wie besit watter aandele en watter
grond nie.
Mnr Jim Collins sê: “Face the brutal facts.” Dít is wat van goeie
lande uitstekende lande maak. Suid-Afrika het met sy huidige kultuur
die gewoonte aangeleer om nie meer die feite in die oë te kyk nie.
Ons meet die verkeerde goed om te bepaal of ons nog in die regte
rigting beweeg en beskerm swak integriteit van mense in hoë posi-
sies. ‘n Vis vrot mos van sy kop af, of hoe?
Dit is tyd om om te draai in jou bootjie en jou eie koers in te slaan
– die huidige boot stuur op die rotse af! Daar is ‘n ander weg.
Graan SA sal, ten spyte van kritiek, steeds hierdie weg soek en
aanwys. Die rotse is nie ‘n opsie nie.
Ek het die afgelope seisoen gesien hoe graanprodusente van die
Swartland tot doer agter in Mareetsane die brutale feite van ‘n
droogte vierkantig in die oë gekyk het, ‘n besluit geneem het en
aanbeweeg het. Dít is leierskap! Dit is net dooie visse wat stroom-
af gaan.
Waarheen is
Suid-Afrika op pad?
JANNIE DE VILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
“
Dit is tyd om om te
draai in jou bootjie en
jou eie koers in te
slaan – die huidige
boot stuur op die
rotse af!
“
STANDPUNT
POINT OF VIEW
Graan SA
Mei 2016