Background Image
Previous Page  9 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 72 Next Page
Page Background

7

WAARHEID

Om die

te sê...

KANTLYN

Op die

Om heelhuids aan die anderkant van ‘n mynveld van landsgebeure en gebrekkige leierskap van politici uit te kom,

verg dat organisasies soos Graan SA die weg soek en aanwys, want die rotse is nie ‘n opsie nie.

To safely get to the other side of a minefield of national issues and a lack of leadership from politicians, requires

that organisations like Grain SA must find and show the right way, for the rocks are not an option.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

Trekkerverkope van 434 eenhede vir Maart vanjaar is 28% minder as

die 603 eenhede wat Maart verlede jaar verkoop is.

– Persverklaring uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-

assosiasie op 13 April 2016

In die 2015/2016-produksieseisoen is 78 050 ha kanola aangeplant, ‘n

drastiese 16 950 ha minder as in die vorige seisoen. Hierdie afname kan

grotendeels aan die droogtetoestande tydens planttyd toegeskryf word.

– Corné Louw (senior ekonoom: Graan SA)

geneem uit:

Graan SA Jaarverslag 2015

Sedert 1983 het die trekkervloot teen ‘n konstante koers vanaf

211 055 eenhede tot sy laagste punt van 62 424 eenhede in 2005

gedaal. Die huidige trekkervloot is 83 197 eenhede.

– Corné Louw (senior ekonoom: Graan SA)

geneem uit:

Graan SA Jaarverslag 2015

83 197

28%

16 950 ha

May 2016

Dagsê Kleinneef

Sjoe, maar jou e-posse laat my elke keer baie ver terugdink. “As

vetkerse verlep” in

SA Graan/Grain

van Maart 2016 is weer só ‘n

artikel!

In my geestesoog sien ek die vetkerse omlê in die blakers...laag...laag en al laer.

Soms het hulle plat op die kas gelê tot groot vermaak van ons as kinders, maar

Mamma was dan nie so gelukkig nie. Soggens moes ons die kerse uit die blakers

haal en op die marmerblad van die wastafeltjie neerlê, die blakers netjies op ‘n

ry laat staan soos ons in die skoolrye gestaan het sodat ons dit vanaand, as dit

begin skemer word, vinnig gereed kan kry vir die donker wat wag.

Olielampe en vetkerse was ons lig en toe het hulle goeie lig verskaf – nie soos

ons dit deesdae vir sagtheid en geselligheid gebruik nie. Skoolwerk en soms

lap- en stopwerk is by kers- en lamplig gedoen – en daar is nie geknoei nie. Sou

die paraffien bietjie skaars raak, was dit net kerslig. Die bietjie olie wat beskik-

baar was, moes bly vir die primus.

Hierdie kerse wat so neerbuigend voor my staan, laat my wonder of dit nie tyd

geword het dat ons juis só moet buig voor ons Hemelse Vader nie? Ja, ek weet

daar word gebuig, gekniel en gebid. Ons almal doen dit, maar miskien moet

ons soos die vetkerse word, sonder voorgee of pretensies; net buig – al laer...

laer en laer.

Hierdie droogte van 2016 het

ons almal in ‘n wurggreep en

dwing ons om soos die vet-

kerse te verlep...in waardig-

heid en nederigheid!

Groete van huis tot huis.

Ria van Wyk

Worcester