

Maart 2017
92
Nuwe, innoverende
bewaringslandboupraktyke
op Reitz ondersoek
V
olgens ‘n studie wat in 2008 deur die Landbounavorsings-
raad (LNR) gedoen is, is die gemiddelde jaarlikse verlies
aan bogrond onder gewasverbouing 13 t/ha. Die tempo
waarteen bogrond as gevolg van wind- en watererosie
verlore gaan, is baie hoër as die natuurlike vorming van grond.
Bewaringslandbou word gesien as die beste manier om die proses
om te keer en te verseker dat produsente in die toekoms volhou-
baar en winsgewend kan bly produseer. Graan SA se Bewaringsland-
bou Boere-innoveringsprogram betrek produsentestudiegroepe
met die nodige ondervinding en toerusting, om navorsing op hul eie
plase te doen.
Die proewe dien as ‘n platform waarvandaan die voordele van
bewaringslandboupraktyke aan ander groepe in die omgewing ge-
demonstreer kan word.
Die Riemland Studiegroep op Reitz, wat nege jaar gelede gestig is
om volhoubare landbou in die omgewing te ondersoek, is deur
Graan SA as ‘n medewerker geïdentifiseer. Die eerste beplan-
ningsvergadering om probleme en navorsingsidees te identifiseer,
is in 2014 deur Graan SA gefasiliteer.
VKB en die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) is as potensiële mede-
werkers by die vergadering ingesluit. Rywydtes en plantpopulasie
van mielies en sojabone in bewaringstelsels, asook die effek wat
verskillende gewasse in rotasiestelsels op mekaar het, is deur die
studiegroep as die belangrikste navorsingsbehoeftes geïdentifiseer.
Daar is besluit op ‘n statistiese benadering om data vir toekomstige
verwysing in te samel. ‘n Navorsingsvoorstel vir befondsing is in
2015 deur die Mielietrust goedgekeur.
Mielie-en-sojaboonplantpopulasie- en
-rywydteproef
Daar is wêreldwyd ‘n neiging om 50 cm-plantrye in bewaringsland-
boustelsels aan te wend. Die doel van die proef is om drie rywydtes,
naamlik 50 cm, 75 cm en 100 cm in kombinasie met verskillende
plantdigthede van mielies en sojabone te toets.
‘n Ewekansige blokontwerp met drie herhalings van die kombi-
nasies tussen die twee behandelings vir elke gewas (
Tabel 1
en
Tabel 2
) is gebruik. Die terrein op Van Rooyenswoning (mnr Danie
Slabbert) is in twee blokke (
Figuur 1
) verdeel om wisselbou tussen
mielies en sojabone te bewerkstellig.
Resultate
Grafiek 1
bevat die 2015/2016-reënvalsyfers vir Reitz en verduide-
lik waarom mielie- en sojaboonaanplantings eers laat in Desember
gedoen kon word. Maksimum temperature was ook bogemiddeld
hoog, wat die effektiwiteit van reën wat wel geval het, aansienlik
verlaag het.
Aan die einde van Januarie verlede jaar het die sojaboonblok ‘n
opkoms van slegs 30% getoon, terwyl die mielieblok beter gevaar
het met ‘n 70% opkoms. Die sojaboonblok het nooit herstel nie en
moes afgeskryf word.
In
Tabel 3
is die mielieopbrengste vervat. Hoewel droogtetoestan-
de groot variasie in die opbrengsresultate veroorsaak het, was die
twee hoër plantpopulasie se opbrengste betekenisvol hoër as die
gemiddelde opbrengs van die 40 000 plantestand. Daar moet egter
in gedagte gehou word dat ontkieming as gevolg van droogte nie
na wense was nie en slegs 70% van die beplande behandeling
gerealiseer het. Gemiddelde opbrengste van die rywydtes het
geen betekenisvolle verskille getoon nie.
OP PLAASVLAK
Rywydte / Plantpopulasie / Mielies / Sojabone
Bewaringslandbou
LIENTJIE VISSER
en
WILLEM KILIAN,
albei van die LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem,
PIETER DE WET,
VKB en
HENDRIK SMITH,
Graan SA
RYWYDTE (CM)
PLANTPOPULASIE (PLANTE/HA)
50
40 000
60 000
80 000
76
40 000
60 000
80 000
100
40 000
60 000
80 000
RYWYDTE (CM)
PLANTPOPULASIE (PLANTE/HA)
50
150 000 250 000 350 000 450 000
76
150 000 250 000 350 000 450 000
100
150 000 250 000 350 000 450 000
TABEL 1: BEHANDELINGSKOMBINASIES VIR MIELIEBLOK.
TABEL 2: BEHANDELINGSKOMBINASIES VIR SOJABOONBLOK.
MIELIEBLOK
HERHALING 1
HERHALING 2
HERHALING 3
PAADJIE
SOJABOONBLOK
HERHALING 1
HERHALING 2
HERHALING 3
Figuur 1: Voorstelling van die mielie- en sojaboonproefperseel.
Onthou van Groentoer
Die volgende Groentoer word vir 16 Maart vanjaar beplan
en sluit proefbesoeke, sowel as aanbiedings deur kundiges
vanuit ander omgewings, in.