

Maart 2017
94
OP PLAASVLAK
Bewaringslandbou
Gewasrotasieproef
Elke gewas binne ‘n rotasiestelsel kan ‘n effek hê op die volgende
gewas se siektebeheer, die voedingstatus van die grond, sowel as
onkruidbeheer in die stelsel. Die studiegroep wil graag die invloed
van elke gewas, sowel as die opvolggewas, op die stelsel meet
sodat hulle dit in die toekoms kan gebruik om ingeligte besluite ten
opsigte van opvolggewasse in hul stelsels te neem. Die potensiaal
van ‘n “vanggewas” in ‘n goeie reënjaar is deel van die proef. Twee
lokaliteite is in die Reitz-distrik gekies (Van Rooyenswoning en
Emden) en die proefpersele is by beide uitgelê as ewekansige blokke
met vier herhalings van ses rotasiestelsels.
Die stelsels wat ingesluit is, is soos volg:
Sojabone
→
koring
→
suikerbone
→
mielies
Sojabone
→
sonneblomme
→
mielies
Sojabone
→
mielies
Sojabone
→
koring
→
sonneblomme
→
mielies
Sojabone
→
koring
→
mielies
Sojabone
→
winterdekgewas
→
mielies
Resultate
Sojabone
Daar is in November 2015 afgeskop met sojaboonaanplantings op
al die persele. Die gemiddelde oesopbrengs van die sojaboonper-
sele was onderskeidelik 1 t/ha en 1,9 t/ha by die twee lokaliteite,
wat ondergemiddeld vir die omgewing was en die swak toestande
tydens planttyd reflekteer.
Winterdekgewas
Die eerste opvolggewas in een van die rotasiestelsels was ‘n winter-
dekgewasmengsel van korog, rog, hawer, swart hawer, weiwieke en
Japannese radyse. Al die spesies het suksesvol gevestig en is einde
September verlede jaar doodgespuit sodat mielies direk in die reste
geplant kon word.
Koring
Koring is einde Julie verlede jaar geplant en het suksesvol gevestig.
‘n Sogenaamde “vangoes” is vroeg in Januarie vanjaar gestroop.
Mielies
Mielies is November verlede jaar op die onderskeie persele geplant.
Sonneblomme en droëbone
Sonneblomme en droëbone is in Januarie vanjaar geplant nadat die
voorafgaande koring gestroop is.
Die pad vorentoe
Hoewel geen vergelykbare data na slegs een jaar beskikbaar is nie,
is die studiegroep opgewonde oor die vordering wat reeds gemaak
is. Daar is tydens ‘n beplanningsvergadering in Augustus verlede
jaar besluit om die volgende seisoen ‘n 100 000 plante/ha-behan-
deling vir mielies in die plantpopulasie-en-rywydteproef in te sluit.
Vogmeters is ook in beide proewe geïnstalleer sodat addisionele
inligting vir die interpretasie van data ingesamel kan word.
TABEL 3: DIE EFFEK VAN RYWYDTE EN PLANTPOPULASIE OP MIELIE-OPBRENGS (GEPLANT OP 15 DESEMBER 2015 OP REITZ).
PLANTPOPULASIE
(PLANTE/HA)
RYWYDTE (CM)
GEMIDDELDE
OPBRENGS (T/HA)
50
76
100
40 000
3,46
b
3,93
a
3,48
a
3,62
a
60 000
5,84
a
4,29
a
5,16
a
5,09
b
80 000
5,48
ab
4,97
a
5,16
a
5,20
b
Gemiddeld
4,93
a
4,40
a
4,59
a
4,64
Syfers wat met dieselfde letter aangedui word,
verskil nie betekenisvol van mekaar nie
KBV
(plantpopulasie x rywydte [0,05])
= 2,13
KBV
(plantpopulasie [0,05])
= 1,23
KBV
(rywydte [0,05])
= 1,23
kv = 26,6%
Grafiek 1: Reënvalverspreiding van Reitz in die 2015/2016-plantseisoen.
Nuwe bewaringslandboupraktyke