Background Image
Previous Page  90 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2017

88

Hoër graanopbrengste

in die toekoms moontlik

R

eënval, of liewer die gebrek daaraan, is die grootste be-

perkende faktor vir graanproduksie in die semi-ariede kli-

maat van Suid-Afrika. Die reënval is net eenvoudig te laag

en van seisoen tot seisoen te wisselvallig om deurgaans

hoë opbrengste met gewasse te behaal. Het dit meer gereën, het

ons hoër opbrengste behaal.

‘n Volgende kenmerk van ons reënval is dat dit gewoonlik ‘n swak

verspreiding binne die groeiseisoen het, gemeet teen die waterbe-

hoefte van gewasse. Dié swak verspreiding het droogteperiodes

tot gevolg, wat ernstige skade aan gewasse aanrig.

Gewoonlik kom die droogtes gedurende Januarie en Februarie

voor en val dit gewoonlik ook saam met die sensitiewe blompe-

riode, wat opbrengste ernstig kan beperk. Die reënvalintensiteit

van baie donderstorms is hoog, wat afloop tot gevolg het en wat

die tekort aan water vererger.

Aangesien reën die belangrikste beperkende faktor vir gewasver-

bouing is, is dit logies dat alle pogings aangewend moet word om

dit so doeltreffend moontlik te benut. ‘n Belangrike vraag is dus:

Watter opbrengste sou behaal kon word indien die reën wat ons

wel ontvang, se verspreiding die gewas se vraag na water ten beste

bevredig en hoe vergelyk dit met huidige opbrengste?

Dit kan aan die hand van die water-opbrengsverwantskap ver-

duidelik word – soos in

Grafiek 1

getoon. Die horisontale as stel

die seisoenale waterverbruik voor en die vertikale as die opbrengs.

Die kurwe verteenwoordig ‘n boonste grens van opbrengste wat

behaal kan word indien slegs die hoeveelheid beskikbare water die

opbrengsbeperkende faktor is.

Elke gewas het ‘n sekere minimum hoeveelheid water nodig voor-

dat enige graan geproduseer word en word deur punt A op die

grafiek aangedui. Daarna styg die opbrengs soos die waterver-

bruik toeneem en plat dit uiteindelik af – wat beteken water is nie

meer die beperkende faktor nie.

Die teoretiese minimum hoeveelheid water wat ‘n gewas verbruik

voordat enige graan geproduseer word (punt A), wissel van sowat

100 mm tot 140 mm vir mielies en vir sonneblom van 75 mm tot

85 mm.

Vanaf dié produksiebeginpunt styg die opbrengs reglynig. Die hel-

ling van die reglynige gedeelte dui die waterproduktiwiteit van die

gewas aan. Waterproduktiwiteitswaardes varieer egter ook en is

onder meer van die dampdruktekort van die atmosfeer afhanklik.

Byvoorbeeld, hoe groter die dampdruktekort, hoe laer die water-

produktiwiteit.

Vir droëlandmielies is waterproduktiwiteitswaardes van 6 kg/ha tot

23 kg/ha per mm waterverbruik (ook evapotranspirasie genoem)

gevind en vir besproeiing, waardes van 11 kg/ha tot 32 kg/ha per mm

waterverbruik.

Droëlandsonneblom se waterproduktiwiteitswaardes wissel van

3 kg/ha tot 9 kg/ha per mm en dié van droëlandsojabone van 6 kg/ha

tot 10 kg/ha per mm.

OP PLAASVLAK

Reënval / Graanopbrengste / Bewaringsbewerking

Bewaringslandbou

ANDRÉ NEL,

onafhanklike akkerboukundige

Grafiek 1: Die verwantskap tussen die graanopbrengs en die waterverbruik van gewasse. Die kurwe

verteenwoordig die boonste grens van waterproduktiwiteit. Punte onder die kurwe stel werklike

opbrengste wat behaal word, voor en B

C die opbrengsgaping.