

83
March 2017
Hy is sedert die tagtigerjare ‘n kranige vlieënier en die feit dat hy
verskille in die gewasse uit die lug kon waarneem, het hom gedryf
om foute te identifiseer. Uiteindelik sou hy evalueer of die probleem
werklik opgelos is.
Die vlieëry het ook daartoe bygedra dat hy ‘n groot klomp produk-
siefoute kon eien. Totdat hulle na presisieboerdery oorgeskakel
het, het swak kolle binne goeie, homogene hoëpotensiaal-lande
hom gepla. Die fisiese en chemiese kartering van die grond het
hierdie probleem uitgelig en Du Plessis en sy span kundiges kon die
probleem aanspreek en met GPS-tegnologie regstel.
Presisieboerdery
Presisieboerdery het ook ander voordele in die hand gewerk. Met
die trekkers se vermoë om dubbele werk te beperk, is hul doel-
treffendheid en effektiwiteit verhoog en is die opbrengste verhoog
en kostes verlaag.
Dit het die winsgewendheid van die besigheid verhoog. Op sy
plaas word elke hoekie van die grond gebruik. Die wenakkers word
die nouste moontlik gemaak en met die Auto Steer op die trek-
kers, word kostes verlaag en produktiwiteit verhoog. Verder
word stroperdata gebruik om produksiefoute te identifiseer en te
korrigeer. Indien die land chemies reggestel is en daar is nog duide-
like afwykings van die realistiese opbrengste, begin die proses
van voor af. Satellietbeelde word aangewend om probleemkolle te
identifiseer ten einde optimale opbrengs te realiseer.
Die lande word elke drie jaar op rotasiebasis weer chemies gekar-
teer, ontleed en reggestel. Vir elke voedingselement is daar duide-
like riglyne en gegewe die opbrengs, verwagte opbrengs en ander
doelwitte, word besluit hoeveel bemesting waar toegedien moet
word. Die regstellings word differensieel gedoen ten einde die regte
elemente op die regte plekke toe te dien.
Kontrole belangrik
In hierdie boerdery is kontrole net so belangrik soos beplanning.
Die produksiekontrole is belangrik, maar die finansiële kontrole is
essensieel. Deur op hoogte te wees van werklike produksiekoste,
is jy in staat om te bepaal of die huidige mielieprys positief of
negatief is. Dit verleen ook ondersteuning in die besluit rakende
bemarkingstrategieë wanneer dit tyd is vir bemarking.
2: Du Plessis en sy seuns boer in die Delmas-omgewing met
hoofsaaklik droëlandmielies, sojabone en droëbone.
3: Hy is ‘n kranige vlieënier en die feit dat hy verskille in die
gewasse uit die lug kan waarneem, dra daartoe by dat hy
produksiefoute kan identifiseer.
4: Jozua probeer om alles op die plaas te optimaliseer. Die
wenakkers van die lande word so klein as moontlik gehou
en daar word tot op die paaie geplant. Dié stap stel hom in
staat om die onkruid op die wenakkers ook te beheer.
2
3
4