

85
March 2017
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Du Plessis se meganisasieplan is goed uitgewerk. Die trekkers is
só gekies dat hulle gesinkroniseer kan word. Daar is genoeg
trekkers en implemente om te kan plant, die saadbed voor te berei
en die ander werk te kan doen binne die venster wat beskikbaar is
vir dié take.
Die vervanging van trekkers en masjinerie vind plaas wanneer
daar fondse beskikbaar is en as daar groot prysstygings as gevolg
van byvoorbeeld die wisselkoers verwag word.
Dit is vir hom belangrik om sy werk korrek en na die beste van sy
vermoë te doen. Die rigting van die besigheid, die nuwe take wat
afgehandel moet word, die tydigheid daarvan, die oplossing van
probleme en kontrole is sy verantwoordelikheid. Daarom glo hy
dat take tot só ‘n mate afgewentel moet word dat daar genoeg
vrye tyd is om met nuwe idees na vore te kom. Daar moet tyd
wees om te lees, navorsing te doen, nuwe idees te deurdink en
sodoende die beste besluit te kan neem.
“Dit is belangrik dat jy jouself kan losmaak van die boerdery om
weer van ‘n afstand na jou eie besigheid te kan kyk,” sê hy. Du Plessis
het ook ‘n paar stokperdjies wat hom kans gee om homself van
die werk te distansieer. Die opbou van veteraanmotorfietse, die
vlieg van radiobeheerde en vastevlerk-vliegtuie en die vlieg van
helikopters is sy manier van ontspan.
Goeie ondersteuningspan
Hierdie besigheid het gekom waar hy vandag is deur genade, harde
en slim werk en ‘n uitstaande ondersteuningspan.
“Sonja het my van die begin af ondersteun, gedokter en moed
in gepraat. Sy is die vrou agter die man. Omdat sy deel van die
besigheid was, het sy oor tyd groot opofferings gemaak. Sy was
bereid om by die inkomste van die boerdery aan te pas en daar-
mee saam te leef – iets waaroor ek ongelooflik dankbaar is,”
vertel hy.
“‘n Effektiewe bestuurspan en werknemers wat kan saamwerk en
waarop ‘n mens kan staatmaak, maak dit alles die moeite werd.
Kontrole is van groot belang, maar as daar gesamentlike doelwitte
en duidelike reëls is, werk alles seepglad,” verduidelik hy.
“Om te werk, moet bevredigend wees en daarom is daar altyd plek
vir humor. In uiters uitdagende omstandighede en situasies kan
humor daartoe aanleiding gee dat oplossings vir probleme gevind
word en dat almal weer as vriende uitmekaar gaan.”
By hierdie knap produsent, besigheidsman en strateeg is daar
heelwat te leer. Kontak hom gerus by 010 001 4201 of vir Pietman
Botha by 082 759 2991.
5: Omdat daar op die plaas met presisie-
satelliettegnologie geplant word, is daar
op die gebruik van 75 cm-ryspasiëring
hyserplanters besluit, omdat die planters
beter by die tegnologie pas. Die trekkers
wat ná die planters volg, ry dan beter
binne die rye.
6: Volgens Jozua het hierdie besigheid
deur genade, harde en slim werk en ‘n
uitstaande ondersteuningspan gekom
waar dit vandag is.
Boer om ‘n wins te maak
5
6