Background Image
Previous Page  92 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 92 / 124 Next Page
Page Background

Beheer

Chemiese beheer

Die lys van onkruiddoders wat vir sterremuur geregistreer is wat in

die publikasie

A guide for the chemical control of weeds in South

Africa

genoem word, word in

Tabel 1

aangetoon. Daar is ook ‘n paar

onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer is nadat

die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe onkruiddoders

wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer word nie, maar wat

wel effektief teen sterremuur is as daar nie weerstand is nie.

Volgens

www.weedscience.org

is die eerste weerstandige sterre-

muur in 1978 in Duitsland teen atrasien (Fotosisteem 1-inhibeer-

der – Groep C1) waargeneem. In 1985 is weerstand teen mecoprop

(Sintetiese ouksien – Groep O) in die Verenigde Koninkryk waar-

geneem en weer in 2010 in China teen MCPA in dieselfde groep.

Daarna is talle gevalle van weerstand teen ALS-inhibeerders

(Groep B) aangeteken in lande soos Kanada, Denemarke, Finland,

Frankryk, Duitsland, Ierland, Nieu-Seeland, Noorweë, Swede, die

Verenigde Koninkryk en die VSA.

In Suid-Afrika is ook ‘n populasie met sterk weerstand teen ALS-

inhibeerders in die Riebeek Kasteel-omgewing aangeteken. Volgens

berigte kom weerstand teen sulfoniel ureas wydverspreid in die

Caledon-distrik voor en dit sal waarskynlik oor groot dele van die

winterreënvalstreek teenwoordig wees.

Dit is egter belangrik dat antiweerstandsmaatreëls toegepas word

om te verhoed dat weerstand teen onkruiddoders ontwikkel. Sorg

moet dus gedra word dat enige onkruiddoder onder goeie spuit-

toestande asook teen die korrekte dosis toegedien word op onkruid

wat nie groter as die vierblaar-stadium is nie.

1: Sade van ‘n sterremuur.

2: Saailing van ‘n sterremuur.

Foto: Org Lotter van

Bayer CropScience

3: ‘n Volwasse sterremuurplant.

ONKRUIDE IN DIE

WINTERREËNVALSTREEK

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

1

3

2

90

Maart 2015