Background Image
Previous Page  94 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 94 / 124 Next Page
Page Background

Te hoë en te lae dosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir teiken-

setel- en nie-teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die

gebruik van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld as moontlik af

met ander onkruiddoders met ‘n ander werkswyse (met ander

woorde in ‘n ander werkswysegroep).

Alternatiewe beheer

Met die oog op voorkoming en bestuur van onkruiddoderweer-

stand is dit noodsaaklik dat daar nie net op chemiese beheer

staatgemaak word nie. ‘n Reeks bewerkings- en geïntegreerde

beheermaatreëls teen sterremuur is in Europa ondersoek.

Daar is gevind dat sterremuur baie meer algemeen voorkom in

geenbewerkingspersele as in bewerkte persele. In die VSA is ge-

vind dat bewerking in die nag die ontkieming van onkruidsade,

waarvan die meeste uit sterremuur bestaan het, met tot 75%

verminder het.

Gewasrotasies beïnvloed ook die voorkoms van sterremuur.

In Duitsland is gevind dat sterremuur se voorkoms bevoordeel

word deur rotasies wat 80% grane bevat teenoor rotasies wat net

50% grane bevat. Sterremuur het ‘n onbeskermde groeipunt en is

dus baie gevoelig vir hittebehandeling.

So is 100%-beheer van sterremuur wat in die nul- tot vierblaar-

stadium was, met ‘n vlamwerper verkry. Sterremuur kan ook

onderdruk word deur beweiding. Die toepassing van geïntegreerde

bestuursaksies is baie belangrik, nie net om weerstand te voor-

kom nie, maar ook om onkruidbeheer meer omgewingsvriendelik

te maak.

Behandelings wat meer kompeterende gewastipes en kultivars,

hoë saaidigthede en verhoogde N-toediening ingesluit het, was

byvoorbeeld baie suksesvol om sterremuurpopulasies te onderdruk

en gewasopbrengs te verhoog.

Bedankings en verwysings

Die volgende persone het die artikel krities deurgelees en voorstel-

le ter verbetering gemaak waar nodig: Prof Andy Cairns (Universiteit

van Stellenbosch), dr Erik Eksteen (Syngenta), mnr Org Lotter

(Bayer CropScience), mnr Jim McDermott (Du Pont), mnr Hannes

Schoeman (Monsanto), mnr Frik Potgieter (Nulandis) en mnr Dirk

van Eeden (Terason).

Die lys van geregistreerde onkruiddoders is verkry vanuit die

publikasie:

A guide to the chemical control of weeds in South Africa:

A CropLife South Africa Compendium

. Bestel by

info@cropsolu-

tions.co.za

of 011 079 4199.

Inligting is ook verkry vanuit die boek

Onkruide in gewasse en

tuine in Suidelike Afrika

en is beskikbaar by die LNR-Instituut vir

Graangewasse, Privaat sak X1251, Potchefstroom, 2520. Kontak

Mary James by 018 299 6253 of

JamesM@arc.agric.za .

Die boek

Probleemplante en indringeronkruide van Suid-Afrika

deur Clive Bromilow is ook geraadpleeg en is beskikbaar by

die meeste boekhandelaars of raadpleeg die webtuiste van die

uitgewers:

www.briza.co.za .

Lesers kan die pamflet

Volhoubare gewasproduksie in die teen-

woordigheid van onkruiddoderweerstand

ook in PDF-formaat ver-

kry van die skrywer van hierdie artikel by

pjp@sun.ac.za .

Dit is ook

(in Engels) beskikbaar op die CropLife SA-webtuiste (

http://www

.

croplife.co.za/Portals/13/Croplife_ Documents/Sustainable%20

crop%20produc tion%20 in%20 the%20presence%20of%20

herbicide%20resistance.pdf

).

4: Die blomme en blare van ‘n sterremuur.

5: Onkruiddoderweerstand by die sterremuur:

Links is ‘n sensitiewe populasie met onbespuite

kontrole voor; en vier verskillende sulfoniel

ureas wat teen aanbevole dosis gespuit is,

agter. Regs is presies dieselfde behandelings op

‘n sterremuurpopulasie van Riebeek Kasteel.

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

ONKRUIDE IN DIE

WINTERREËNVALSTREEK

4

5

92

Maart 2015