Background Image
Previous Page  91 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 91 / 124 Next Page
Page Background

– Deel 10

PJ PIETERSE,

Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch

Sterremuur (

Chickweed

)

WINTERREËNVALSTREEK

Onkruide in die

Reeks

d

aar kom drie

Stellaria

-spesies in Suid-Afrika voor, maar

net

Stellaria media

(sterremuur) is ‘n erkende onkruid.

Alhoewel dit ‘n klein plantjie is, word dit nogtans as

‘n belangrike onkruid beskou. Dit kom as onkruid in

eenjarige veldgewasse voor asook in meerjarige,

houtagtige gewasse.

Sterremuur is nie ‘n baie sterk mededinger nie, maar waar dit klam

en koel toestande aantref, soos in boorde en wingerde, kan dit

sterk groei. Wanneer dit vroeg vestig voor die gewas of saam met

die gewas, is dit ‘n sterker mededinger en waar dit in hoë digthede

voorkom, kan dit gewasplante erg onderdruk.

In Nederland het elf plante per vierkante meter die opbrengs van

suikerbeet met 21% verlaag, maar in die Verenigde Koninkryk het

minder as 250 plante per vierkante meter minder as 5% se oesver-

liese in oliesaadgewasse veroorsaak.

Daar is ook in die Verenigde Koninkryk bereken dat 40 sterre-

muurplante per vierkante meter die drempelwaarde in vlaslande is.

Die invloed van sterremuur op gewasse varieer dus baie en hang af

van faktore soos onkruiddigtheid, gewasdigtheid, gewastipe en die

vestigingsdatum relatief tot die gewas se vestiging.

Daar is gevind dat sterremuur die meganisme van stropers kan

belemmer. Die plant se plastisiteit word ook geïllustreer deur die

feit dat blommende plante wat op ‘n gruispaadjie gegroei het se

stingels slegs 4 cm lank was, terwyl plante wat in ‘n seemeeukolo-

nie gegroei het se stingels ongeveer 1 m lank was.

Sterremuur is alternatiewe gashere vir skadelike aalwurms asook

‘n verskeidenheid virusse wat gewasplante kan aanval. Die plant se

blare kan egter benut word as gekookte groente of as ‘n groenslaai.

Sterremuur is eenjarige, platgroeiende kruide wat tot 15 cm hoog

kan groei en soms wortels by die knope vorm. Die stingels is

groen en rond en het ‘n streep hare wat vanaf die blaarbasis tot

tussen die volgende paar blare voorkom. Die blare is enkelvoudig,

teenoorstaande gerangskik en eiervormig met ‘n spits punt. Ook is

die blare heldergroen, haarloos en gaafrandig. Die onderste blare is

gewoonlik gesteeld en die boonstes soms sittend. Die blare kan tot

1,5 cm lank en 1 cm breed word.

Die blomme kom aan die einde van stingels of in die oksels van blare

voor en soms in byskerms met min blomme. Die slanke bloeistele is

tot 1,5 cm lank met fyn haartjies. Die kelkblare is groen en die vyf wit

kroonblare is so diep ingekeep dat dit lyk soos tien enkel kroonblare.

Die vrugte is doosvrugte (ook kapsules genoem) wat 5 mm lank

is en opbreek in vyf kleppe met baie sade. Die sade is bruin, dit is

tot 1 mm in deursnit en effens sirkelvormig met ‘n diep keep en die

oppervlakte is oortrek met vratagtige strukture.

Voorkoms en verspreiding

Sterremuur kom wydverspreid in Suid-Afrika voor, waar dit gedy in

klam plekke en in een- of meerjarige gewasse as ‘n onkruid asook in

tuine. Sterremuur het sy oorsprong in Europa, maar het dwarsoor

die wêreld in meer as 50 lande versprei en word beskou as een van

die twaalf mees suksesvolle indringerplante (wat nie verbou word

nie) ter wêreld.

Sterremuur plant net met saad voort en daar is al saadproduksie-

syfers van tussen 11 en 13 miljoen sade per hektaar aangeteken in

Europa. Alhoewel gerapporteer is dat sterremuursade tot 60 jaar

lank kiemkragtig kan bly, is in ‘n studie bevind dat saad een jaar na-

dat dit in grond begrawe is, tussen 91%- en 97%-ontkieming getoon

het en 6%- tot 22%-ontkieming ná tien jaar (

http://www.cabi.org/

isc/datasheet/51635

).

In landerye ontkiem saad gewoonlik op die grondoppervlakte en

baie min saailinge vestig ná ontkieming van dieper as 2 cm af.

Dormansie van saad varieer baie. In gebiede met ‘n gematigde

kusklimaat ontkiem saad onmiddellik ná rypwording.

In areas soos Arktiese gebiede of diep in vastelande ontkiem baie

min sade 90 dae ná rypwording en in Mediterreense gebiede het die

saad ‘n 50- tot 60-dae narypingsperiode nodig om te ontkiem.

Saadontkieming kan in die laboratorium gestimuleer word deur saad

met ‘n 0,2%-kaliumnitraatoplossing te behandel en aan wisselende

temperature tussen 20°C en 30°C bloot te stel. Die variasie in

saaddormansie en ontkieming dra grootliks by tot die sukses van die

spesie as ‘n onkruid.

Die meeste van sterremuur se saad word naby die moederplant

versprei. Langafstandverspreiding kan deur diere geskied en

kiemkragtige sade is al in die mis van varke, beeste, bokke en

voëls gevind.

Die saad kan ook indompeling in seewater oorleef, maar die mens

deur sy landbouaktiwiteite is waarskynlik die grootste en effektiefste

verspreider van sterremuursaad. Dit kan op sanderige gronde

oorleef, maar is aangepas vir ‘n wye verskeidenheid gronde. Dit

groei waarskynlik die beste op swaar, klam gronde.

Wetenskaplike naam:

Stellaria media

Afrikaanse naam:

Sterremuur

Engelse naam:

Chickweed

89

March 2015

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer