Background Image
Previous Page  42 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 42 / 124 Next Page
Page Background

Maart 2015

40

Wintergraan- en kanolasaadpryse vir 2015

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

s

aad as produksie-inset vir wintergraanproduksie is nie

noodwendig produsente se duurste inset nie, maar

dit kan wel moontlik jou belangrikste inset wees. Die

koringbedryf in Suid-Afrika is onder druk. Hektare onder

koring, veral in die noorde van die land, is besig om te

kwyn en veral nuwe, hoë-opbrengskultivars is nodig om

die bedryf ‘n hupstoot te gee.

Dit is kritiek belangrik om die regte koringkultivar te kies wat produk-

sierisiko by koring tot ‘n minimum sal beperk. In die artikel word die

jongste saadpryse in die mark beskikbaar met produsente gedeel.

Dit is opvallend hoe min nuwe kultivars in totaal die mark betree.

Saadpryse

Graan SA het ‘n verskeidenheid van saad- en landboumaatskappye

genader om hul wintergraanpryslyste vir die 2015-seisoen in die

SA Graan/Grain

te publiseer (

Tabel 1

tot

Tabel 6

). Daar is egter een

of twee saadmaatskappye wat ten tye van die publisering van hier-

die artikel nog nie hul koringsaadpryse bekend kon maak nie.

Koringsaadpryse (van dié wat beskikbaar is) het sedert verlede jaar

weinig verander. Vir die noordelike produksiegebiede is saadpryse

die-selfde as verlede jaar, terwyl pryse in die Wes-Kaap met tussen

2,58% en 5% toegeneem het. Die inligting in die tabelle neem nie

kortings vir vroeë bestellings en grootmaataankope in aanmerking

nie. Dit is belangrik om navrae by die saadmaatskappye self te doen

om te verseker dat die beste moontlike prys beding word.

Kultivarkeuse

Belangrike riglyne wat gevolg behoort te word met die uitoefening

van kultivarkeuses, is die volgende:

Plant ‘n pakket van kultivars om risiko’s ten opsigte van agrono-

miese eienskappe, plaag- en siekteweerstand, valgetal en grade-

ring te versprei.

Moenie ‘n staatmakerkultivar summier met ‘n nuwe en on-

bekende kultivar vervang nie. Plant die nuwe/onbekende kultivar

eers op ‘n kleiner skaal aan en maak seker dat dit aan persoonlike

vereistes voldoen.

Raadpleeg die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) se handlei-

dings vir wintergraanverbouing en verseker dat die kultivar on-

afhanklik geëvalueer en volgens eienskappe wat op die plaas

belangrik is, presteer. Sien ook die los invoegsel in hierdie

uitgawe van

SA Graan/Grain

waarin die resultate van die Nasio-

nale Kultivarevalueringsprogram deur die LNR-KGI gepubli-

seer is.

Raadpleeg die betrokke kundiges indien inligting ontbreek of

onsekerheid bestaan. Waak daarteen om ‘n ongetoetste kultivar

aan te plant.

2014

2015

%

KORINGKULTIVAR

PER 25 KG

PER 25 KG VERANDERING

PAN 3118

390

390

0,0

PAN 3120

390

390

0,0

PAN 3368

380

380

0,0

PAN 3379

390

390

0,0

PAN 3471 (Galmano)

365

365

0,0

PAN 3478 (Galmano)

360

360

0,0

PAN 3161

390

390

0,0

PAN 3195

390

390

0,0

PAN 3400

365

365

0,0

PAN 3497

365

365

0,0

Gemiddeld

379

379

0,0

2014

2015

%

KORINGKULTIVAR

PER 50 KG

PER 50 KG VERANDERING

SST 88

310

318

2,58

SST 047

310

318

2,58

SST 015

310

318

2,58

SST 027

310

318

2,58

SST 056

310

318

2,58

SST 087

310

318

2,58

Gemiddeld

310

318

2,58

2014

2015

%

KORINGKULTIVAR

PER 50 KG

PER 50 KG VERANDERING

SST 88

310

325

5,01

SST 015

310

325

5,01

SST 027

310

325

5,01

SST 056

310

325

5,01

SST 087

310

325

5,01

Ratel

380

Kwartel

380

SST 0127

325

Gemiddeld

310

339

5,01

GARSKULTIVAR

PER 50 KG

SVG 13

255

S 9

318

ERICA

318

S 12

318

Gemiddeld

302

GARSKULTIVAR

PER 50 KG

Erica

294

Nemesia

294

Disa

294

Gemiddeld

294

NOORDELIKE PRODUKSIEGEBIEDE

TABEL 1: PANNAR.

WES-KAAP

TABEL 2: OVERBERG AGRI.

TABEL 2 (VERVOLG)

TABEL 3: SSK.

FOKUS

Saad

Spesiale