Syngenta is internasionaal sinoniem met ’n sterk kompeterende sonneblom markaandeel.
Plaaslik is Syngenta reeds besig om sterk vastrapplek te vind en momentum te bou om
ook in Suid-Afrika die internasionale markaandeeltendens te volg. Met die voordeel van
kiemplasmabronne wat regoor die wêreld gesetel is, en navorsingshulpbronne wat geskoei is
om net die beste kultivars mark toe te bring, is sonneblomprodusente daarvan verseker dat
alle nuwe vrystellings,‘n mededingende voordeel inhou.
Syngenta se sonneblomteelprogramme, wat oor verskeie klimaatsones strek, bied die
verdere voordeel dat produsente baat uit genetika met goeie siekteverdraagsaamheid en
opbrengsstabiliteit, asook verhoogde olie-inhoud. Alhoewel omgewingstoestande ‘n groot
rol speel in die vaslegging van olie-inhoud, bied Syngenta nuwe generasie kultivars wat die
grense van tradisionele olievlakke verskuif.
Syngenta is boonop bekend vir uitnemende Clearfield
®
(CL) tegnologie basters. Syngenta is
ook reeds besig met die kommersiële vrystelling van die volgende generasie CL materiaal wat
opbrengsvlakke na selfs groter hoogtes sal neem. Syngenta se toppresterende Clearfield
®
kultivars, is ‘n toonbeeld van innovasie en versterk ons posisie as leier in die Clearfield
®
marksegment.
Sonneblomproduksie:
Verhoging van opbrengs en olie-inhoud