Background Image
Previous Page  41 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 124 Next Page
Page Background

39

March 2015

FOKUS

Spesiale

Beskerm jouself

deur gesertifiseerde saad aan te koop

Saad

EDDIE GOLDSCHAGG,

tegniese bestuurder, SANSOR

D

ie opbrengspotensiaal van ‘n ge-

was, ongeag die omgewingstoe-

stande en verbouingspraktyke,

is nou gekoppel aan die variëteit

wat aangeplant word – nie net die aanpas-

baarheid van die betrokke variëteit by die

omgewing waarin dit geplant word nie,

maar ook die variëteitsuiwerheid daarvan,

met ander woorde tot hoe ‘n mate elke plant

aan die beskrywing van die betrokke varië-

teit voldoen.

Indien saad van ‘n registreerde saadmaat-

skappy aangekoop word, moet die saad aan

sekere minimumvereistes voldoen wat deur

die Plantverbeteringswet, 1976 (Wet 53 van

1976) voorgeskryf word. Indien die onderne-

ming saad verkoop wat nie aan hierdie mini-

mumvereistes voldoen nie, is hulle aan ‘n

misdryf skuldig en kan hulle vervolg word.

Produsente kan dan ook vergoeding van die

onderneming eis vir skade wat gely is.

Die feit dat ‘n lot saad deur ‘n geregistreerde

onderneming verkoop word en/of daar ‘n

ontledingsverslag daarvoor beskikbaar is,

beteken egter nie dat daardie saadlot geser-

tifiseer is nie.

Sertifisering van saad behels ‘n volledige

kontrolesisteem vanaf die vrystelling van

die variëteit deur die teler daarvan tot en

met die uiteindelike beskikbaarstelling van

die saad aan die produsent. Dit geskied

oor verskeie generasies van vermeerde-

ring, wat gewoonlik tussen drie tot vier sei-

soene duur.

Gesertifiseerde saad

Gedurende elk van die onderskeie vermeer-

deringsfases word daar volledige kontrole

uitgevoer, deurdat elke eenheid vir produk-

sie van saad by SANSOR geregistreer word.

SANSOR kontroleer eers die oorsprong

en sertifiseerbaarheid van die ouersaad

van die betrokke variëteit voordat die

eenheid aanvaar word vir die produksie

van saad vir sertifisering.

Tydens die groeistadium word die plan-

te op vasgestelde groeistadiums deur

SANSOR-opgeleide en gemagtigde

inspekteurs ondersoek om onder an-

dere te bepaal of die plante aan die

voorgeskrewe minimumvereistes ten

opsigte van die variëteitsegtheid en

identiteit voldoen – dit sluit aspekte

in, soos die kontrolering van isolasie-

afstande, vorige gewasse, opslagplante

en aftipes.

Vir elke inspeksie wat uitgevoer word,

word daar verslag aan SANSOR gele-

wer, wat op hulle beurt dan die bevin-

ding op rekord plaas.

Die inspeksieproses word deurlopend

deur SANSOR sowel as beamptes van

die Departement van Landbou, Bosbou

en Visserye (DAFF) gemonitor.

Vir gesertifiseerde saad word ‘n blou

etiket gebruik met die landswapen en die

woorde SA gesertifiseerde saad: SANSOR

daarop gedruk. Elke houer word ook met ‘n

SANSOR-seël met ‘n unieke nommer

daarop, verseël. Die saad word dan deur

SANSOR-opgeleide en gemagtigde mon-

sternemers bemonster en deur ‘n gere-

gistreerde saadtoetslaboratorium ontleed

om die ontkieming en fisiese suiwerheid

van die saad te bepaal. ‘n Verdere monster

word ook deur die afdeling Variëteitskon-

trole van DAFF uitgeplant om dit met die

verwysingsmonster van die betrokke varië-

teit te vergelyk.

Indien die betrokke saadlot aan al die mini-

mumvereistes van die Saadsertifiseringske-

ma voldoen, insluitend dié vir variëteitsegt-

heid, sal SANSOR dan ‘n sertifikaat uitreik

om die sertifisering daarvan te bevestig.

Deur gesertifiseerde saad aan te koop:

Kan die produsent die gemoedsrus hê

dat die betrokke saadlot deur meer as

90 kontrolepunte gegaan het voordat dit

vir verkoop beskikbaar gestel is.

Dat die produksie van die saad deur ‘n

onafhanklike instansie gemonitor en ge-

kontroleer is.

Dat daar ‘n volledige produksiege-

skiedenis op rekord is.

Dat die betrokke saadlot voldoen aan

vasgestelde minimumvereistes.

Deur gesertifiseerde saad aan te plant, word

skaars hulpbronne optimaal benut deurdat

die beste moontlike saad gebruik word wat

die potensiaal het om die beste resultate

te lewer. Dit is riskant vir ‘n produsent om

nie gesertifiseerde saad aan te plant nie,

want indien daar iets verkeerd gaan, byvoor-

beeld swak ontkieming, het die produsent

geen verhaalsreg nie en sal die verlies self

gedra moet word.

Deur gesertifiseerde saad aan te plant, word skaars hulpbronne optimaal benut deurdat die

beste moontlike saad gebruik word wat die potensiaal het om die beste resultate te lewer.