Background Image
Previous Page  36 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 124 Next Page
Page Background

FOKUS

Spesiale

Maart 2015

34

Produk-inligting

Saad

Clearfield-tegnologie

– van nuweling tot staatmaker

N

á meer as sewe kommersiële plantseisoene agter die rug,

bly daar steeds ‘n persepsie by produsente vassteek dat

Clearfield

®

-sonneblombasters ‘n drastiese opbrengsagter-

stand toon.

Alhoewel Clearfield-opbrengsverskille wel sal voorkom na gelang

van maatskappy, kultivar en uiteindelik omgewingstoestande, is dit

egter veilig om daarop te roem dat die huidige vlak van hierdie teg-

nologie op gelyke voet is met hul konvensionele eweknieë.

Verder kan verskeie sonneblomtelers getuig dat die Clearfield-eien-

skap vandag in net die beste ouerlyne ingebou word vir die ontwik-

keling van nuwegenerasie Clearfield-basters. Die resultaat is dus dat

die nuwegenerasie Clearfield-basters ‘n drastiese opbrengsverho-

ging toon teenoor die eerstegenerasie-basters wat ontwikkel is as

hul voorgangers in hierdie onkruiddoderverdraagsame segment.

Die verskuiwing in die sonneblombedryf na Clearfield-basters is on-

omkeerbaar en toekomstige kultivarvrystellings sal toenemend as

‘n standaard toegerus wees met die CL-agtervoegsel. Die jaarlikse

toename in sonneblomhektare wat aan Clearfield-basters toegeken

word, is ‘n duidelike bevestiging van hierdie wending.

Toegang tot nuwegenerasie-kultivars bied ‘n tweeledige voordeel

aan sonneblomprodusente: Verbeterde onkruidbeheer in areas waar

sonneblomverbouing vroeër nie moontlik was nie, maar ook uiters

kompeterende opbrengste in konvensionele bewerkingspraktyke

waar laer onkruiddruk nie bespuitings noodsaak nie.

Die vrystellings- en registrasievereistes vir Clearfield-basters is iden-

ties aan konvensionele basters en slegs basters wat die beste stabi-

liteit, opbrengs en siektetoleransie toon, word kommersieel bemark.

Suksesvolle onkruidbeheer met Clearfield-tegnologie, is steeds

geskoei op die konsep van ‘n geïntegreerde bespuitingsprogram. Dit

impliseer dat ‘n vooropkomstoediening van ‘n grasdoder in konven-

sionele bewerkingstelsels steeds nodig sal wees, waarna die gekose

Clearfield chemiese produk aangewend sal word teen ongeveer

vierblaar-stadium.

In geenbewerkingstelsels sal ‘n voor-plant glifosaat skoonspuitaksie

steeds die norm wees, gevolg deur die stappe soos bo uiteengesit.

Soos met die aanwending van enige tegnologie, is rentmeesterskap

ook baie belangrik. Die gebruik van wisselbou en chemiese afwis-

seling met ander onkruiddodergroepe met verskillende werkswyses,

is nie net belangrik as teenvoeter vir onkruidweerstand nie, maar

verlaag ook toekomstige siektedruk.

Die wagperiode wat soms as ‘n beperking van die tegnologie voorge-

hou word, word maklik in opvolgmielieverbouing oorkom deurdat

slegs tien maande ná toediening nodig is voor mielies weer geplant

kan word op dieselfde grond. Graansorghum-onthoudingsperiodes

is slegs 16 weke ná toediening.

Syngenta bied ‘n unieke geïntegreerde gewasbestuursprogram aan

sonneblomprodusente. Bo-en behalwe kompeterende Clearfield-

genetika, bied Syngenta ook ‘n omvattende reeks onkruiddoders

waaronder die nuwe Imi-groep onkruidoder, Captora

®

, wat juis ge-

registreer is vir aanwending in Clearfield-produksiestelsels.

As laaste skakel in die geïntegreerde ketting, is Syngenta se nuwe-

generasie Clearfield-kultivars, standaard toegerus met Cruiser-

Maxx

®

saadbehandeling. SY 3970 CL het reeds uit ekstensiewe

navorsingsproewe sy staal gewys en spog boonop met bogemid-

delde siekteverdraagsaamheid en kompeterende opbrengsvlakke.

Eenvormige planthoogte vergemaklik die stroopproses, terwyl ‘n

goeie kophoek, voël- en sonbrandskade uitskakel. Uitstekende

selfvereenigbaarheid lewer goeie bestuiwing in selfs moeilike

omgewingstoestande.

Met die bewese prestasie van Syngenta se Clearfield-kultivarreeks,

is die wending na Clearfield-verbouingspraktyke se voordele en

sukses binne reikafstand.

Clearfield

®

is ‘n geregistreerde handelsmerk van BASF.

ANDRIES WESSELS,

portefeuljebestuurder: Sonneblom en mielies, Afrika en Midde-Ooste, Syngenta

Clearfield-opbrengsverskille mag wel voorkom na gelang van maat-

skappy, kultivar en uiteindelik omgewingstoestande. Dit is egter

veilig om daarop te roem dat die huidige vlak van hierdie tegnologie

op gelyke voet is met hul konvensionele eweknieë.