Background Image
Previous Page  24 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 124 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Spesiale

Maart 2015

22

Uitblinkers in die

Instituut se hawerteeltprogram

D

ie LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) se hawerkultivars was

weer eens die toppresteerders in die Wes-Kaap die afgelope

seisoen volgens data verkry vanaf die Nasionale Hawer-

kultivarevalueringsprogram. In die Rûens was die bekende

Towerberg die toppresteerder met ‘n opbrengs van 3,45 ton/ha, gevolg

deur Kompasberg met 3,28 ton/ha en Simonsberg met 3,06 ton/ha.

Drie nuwe lyne is ook geëvalueer, naamlik H13/07, H13/09 en H1310.

Dié inskrywings se opbrengste het gewissel vanaf 2,26 ton/ha tot

2,71 ton/ha. Hierdie lyne het uitstekende siekteweerstand asook

goeie opbrengs en hektolitermassas.

In die Swartland het die nuwe lyne baie goed gedoen. Kompasberg

was die voorloper met 5,25 ton/ha gevolg deur H13/10 met

4,52 ton/ha en dan H13/09 met 4,35 ton/ha. Simonsberg, Towerberg

en H13/07 het almal so ‘n rapsie oor die 4 ton/ha geproduseer.

Die hektolitermassadata is van ongesifte saad soos dit van die

proefpersele geoes is. In die Rûens was Towerberg die toppre-

steerder met 51,75 kg/hl, Kompasberg was tweede met 51,45 kg/hl

en H13/09 was derde met 51,25 kg/hl. In die Swartland het die

nuwe lyne heelwat beter as die bestaande kultivars gedoen. H13/10

het ‘n hektolitermassa van 50,35 kg/hl gehad en H13/09, 49,95 kg/hl;

Simonsberg was derde met 48,65 kg/hl. Die hawerseleksieprogram

van die LNR-KGI bestaan uit ingevoerde materiaal van verskeie

internasionale bronne. Materiaal word as segregerende materiaal

van F2 tot F5 asook suiwertelende materiaal ontvang. Hierdie

materiaal gaan deur verskeie fases van evaluering en word in die

Wes-Kaap, Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes Provinsie aangeplant.

Aanvanklik word die materiaal vir drie jaar as enkelrye geplant

om suiwer materiaal te genereer en dan later as persele en stroke

om opbrengs en agronomiese data te verkry. Die gesegregeerde

materiaal word dieselfde hanteer as enige vroeëgenerasiemateriaal

van ‘n kruisingsprojek. Spesifieke aandag word gegee aan siektever-

draagsaamheid/weerstand, omgewingsaanpasbaarheid, opbrengs

en hektolitermassa.

Ons is tans baie opgewonde oor die nuwe lyne wat deurkom en hoop

om binnekort weer ‘n nuwe hawerkultivar vry te stel.

Enige navrae kan gerig word aan Petrus Delport by

021 809 3552 of

delportp@arc.agric.za .

Produk-inligting

PETRUS DELPORT

(Stellenbosch) en

ANDRÉ MALAN

(Bethlehem), LNR-Kleingraaninstituut, ‘n Instituut van die LNR-Veldgewasdivisie

Grafiek 1: Opbrengs in die Rûens vir die 2014-seisoen.

Grafiek 3: Opbrengs in die Swartland vir die 2014-seisoen.

Grafiek 2: Hektoliterprestasie in die Rûens vir die 2014-seisoen.

Grafiek 4: Hektoliterprestasie in die Swartland vir die 2014-seisoen.

Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur befondsing van die Wintergraantrust.