Background Image
Previous Page  20 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 20 / 124 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Spesiale

Dowwe sonneblompitte

van die

afgelope seisoen

bly ‘n raaisel

D

ie 2013/2014-seisoen het almal verras. Sekere dele het die

welbekende midsomerdroogte ondervind, maar uiteinde-

lik het dit goed gereën. Sonneblom wat onder die droogte

deurgeloop het, het bykans sonder uitsondering goed

herstel en alles het baie belowend gelyk – tot met oestyd.

In baie gevalle was die opbrengs laer as wat verwag is. ‘n Groot deel

van die oënskynlike groot oes het as dowwe pitte op die land agter

die stroper oorgebly. Swak bestuiwing is aanvanklik as die skynbare

rede vir die dowwe pitte beskou.

Die probleem het wyd kop uitgesteek en enkele gevalle is in Limpopo

en die Vrystaat gesien, maar dit was meer opvallend en gelokali-

seerd in die Noordwes Provinsie, veral in die Delareyville-, Schweizer-

Reneke-, Migdol-produksiegebied. Aanvanklik is die vinger na sekere

kultivars gewys wat veral die probleem getoon het, maar later het

dit geblyk dat meer sonneblombasters van verskillende maatskap-

pye ook deurgeloop het. Ook is aanplantings met verskillende plant-

datums en ‘n variasie van produksie-omstandighede geraak.

Oorsaak

Dowwe pitte kom byna altyd by sonneblom voor, maar die hoeveel-

heid wissel van een geval na ‘n ander. Die literatuur noem dat tot

20% dowwe pitte nie ongewoon is nie, maar dit is gewoonlik nie

so opmerklik nie omdat die res van die pitte daarvoor kompenseer.

Die voorkoms van dowwe pitte gedurende die afgelope seisoen

was egter bogemiddeld in sekere produksie-areas, wat dit duidelik

maak dat die oorsake daarvan nagevors moet word. Dit is logies dat

een of ander gebeurtenis of omstandigheid gedurende die blom- en

graanvulperiode daartoe aanleiding moes gegee het.

Op die land kom die koppe normaal voor en is produsente nie altyd

van die probleem bewus nie. Sodra daar egter gestroop word, is dit

duidelik, maar om dan te probeer vasstel wat vroeër in die seisoen

gebeur het, is haas onmoontlik. Leidrade bestaan teen oestyd nie

meer nie. Tog kan daar na aangetekende navorsing gekyk word en

die moontlike oorsake van dowwe pitte minstens beredeneer of af-

gelei word.

Moontlike oorsake

Insekte

Insekte kan op twee wyses betrokke wees as moontlike oorsake vir

die probleem. Eerstens as ‘n moontlike plaag. Die Afrika bolwurm en

koolvalslandmeter (

looper

) kom jaarliks voor en word in baie gevalle

met insekdoders bestry. Dat hierdie insekte bydra tot die probleem

van dowwe pitte is onwaarskynlik, maar dit is tog iets wat nie buite

rekening gelaat moet word nie en toekomstige navorsing vereis.

Buisblomme op die kop wat nie bestuif nie gee gewoonlik aanleiding

tot dowwe pitte. Insekte en veral bye en stuifmeelkewers speel ‘n

belangrike rol as bestuiwers. Die gebruik van insekdoders kan die

bestuiwing en vrugvorming indirek beïnvloed as dit die bestuiwers

doodmaak of afweer.

Voor die koms van basters in die 1970’s, het insekte ‘n belangrike rol

in die bestuiwing van sonneblom gespeel. Moeite is dikwels gedoen

om korwe by sonneblomlande te plaas sodat bye die bestuiwings-

proses kon bevorder. Alhoewel moderne sonneblombasters selfver-

enigbaar is en dus self bestuif, speel insekte steeds ‘n klein rol in

kommersiële sonneblomlande.

Die afwesigheid van insekte en bestuiwing, of insekte as plaag as die

hoofoorsake van dowwe pitte die afgelope seisoen is dus onwaar-

skynlik, maar kennis moet daarvan geneem word en dit vereis ook

verdere navorsing deur entomoloë.

Siektes

Siektes kan plante voortydig laat afsterf en die opbrengs ernstig

benadeel. Houtskoolvrot het in die 2012/2013-seisoen skade aan

mielies onder stremmingstoestande veroorsaak. Hierdie siekte is ‘n

groter probleem by sonneblom as wat dit by mielies is, dus is daar

groot onsekerheid oor tot watter mate die oordrag-inokulum uit die

vorige seisoen se mielielande, die opvolgsonneblom beïnvloed het.

Siektes wat die stuifmeel vernietig of die bestuiwings- en bevrug-

tingsproses direk benadeel, is onbekend, maar dat dit die beskik-

baarheid van fotosintaat kan veroorsaak, is ‘n feit. Weer eens is dit

onwaarskynlik dat siektes hier ‘n hoofoorsaak was, maar dit verg

verdere navorsing en die evaluering van sonneblombasters vir

weerstand teen die siektes, soos onder andere houtskoolvrot, is

veral belangrik.

Boortekort

Boor is een van die noodsaaklike elemente by sonneblom, en te-

kortsimptome, soos nekbreek en misvormde koppe, bestuiwing en

ook vrugvorming, is bekend. ‘n Boorgebrek kan swak bestuiwing

en dowwe pitte tot gevolg hê aangesien die stuifmeel van plante

met ‘n boorgebrek se lewenskragtigheid laag is. Die stempel word

ook beïnvloed wat verder tot swak bestuiwing kan aanleiding gee.

In 1981 is in

Oliesade Nuus

berig dat sonneblom in sekere gevalle

vegetatief besonder goed gegroei het en hoë saadopbrengste ver-

wag is. As gevolg van ‘n boortekort was ‘n hoë persentasie van die

sade dof en uiterse swak saadopbrengste is behaal met ooreen-

stemmende groot finansiële verliese. Oesverliese as gevolg van ‘n

boortekort van meer as 60% is daardie betrokke seisoen in talle

produksiegebiede waargeneem.

Alle sonneblombasters is sensitief vir boortekorte, maar daar is

groot verskille in hul vermoë om boor op te neem. Die verskille ver-

klaar dan ook moontlik tot ‘n mate waarom die dowwepitverskyn-

sel meer by sekere basters as ander waargeneem is. Boortekort

kan egter nie alleen as hoofoorsaak beskou word nie, want dit het

gewoonlik ‘n interaksie met die heersende weersomstandighede.

Ernstige boorgebrekke is bekend tydens droogte, maar dit blyk

voorts dat dit ook onder besonder gunstige reën kan voorkom. In

die 1981-seisoen is daar spesifiek melding gemaak dat die gunstige

reën sterk vegetatiewe groei gestimuleer het, maar dat ‘n hoë

persentasie (50% - 80%) ongevulde saad voorgekom het.

ANDRÉ NEL,

LNR-Instituut vir Graangewasse

Maart 2015

18