Background Image
Previous Page  22 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 124 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Spesiale

Maart 2015

20

LNR-KGI registreer splinternuwe

droëlandkoringkultivar

S

hingwedzi is ‘n splinternuwe droëlandkoringkultivar wat

deur die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) geregistreer is

vir vrystelling in die somerreënvalstreek. Hierdie kultivar

volg kort op die hakke van Koonap en Senqu (albei in 2011)

en Kouga (2013).

Beskikbaarstelling van hoëpotensiaal, genetiese agtergronde

aan koringprodusente is een van die belangrike pilare waarop die

lewensvatbaarheid van koringverbouing rus. Gereelde vrystelling

van nuwe droëlandkultivars dui op ‘n gesonde program, nes die

destydse rekordafmetings van die Krugerwildtuin se olifanttande.

‘n Versameling van relevante genetiese agtergronde, die inbou

daarvan in koringlyne wat aangepas is vir die binneland en akkurate

seleksieprosedures lei tot gereelde kultivarvrystellings. Die nuwe

kultivar, Shingwedzi, styg ook op verskeie gebiede bokant die

gemiddelde standaarde uit en beloof om hoë opbrengste te lewer,

maar om ook enersyds hierdie goeie opbrengste met stabiele

kwaliteit aan te vul.

Graanopbrengs van Shingwedzi in

2012 en 2013

Met die vroeë aanplanting (tweede en derde week van Junie) in

2012 het Shingwedzi nie betekenisvol hoër opbrengs as enige van

die drie kommersiële kultivars gehad nie. Opbrengsresultate uit die

verskillende proeflokaliteite van die Oos-Vrystaat toon egter dat

Shingwedzi beter aangepas is vir hoëpotensiaalomgewings, soos

Clarens, Kransfontein en Meets. In die 2013-seisoen, gekenmerk

deur laat reëns vanaf November, verander die opbrengsprentjie

heeltemal. Shingwedzi se opbrengs in die vroeë aanplanting van

hierdie seisoen is betekenisvol hoër as Standaard D, betekenisvol

minder as Matlabas en dieselfde as Standaard C (

Grafiek 1

).

Die graanopbrengs van Shingwedzi in 2012 by ‘n laat plantdatum

(derde week van Julie) was betekenisvol hoër as Standaard D,

betekenisvol laer as Standaard E en dieselfde as Elands (kwali-

teitstandaard). In 2013 baat die meeste van die inskrywings by die

laat reën en die opbrengs van Shingwedzi is net betekenisvol hoër

as Elands. In die Wes-Vrystaat in die 2012-koringseisoen, verskil die

opbrengs van geeneen van die inskrywings in die April-aanplanting

betekenisvol van mekaar nie. Tydens die marginale groeitoestande

van 2013 was die opbrengs van Shingwedzi dieselfde as Elands,

maar betekenisvol laer as Matlabas en Standaard B. Dit ondersteun

die waarneming dat Shingwedzi beter aangepas blyk te wees vir

hoëpotensiaaltoestande (Grafiek 1).

Maal- en bakkwaliteit van Shingwedzi in

2012 en 2013

Maal- en bakkwaliteit (

Foto 2

), soos gedefinieer deur hektoliter-

massa, valgetal, proteïeninhoud en broodvolume, bepaal die mark-

aanwending van ‘n kultivar. Hierdie eienskappe is ook belangrik

omdat dit die finale prys vasstel waarvolgens ‘n koringprodusent

vergoeding vir sy oes ontvang.

Daar word algemeen aanvaar dat koring met goeie opbrengs

dikwels inboet op maal- en bakkwaliteit. Dit is dus verblydend dat

die kwaliteit van Shingwedzi in 2012 en 2013 gelykstaande is aan of

beter presteer as Elands (wat die kwaliteitstandaard vir droë-

landkoring in die somerreënvalstreek is) – Grafiek 1.

Broodvolume van Shingwedzi in die 2011-seisoen was laer as dié

van Elands, maar kan toegeskryf word aan die hoë proteïeninhoud

daarvan in hierdie seisoen (

Tabel 1

). Terugvoer vanaf die Suider-

Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) oor die maal- en bakeien-

skappe van Shingwedzi aan die einde van die evalueringstydperk

(2011 tot 2013), was:

Die hoë proteïeninhoud van Shingwedzi in sekere seisoene mag

lei tot lae broodvolumes;

Hektolitermassa, meelopbrengs en proteïeninhoud is oor die

algemeen beter as dié van Elands; en

Die mengtyd en waterabsorpsie van Shingwedzi is aanvaarbaar.

Die boek

Increasing yield potential in wheat: Breaking the barriers

maak ‘n belangrike stelling: “

Yield is the primary objective. Despite

ROBBIE LINDEQUE,

LNR-Kleingraaninstituut, ‘n Instituut van die LNR-Veldgewasdivisie

Produk-inligting

Grafiek 1: Graanopbrengs van Shingwedzi oor planttyd en produksiegebiede.