Background Image
Previous Page  23 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 23 / 124 Next Page
Page Background

21

March 2015

a new cultivar’s improvements, including quality capable of

attracting premiums, producers will not grow it unless they expect

it to yield well on their farms

”. Al is hierdie stelling hoe waar,

speel kwaliteitseienskappe en weerstand teen peste en plae ‘n

groot rol in die langtermynbehoud van kommersiële koringeen-

hede en nasionale voedselsekerheid.

Agronomiese kenmerke van Shingwedzi

In die verbouing van droëlandkoring in die somerreënvalstreek

is sekere planteienskappe baie belangrik vir die toepassing van

noodsaaklike produksiepraktyke in ‘n streek.

Koleoptiellengte van Shingwedzi is goed (tussen 80 mm tot

85 mm) met 100% ontkieming. Hierdie eienskappe maak dieper

plant moontlik in seisoene waarin grondvog skraps is. Goeie ont-

kieming en lang koleoptiele help ook om saailinge vinnig bokant

die grondoppervlak uit te kry en verhoed saailingmortaliteite in

sandgronde wat neig om te waai (

Foto 3

).

Die uitloopweerstand van Shingwedzi is uitstekend, met ‘n waar-

de van 2,3. Uitloopweerstand verseker die kwaliteitsgraad van ‘n oes

ten spyte van ‘n nat oesperiode en by vatbare kultivars kan verlaging

van valgetal reeds onder nat toestande voorkom al is nog geen

uitloopskade met die oog sigbaar nie (

Foto 4

).

Toleransie teen aluminiumtoksisiteit dra verseker by tot hoër

opbrengste op gronde met ‘n lae pH, maar vervang geensins

‘n bekalkingsprogram nie. Shingwedzi beskik nie soos Koonap

oor toleransie teen aluminiumtoksisiteit nie. Dit kan dalk deels

verantwoordelik wees vir die nuwe kultivar se voorkeur vir hoë-

potensiaaltoestande.

Voorkoms van geelroes

(Foto 5

) en Russiese koringluis op droë-

landkoring is sporadies, maar kan in gunstige seisoene tot ern-

stige oesverliese lei. Voorlopige geelroesevaluerings is deur die

LNR-KGI op Kransfontein (2012) en die Universiteit van die Vrystaat

by Greytown (2013) gedoen.

Daarvolgens wil dit voorkom asof Shingwedzi oor poligeniese

weerstand beskik, aangesien dit vatbaar was in saailingstadium

(enkelgeenweerstand), maar wissel tussen vatbaar en weerstand

in die volwasse plantstadium oor 2012 en 2013. Hierdie variasie in

die geelroesreaksiestatus van Shingwedzi is waarskynlik as gevolg

van variasie in siektedruk tussen toetslokaliteite oor die twee jare.

Shingwedzi kom vatbaar voor teenoor Russiese koringluis.

Presies wat die omvang van Shingwedzi se waarde en sy impak

op die koringbedryf gaan wees, gaan alleenlik bereken kan word

sodra saad van Shingwedzi kommersieel beskikbaar is en deur

saaiprodusente uitgetoets word.

Hierdie nuwe kultivar beloof egter om net soos sy voorlopers ‘n

belangrike rol in koringverbouing te vervul. Basissaad word tans

genoegsaam vermeerder waarna ‘n saadbemarkingskontrak toe-

geken sal word sodat Shingwedzi sy staal kan wys.

Produsente behoort saad van hierdie kultivar

beskikbaar te hê teen 2016 indien kommersialisering

volstoom verloop.

Betekenis van Shingwedzi

Die Tsonga woord “shingwedzi” beteken plek van ys-

terklip en verwys na die ysterklipformasies wat alge-

meen in die noorde van die Krugerwildtuin voorkom.

Dit is die naam van die rivier wat deur die streek vloei,

maar ook een van die legendariese

magnificent seven

olifantbulle wat in die sewentigs en tagtigs hier voorge-

kom het. Die sewe bulle was merkwaardig deurdat

beide ivoortande van elkeen meer as 50 kg per tand geweeg het. Die Nasionale

Parkeraad het die rekords van hierdie sewe bulle as toonbeelde gebruik om die

effektiwiteit van hul natuurbewaringspraktyke te beklemtoon.

Maak seker jy kry

joune

Wees op die uitkyk vir die nuwe pro-

duksiehandleiding wat vroeg in 2015

verskyn en inligting van al die droë-

land- en besproeiingskultivars bevat.

Andersins is jy baie welkom om vir

mnr Robbie Lindeque te skakel by

082 563 1553 of 058 307 3439.

KWALITEITSPARAMETER

EVALUERINGSJAAR

2011

2012

2013

ELANDS SHINGWEDZI

ELANDS SHINGWEDZI

ELANDS SHINGWEDZI

Hektolitermassa (kg per hl)

(afsnypunt vir Gr 1 is 77 kg/hl)

79,0

79,4

80,8

81,4

80,0

80,6

Valgetal (sekondes)

(afsnypunt vir Gr 1, 2 en 3 is 220 sek)

385

379

343

412

298

339

Proteïeninhoud (%)

(afsnypunt vir Gr 1 is 12%)

12,4

13,4

12,2

12,6

12,9

12,3

Broodvolume (cm

3

)

(± 10% variasie met

kwaliteitstandaard toegelaat)

929

797

963

920

894

926

TABEL 1: GRAAN- EN BAKKWALITEITE VAN SHINGWEDZI.

1: Shingwedzi toon beter aanpassing vir hoëpotensiaal-

toestande.

2: Maal- en bakkwaliteit, soos gedefinieer deur hektoliter-

massa, valgetal, proteïeninhoud en broodvolume, bepaal

die markaanwending van ‘n kultivar.

3: Goeie ontkieming en lang koleoptiele help ook om

saailinge vinnig bokant die grondoppervlak uit te kry.

4: Die uitloopweerstand van Shingwedzi is uitstekend.

5: Voorlopige geelroesevaluerings is gedoen. Daarvolgens

wil dit voorkom asof Shingwedzi oor poligeniese weer-

stand beskik aangesien dit vatbaar was in saailingstadium

(enkelgeenweerstand), maar wissel tussen vatbaar en

weerstand in die volwasse plantstadium.

1

2

4

5

3