Background Image
Previous Page  27 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 124 Next Page
Page Background

Toppresteerders

in elke kategorie

B

y Pannar is risikobestuur en vol-

houbare boerdery vir ons baie

belangrik. Daarom word al ons

produkte aan ‘n deeglike toetspro-

gram onderwerp voor ons enige kultivar be-

gin bemark. Aspekte soos goeie prestasie,

stabiliteit oor seisoene en gebiedsaanpas-

baarheid is belangrike fasette waaraan ons

aandag gee.

Die vrugte van hierdie program word in die

Pannar gewaspakket se prestasie in die LNR

Nasionale Kultivarevalueringsproewe weer-

spieël. Ons is trots om in al die gewaskate-

gorieë ‘n eerste plek te kon behaal:

Ultravinnige-basters onder besproei-

ing:

Warm gebiede; agt uit top tien (top

drie basters)

Koel/matige gebiede; nege uit top tien

(top nege basters)

Droëland oostelike produksiestreek:

Geelbasters; vier uit top tien (top twee

basters)

Witbasters; vyf uit top tien (top baster)

Droëland westelike produksiestreek:

Geelbasters; vyf uit top tien (eerste

posisie)

Witbasters; vier uit top tien (top twee

basters)

Sonneblom:

Ses uit top tien (top vier basters)

Sojabone:

Vier jaar die topposisie

Droëbone:

Rooigespikkelde bone; vyf uit top tien

(eerste posisie)

Klein, wit inmaakbone; toppresteerder

Nuwe witmieliebasters

PAN 4A-111, PAN 4R-511R en PAN 4B-311B:

Dié vinnige pakket is ‘n uitstekende keuse

vir al die oostelike produksiegebiede, in-

sluitend die Noordoos-Vrystaat. Uitste-

kende prestasie in die misbeltgedeeltes.

Die pakket word onder besproeiing vir al

die produksiegebiede aanbeveel. Hierdie

basters beskik oor goeie algemene siekte-

toleransie, staanvermoë, graankwaliteit en

skepelmassa. Bestuur hierdie basters soos

die ultravinnige geelpakketbasters en pas

die Yieldboost™-swamdoderspuitprogram

toe vir die beste resultate. PAN 6R-665R en

PAN 6R-845CBGT: Dié glifosaat-tolerante

en stapelgeenbasters is soortgelyk aan

PAN 6Q-445B – wat die toppresteerder vir

vyf jaar in die nasionale proewe was.

Hulle pas in die mediumgroeiklas en beskik

oor ‘n baie goeie stabiliteit en kompen-

sasievermoë onder verskillende produksie-

toestande. Die basters droog relatief vinnig

af en beskik oor goeie staanvermoë en is

sterk meerkoppig. Hulle word as deel van

die hoofaanplanting vir die hele Hoëveld-

produksiegebied asook vir KwaZulu-Natal

se noordelike gematigde en vir die misbelt-

gedeeltes aanbeveel. Hierdie basters beskik

oor goeie Diplodia kopvrot- en grysblaar-

vlek-toleransie.

Nuwe geelmieliebasters

PAN 4R-576R en PAN 4R-776BR: Dié gli-

fosaat-tolerante en stapelgeenbasters pas

in die vinnige groeiklas. Hulle word vir

die Noordoos-Vrystaat en aanvullend in die

oostelike produksiestreke aanbeveel. Die

basters is meerkoppig en droog vinnig af.

Die Yieldboost-swamdoderspuitprogram

word aanbeveel vir optimale produksie.

PAN 6R-680R: Hierdiemediumgroeiseisoen-

baster met glifosaat-onkruiddodertoleran-

sie lewer uitstekende, stabiele prestasie

oor al die droëlandproduksiestreke. Dit is ‘n

uitstekende keuse vir kuilvoerproduksie en

ook waar ‘n enkele oes onder besproeiing

of aanvullende besproeiing verbou word.

Dit is belangrik om die reeks medium-

basters teen die aanbevole plantestand

vir die betrokke produksiestreek aan te

plant om die gewenste resultate te verkry.

Dié baster het goeie toleransie teen kop-

vrot. ‘n Goeie keuse waar hoë onkruiddruk

ondervind word asook as toevlugsoord vir

PAN 6R-880CBGT.

PAN 6R-880CBGT: Hierdie stapelgeenbas-

ter in die mediumgroeiklas bied die voor-

deel van stronkboorderbeskerming en

toleransie teen glifosaat-onkruiddoder. Dit

is soortgelyk aan die PAN 6Q-408CB en

PAN 6R-680R en is goed aangepas vir al

die produksiestreke.

Nuwe sojaboonkultivars

Die maatskappy het toegang tot die beste

kommersiële sojaboonkultivars en pre-kom-

mersiële lyne van regoor die wêreld asook

plaaslik ontwikkelde lyne. Pannar se beleid

is om die beste moontlike kultivars in die

Suid-Afrikaanse mark vry te stel, ongeag

van waar hulle afkomstig is.

Vir die afgelope vier jaar en weer in 2014,

het Pannar se kultivars die topposisie in al

en oor al die streke heen behaal. Die maat-

skappy se veelsydige pakket van verskil-

lende groeiseisoenklasse bied die optimale

kultivar vir elke plantdatum in al die produk-

siegebiede.

PAN 1500R: ‘n Opwindende nuwe kultivar

wat deeglik getoets is. Dit is wyd aangepas

en die kultivar in ons reeks met die beste

opbrengsstabiliteitsindeks, alhoewel dit nie

die toppresteerder in enige van die produk-

siestreke was nie.

PEET VAN DER WALT,

advertensiebestuurder, Pannar Saad

FOKUS

Saad

Spesiale

Produk-inligting

25

March 2015