Background Image
Previous Page  29 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 124 Next Page
Page Background

Dit beskik oor ‘n onbepaalde groeiwyse met

‘n baie kompakte planttipe en sy staanver-

moë is beter as dié van sy spanmaats.

In hoëplantestandproewe staan hy soos

‘n paal. Dit is voordelig waar die maksi-

mumplantestand aangeplant word vir ‘n

hoë-opbrengspotensiaal. Sy regop groei-

wyse is bevorderlik in nouer rye sowel as

die tradisionele 0,91 m rye. Hierdie 5,7

groeiklaskultivar is baie geskik vir die

gematigde sowel as die koel produksie-

gebiede, uitgesluit KwaZulu-Natal. Die on-

bepaalde groeiwyse maak die kultivar

geskik om te presteer as daar laat geplant

word en dit is ‘n goeie keuse vir die wes-

telike hoëpotensiaalgebiede. Die kultivar

toon potensiaal onder besproeiing as dit

in ‘n pakket saam met die ou staatmaker

PAN 1583R geplant word.

PAN 1614R: ‘n Baie aantreklike kultivar wat

sterk vegetatiewe groei toon met goeie

staanvermoë en goeie opbrengsstabiliteit

by hoë opbrengspotensiale. Dit herinner

baie aan PAN 1666R, net met baie meer

oemf

en word bestem om een van die groot

kultivars in die mark te word.

Dit is ‘n beter keuse onder besproeiing in

die warm gebiede. Dit kan in alle produk-

siegebiede geplant word en met sy regop

groeiwyse is die kultivar vir alle rywydtes

aangepas. Die 6,4 groeiklaskultivar met ‘n

later blomdatum, sal presteer by laat sowel

as vroeë plantdatums. Dit droog eenvormig

af en stroop maklik. Sy sterk en diep wortel-

stelsel maak die kultivar geskik om goed in

die westelike watertafelgrond te presteer.

Ons verwag groot dinge van hierdie kultivar.

PAN 1729R: Dit is ‘n laat kultivar en een van

die min 7,3 groeiklaskultivars in die mark.

Die langer groeiklas saam met uitstekende

bewese droogteverdraagsaamheid, maak

PAN 1729R een van die kultivars wat elke

produsent in die harde westelike produk-

siegebiede moet plant. Dit bly langer groen

en behou sy kapasiteit om te fotosinteer lank

nadat ander kommersiële variëteite as ge-

volg van hitte- en droogtestres ingegee het.

Dié kultivar is geskik vir die warm en matige

produksiegebiede en ook in KwaZulu-Natal.

Tydens ‘n wortelontwikkelingsondersoek

in Bothaville was die kultivar een van min

waarvan die wortels dieper as die 1,2 m

profielgat afwaarts gegroei het. Dit is baie

kompeterend by opbrengste in die omge-

wing van 1,5 ton/ha.

In ag genome die nasionale gemiddelde

opbrengs van 1,87 ton/ha is daar duisende

hektaar waar hierdie kultivar die aangewese

keuse behoort te wees. Dié eienskappe van

hierdie kultivar gaan baie stabiliteit in so-

jaboonproduksie in veral die Wes-Vrystaat

teweegbring.

Nuwe sonneblombasters

Die Pannar sonneblombasterpakket pre-

steer goed in al die produksiestreke van

Suid-Afrika en kan met uiterse gemoedsrus

en vertroue aangeplant word met die wete

dat die beste tegnologie in hierdie basters

opgesluit lê.

Konvensionele sonneblom-

basters

PAN 7098: Dit is ‘n konvensionele drie-

rigtingbaster met baie goeie opbrengs-

potensiaal. Die baster bevat die geen vir

toleransie teen die huidige rasse van bruin-

roes. PAN 7098 was onder die top vier

basters in die LNR se 2013/2014-proewe.

Dit is ‘n baster wat met sukses verbou kan

word in die hoof-sonneblomstreke. Dit is

vergelykbaar met PAN 7057 en sodoende

‘n volseisoenbaster. Dit beskik oor baie

goeie stabiliteit en is een van die min drie-

rigtingbasters wat goed kompeteer met die

en kelkruisbasters.

PAN 7100: Dit was onder die top vier basters

in die LNR-proewe van 2013/2014 en is

een van dié uitsonderlike stabiele basters.

Dit bevat ‘n bogemiddelde olie-inhoud in

vergelyking met die meeste ander basters

en beskik oor toleransie teen al die huidige

bruinroesrasse. Hierdie volseisoenbaster

bevat elemente van beide PAN 7049 en

PAN 7050. Dit word vir al die sonneblom-

produksiegebiede aanbeveel en is soos

PAN 7098, een van die min drierigting-

basters wat kompeteer met enkelkruise,

maar ook uitstekende stabiliteit na die

tafel bring.

Clearfield-produksie-

sisteem

Pannar se reeks basters met die Clearfield

®

-

geen kompeteer kop aan kop met die

konvensionele staatmakers om ‘n totale

nuwe konsep in wisselbou daar te stel. Die

Clearfield-produksiesisteem is ‘n werkbare

ekonomiese alternatief. Die Eurolightning

®

-

onkruiddoder (L8436, aktiewe bestanddeel:

Imasapir en Imasamoks) bied doeltreffende

na-opkomsbeheer van ‘n breëspektrum

gras- en breëblaaronkruide.

PAN 7102CLP: Dit is een van die eerste

Pannar basters wat met die Clearfield Plus-

geen in Suid-Afrika vrygestel is. Hierdie

enkelkruisbaster is effens vinniger tot by

blom en is soortgelyk aan PAN 7049. In

vergelyking met soortgelyke Clearfield-

basters, hou die Clearfield Plus-geen die

belofte in van beter opbrengspotensiaal,

hoër olie-inhoud asook verbeterde onkruid-

beheer (met die gebruik van Eurolight-

ning Plus).

Die nuwegenerasie Pannar-basters met die

Clearfield- en Clearfield Plus-gene vergelyk

baie gunstig en in baie gevalle selfs beter

as die konvensionele groep. PAN 7102CLP

is wyd aangepas en is veral van toepas-

sing op lande met onkruidprobleme asook

geenbewerkingslande. Hierdie baster bevat

ook toleransie teen alle huidige rasse van

bruinroes. PAN 7102CLP is een van die

basters met die hoogste stabiliteit oor ver-

skeie opbrengspotensiale volgens die LNR

se 2013/2014-proewe.

PAN 7117CLP: Hierdie volseisoenbaster

met die Clearfield Plus-geen beskik oor

uitstekende opbrengspotensiaal. Hy pre-

steer goed in alle produksiegebiede en het

noemenswaardige hoër olie-opbrengste

as soortgelyke basters gelewer. Dié tipe

baster is geneig om meer stabiel te wees as

gevolg van die ekstra lyne wat betrokke is.

PAN 7160CLP: Hierdie is ‘n drierigtingbaster

wat die Clearfield Plus-geen bevat. Dit is

gebaseer op die PAN 7100-resep en bevat

elemente van die wennerbaster PAN 7049

en PAN 7050. Die baster lewer hoër olie-

opbrengste as die norm en bevat die gene

vir weerstand teen huidige rasse van bruin-

roes. Soos PAN 7102CLP en PAN 7117CLP,

kan dit met sukses gebruik word in lande

met onkruidprobleme.

27

March 2015

Toppresteerders

in elke kategorie

FOKUS

Saad

Spesiale