Background Image
Previous Page  21 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 124 Next Page
Page Background

Die beskikbaarheid van boor onder sekere toestande en die boor-

behoefte van moderne kommersiële sonneblombasters verg drin-

gende verdere navorsing om die interaksies beter te verstaan en

probleme in die toekoms te kan voorkom.

Fotosintaatvoorsiening

Die produk van fotosintese word kortweg fotosintaat genoem en

bestaan uit suikers wat na die verskillende dele van die plant ver-

sprei word. Tydens graanvulling vloei van die fotosintaat na die son-

neblomkop en word dit deur biochemiese prosesse tot olie, proteïen

en ander bestanddele omgeskakel om die kern van die pit te vul.

Onvoldoende voorsiening van fotosintaat is ‘n baie bekende oorsaak

van swak gevulde en dowwe pitte. In so ‘n geval is swak bestuiwing

nie die oorsaak van dowwe pitte nie. Wat kenmerkend is van ‘n ge-

brek aan fotosintaat, is dat die dowwe pitte hoofsaaklik in die middel

van die kop voorkom om ‘n dowwe kol te vorm.

Navorsing het getoon dat sonneblom wat onder skadunet gekweek

word, se dowwepitgetal baie kan toeneem teenoor sonneblom wat

in volle sonlig groei, veral as dit in die graanvulperiode plaasvind.

Beperkte sonlig as gevolg van bewolkte weer, is een moontlike oor-

saak vir dowwe pitte.

Alles dui daarop dat sonneblom oor die algemeen ‘n baie hoë sonlig-

behoefte het, veral in die blom- en graanvul-groeistadia. Wêreldwyd

word dit in semi-ariede klimaatstreke verbou wat deur baie sonskyn

en beperkte reënval gekenmerk word.

Die afgelope seisoen het relatiewe lang, nat, bewolkte periodes in

die geaffekteerde areas voorgekom, wat moontlik langer geduur of

‘n bepaalde intensiteit oortref het as wat gewoonlik die geval is. Dié

buitengewone humiede, bewolkte weer het waarskynlik ‘n groot rol

in die dowwepitverskynsel gespeel.

Slotsom

Uit al die bogenoemde is dit duidelik dat die dowwepitverskynsel

wat die afgelope seisoen in sekere areas waargeneem is, ‘n kom-

plekse probleem is wat nie bloot net aan ‘n enkele faktor toegeskryf

kan word nie.

Dit dui eerder op ‘n sameloop van omstandighede in die onvoor-

spelbare natuur. Dit is noodsaaklik dat die saak uitgepluis moet

word, want dit is slegs met voldoende insig in ‘n probleem, dat sin-

volle oplossings gevind kan word.

Weer eens bevestig dit ook die belangrikheid van

voortgesette landbounavorsing op verskeie van hier-

die fokusareas in ‘n gewas soos sonneblom, wat so

belangrik is in die Suid-Afrikaanse gewasverbouing-

stelsel.

‘n Groot deel van die oënskynlike groot oes het as dowwe

pitte op die land agter die stroper oorgebly.

Op die land kom die koppe normaal voor en is produsente nie altyd van die probleem van dowwe sonneblompitte bewus nie.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

19

March 2015