Background Image
Previous Page  69 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 84 Next Page
Page Background

67

June 2017

Grafiek 2: Gemiddelde droëmateriaalopbrengs van gewasse in die 2014/2015-seisoen.

te meet, invloed van gewasse op grondwater te meet en die

moontlike invloed daarvan op opvolgaanplantings te korreleer,

die wisselbou-effek van gewasse op mekaar te ondersoek en

ook te kyk na moontlike N-mineralisering/immobilisering.

In geheel gesien was 2013/2014-seisoen ‘n besondere goeie seisoen

wat reënval betref en die meeste van die gewasse het goed presteer.

Die volgende lesse is in hierdie seisoen geleer:

Babala se klein sade is te diep geplant en opkoms was swak.

Groot sade soos fluweelboon veroorsaak probleme en kan nie

met gewone planterplate gevestig word nie.

Residuele onkruiddoder (atrasien) lei tot swak opkoms van

sonneblom, fluweelbone en lablab, maar akkerbone wys geen

skade nie.

Bagradabesie op radyse is ‘n probleem.

Nagmuise is ‘n ernstige probleem indien dekgewasse nie bewei

word nie – veral op sonneblom.

Onkruidbeheer is belangrik en dekgewasse moet op ‘n skoon

saadbed geplant word.

Mengsels vaar oor die algemeen goed en kan moontlik bio-

logiese tyd spaar.

Kleingrane soos rog, korog en swart hawer moet liefs in ‘n sag-

tedeegstadium gerol of met ‘n chemiese onkruiddoder gespuit

word om groei te stop. Opslag raak ‘n probleem indien Roundup

Ready-mielies nie geplant word nie.

Die 2014/2015-plantseisoen was baie droog met ‘n effektiewe reën-

val van ongeveer 350 mm. Laat aanplantings van mielies het beter

gevaar as die mielies wat vroeg geplant was. Nagmuisskade na

veral peulgewasse rig groot skade op veral sonneblomaanplantings

aan. Persele waar groot hoeveelheid reste voorkom, byvoorbeeld

op graansorghum, word relatief min skade opgemerk.

Grafiek 1

wys die reste op die grondoppervlakte na ‘n besondere

goeie reënseisoen. Sonneblom en soja se oesreste vergaan vinnig

en hulle voldoen nie aan die 30%-bedekking wat vir bewaringsland-

bou geld nie. Rog se oesresbedekking is ook onder 30%, maar dit

kan as gevolg van swak opkoms wees. Normaalweg produseer rog

reste wat ‘n hoë C:N-verhouding het en moeilik afgebreek word.

Grafiek 2

wys die gemiddelde opbrengste van gewasse in

2014/2015-seisoen. Indien mielies se totale biomassa-opbrengs as ‘n

voorbeeld geneem word om die vorige plantseisoenopbrengste mee

te vergelyk, sien ons dat dit ongeveer 80% laer is.

Nogtans vaar die somergrasse babala en voersorghum goed met

die somerpeulgewasse soos fluweelbone, akkerbone en lablab

wat ook besonder goed in die lae reënvaltoestande doen. Van die

wintergewasse is dit veral hawer en korog wat goed vaar met al die

behandelings.

Foto 2

van die proef, geneem op 16 Februarie 2015, wys die uit-

werking van die droogte baie duidelik uit. Sommige van die

persele was besig om te verdor tydens bestuiwing. Tydens die

2015/2016-plantseisoen was daar baie min reën gedurende Desem-

ber 2015 en die siftingsproef is eers in middel Januarie gevestig.

1: Die uitleg van die proef op Ottosdal.

1