63
June 2017
Plante moet daarom met sistemiese insekdoders behandel word,
sodat hulle kan vrek voordat effektiewe voeding lank genoeg kon
plaasvind.
Saadbehandeling om kwesbare plantjies te beskerm kan wel van
waarde wees, maar onder besproeiingstoetstande is hierdie be-
handeling gewoonlik slegs vir ses weke doeltreffend, waarna ‘n
opvolgbespuiting met ‘n insekbeheermiddel onder bepaalde om-
standighede nodig sal wees.
‘n Vooraf-vasgestelde bespuitingsprogram is nog ‘n opsie wat
reeds deur produsente in besproeiingsgebiede gebruik word. Waak
egter teen te veel bespuitings of bespuitings teen laer as die aan-
bevole dosis, aangesien dit geen bykomende beskerming bied nie,
terwyl dit produksiekoste opjaag en die moontlikheid van die opbou
van weerstand teen insekdoders in die plantluis kan bevorder.
Vooraf waarsku
Nog ‘n opsie is om te weet wanneer die plantluise in die land invlieg
en dan op te tree. Die enigste manier om dit te doen, is deur van
insekvalle gebruik te maak. Plantluise migreer tussen gebiede op ‘n
hoogte van 12 m en hoër.
Die Britte het baie jare gelede ‘n suigval ontwerp wat plantluise oor
‘n groot area kan versamel. Die val is 12 m hoog en monitor dus
migrerende plantluise. Hierdie val is juis ontwerp om produsente
vooraf te waarsku sodat hulle tydig kan optree.
Daarom het LNR-Kleingraan in 2013 vier van hierdie suigvalle in
probleembesproeiingsgebiede opgestel en is tans besig (saam met
die Universiteit van Pretoria) om die plantluisgetalle op ‘n weeklikse
basis te monitor. Aangesien Aartappels SA in 2006 met dieselfde tipe
valle luise begin moniteer het en omdat beide gewasse in dieselfde
areas verbou word, het ons besluit om ‘n netwerk van valle te vorm
waarin ons die inligting met mekaar kan deel.
Die valle wat vir koringluismonitering opgerig is, is op Winterton
(
Foto 5
), Brits en Groblersdal, terwyl die vierde gedurende Mei
vanjaar na Cookhouse in die Oos-Kaap verskuif is. Plantluise word
op ‘n weeklikse basis ontvang en ons streef daarna om gedurende
die produksieseisoen dit op ‘n weeklikse basis op LNR-Kleingraan
se webtuiste beskikbaar te stel sodat produsente op hoogte daar-
van kan bly en dienooreenkomstig kan optree.
Indien die potensiële vektorgetalle byvoorbeeld aan die begin van
die seisoen uitermate hoog is, is dit ‘n aanduiding dat daar opge-
tree moet word. Dit het byvoorbeeld gedurende 2016 in die Brits-
omgewing gebeur (
Grafiek 1
) en produsente is gewaarsku dat hulle
daarop bedag moet wees. Daar is egter nog verdere navorsing
nodig om die inligting te verfyn sodat die produsente effektief
gewaarsku kan word.
Die inligting oor die koring-suigvalle se luisgetalle word gereeld
op die volgende skakel opgedateer
http://www.arc.agric.za/arc-sgi/Pages/2017-Aphid-numbers.aspx
, terwyl wyer inligting op die
webtuiste
www.aphidmonitoring.co.zaverkry kan word.
Vir verdere inligting oor die gars geel dwergvirus en
luisgetalle kontak dr Goddy Prinsloo by
prinsloogj@
arc.agric.za
of 082 875 3401.
Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur finansiële ondersteuning van die Wintergraantrust en die LNR.
Plantluise en virusoordrag op koring
Dit dui op moontlike weerstand in hierdie populasies omdat die
larwes wat aan die enkelgeen Bt gevreet het, net so “fiks” en gesond
was soos die larwes wat aan die nie-Bt-mielies gevreet het. Dit is
ook duidelik dat die larvale oorlewing en massa tussen die ver-
skillende stamboorderpopulasies varieer.
Geen larwes wat aan die dubbelgeen Bt-mielies gevreet het, het
teen dag 19 oorleef nie (Grafiek 1c). Die Vaalharts 2014-populasie
(donker blou lyn) het op dag 15 die hoogste persentasie oorlewing
(0,8%) getoon, met ‘n oorlewingspersentasie van 0,4% by die Botha-
ville-, Douglas- en Grootpan-populasies.
Al is die oorlewingsyfer van die larwes baie laag, is daar tog kommer
dat die larwes wel in staat was om langer te oorleef as dié wat
net tussen agt tot tien dae tydens soortgelyke studies wat in 2010
gedoen is, oorleef het.
Daar was geen noemenswaardige gewigstoename by die larwes
wat aan die dubbelgeen Bt-mielies gevreet het nie (Grafiek 1d).
Hierdie data van plaagweerstandvlakke kan ook in ander Afrika-lande
waar Bt-mielies moontlik nog bekend gestel kan word, gebruik word.
Daar is verskeie redes wat aangevoer kan word oor waarom die
stamboorder weerstand opbou, maar uit hierdie studie blyk dit
duidelik dat dit van kardinale belang is om die nie-Bt-toevlugsoord
te plant en om nog steeds Bt-mielielande te monitor vir moontlike
stamboorderoorlewing.
Deur hierdie tipe studies te doen en stamboorderpopulasies voort-
durend te monitor en evalueer, word die Bt-tegnologie se lewens-
duur so lank as moontlik behou. Dit is ook belangrik om die
stamboorderpopulasies oor tyd te monitor sodat
weerstand betyds opgetel word en daar alternatiewe
opsies in plek gestel kan word.
1: Die Afrika-stamboorderlarwe.
2: ‘n Diapouse larwe gedurende die winterseisoen.
1
2