62
‘
n Oorsig van stamboorderpopulasies
se weerstandsvlakke teen enkel- en
dubbelgeen Bt-mielies
G
eneties gemanipuleerde Bt-gewasse met insekdodende
eienskappe is ‘n belangrik komponent vir die beheer van
insekplae. Deur Bt-gewasse te plant, kan die gebruik van
chemiese insekdoders verminder word. As die insekte
egter weerstand teen ‘n Bt-gewas opbou, kan hierdie voordeel ver-
lore gaan.
Met die eerste kommersiële aanplanting van Bt-mielies was daar
reeds kommer dat teikenplae soos die Afrika-mieliestamboorder
(
Busseola fusca
) (
Foto 1
), moontlik weerstand teen hierdie tegnolo-
gie kon opbou.
Die eerste Bt-weerstand is gedurende 2006 in die Christiana-area
(Noordwes Provinsie) opgemerk. Hierdie larwes kon oorleef en hul
lewensiklus op die Bt-mielies voltooi. Alhoewel daar nog geen ge-
valle aangeteken is waar die stamboorder op die dubbelgeen Bt-
mielies weerstand opgebou het nie, is dit belangrik om deurlopend
te monitor vir enige weerstand wat hierdie insekte in die mielie-
produksiegebied waar Bt-mielies wel aangeplant word, kan opbou.
Deur weerstandbiedende individue en die gene wat hul aan die
volgende geslag oordra te bestudeer, kan insiggewende inligting ten
opsigte van weerstandsrisiko’s en effektiewe bestuurstelsels wat
dan in plek gestel moet word, ingewin word.
Verskeie mieliestamboorderpopulasies is in Noordwes Provinsie
(Grootpan, Lichtenburg, Potchefstroom en Ventersdorp), Vrystaat
(Bethlehem, Bothaville, Ficksburg en Petrusburg), Limpopo (Venda)
en Noord-Kaap (Douglas en Vaalharts) versamel terwyl die larwes in
diapouse (oorwintering) verkeer het (
Foto 2
).
Twaalf van hierdie populasies is in die laboratorium teen die enkel-
en dubbelgeen Bt-mielies getoets. Hierdie larwes se gemiddelde
oorlewingspersentasie en massa word in
Grafiek 1
aangedui.
Die soliede rooi lyn in elke grafiek toon die gemiddelde oorlewings-
persentasie en massa van die larwes van twaalf populasies vir wie
nie-Bt-mielies gevoer is. Die res van die lyne is teen hierdie soliede
rooi lyn vergelyk en verteenwoordig die oorlewingspersentasie en
massa van larwes wat aan mielies met die enkel- en dubbelgeen
gevreet het.
Grafiek 1a en Grafiek 1b toon die oorlewingspersentasie en massa
van larwes wat aan mielies met die enkel Bt-geen gevreet het, terwyl
Grafiek 1c en Grafiek 1d die oorlewingspersentasie en massa van
larwes wat aan mielies met die dubbel Bt-geen gevreet het, toon.
Grafiek 1a toon dat larvale oorlewing op die enkelgeen Bt-mielie
vir die twaalf stamboorderpopulasies tussen 3,2% tot 54,8% op
dag 26 varieer.
Die larvale oorlewing van Grootpan- (groen lyn) (55%) en Vaalharts
2014- (donker blou lyn) (54,8%) stamboorderpopulasies wat die
enkelgeen Bt-mielies gevreet het, het op dag 26 net so goed oorleef
as die larwes wat nie-Bt-mielies (53%) gevreet het.
As die massa van larwes wat aan die enkelgeen Bt gevreet het
geanaliseer word, is dit duidelik dat die Douglas- (geel lyn) en
Ventersdorp-populasies ‘n hoër larvale massa gehad as dié wat aan
nie-Bt-mielies gevreet het (Grafiek 1b).
ELRINE STRYDOM,
LNR-Graangewasse, Potchefstroom
Enkelgeen
Dubbelgeen
Larvale oorlewing (%)
Dae
Dae
Dae
Dae
Larvale massa (mg)
Grafiek 1: Gemiddelde oorlewing en massa van twaalf stamboorderpopulasies op enkel- en dubbelgeen Bt-mielies.
1a
1c
1b
1d
OP PLAASVLAK
Stamboorder / Bt-mielies / Weerstand
Geïntegreerde plaagbeheer