Background Image
Previous Page  70 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 70 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

68

‘n Totale effektiewe reënval van 370 mm het vir die jaar gerealiseer.

Die verspreiding van reënval na plant het verbeter en goeie buie

het voorgekom voor en tot in Mei. Biologiese grondontledings (wat

in ‘n volgende artikel bespreek sal word) wys dat hierdie lae grond-

vog en hoë temperature die grondmikrobe-aktiwiteit kan beïnvloed,

aangesien hierdie metings drasties gedaal het.

Opbrengste van kontantgewasse op dieselfde gronde wys egter die

teenoorgestelde – soos gesien kan word in

Grafiek 3

.

Soja, sonneblom, graansorghum en mielies behaal onderskeidelik

‘n gemiddelde opbrengs van 0,72 t/ha, 2,57 t/ha, 3,68 t/ha en

5,52 t/ha oor al die behandelings. Gesien in die lig van die droë

weerstoestande, is dit merkwaardige resultate en die volgende

afleidings kan gemaak word:

Soja doen goed op behandelings wat in wisselbou met mielies,

somermengsel en korog is.

Sonneblom doen goed op behandelings wat in wisselbou met

graansorghum, mielies en akkerbone is.

Graansorghum doen goed op behandelings wat in wisselbou

met hawer, akkerbone en babala is.

Mielies doen goed op behandelings wat in wisselbou met

korog, akkerbone en mielies is.

Regeneratiewe proef

‘n Sogenaamde “regeneratiewe proef” wat ‘n somermengsel insluit,

is eers einde Januarie gevestig, waarna ‘n winterdekgewasmengsel

ook in die eerste week in Februarie gevestig is.

Die proefperseel wat gebruik is om die regeneratiewe somer- en

winterdekgewasmengsels te plant, is voor dit benut vir aanplantings

van kontantgewasse. Hierdie land was egter erg beskadig deur

watererosie.

Die grondtipe is van die Oakleaf-grondvorm en die gronddiepte

is ongeveer 600 mm. Die land of perseel is onttrek weens swak

produksie. Daar is besluit om dit met ‘n skottelploeg te bewerk voor

die proef gevestig is. Die produsent (George Steyn) se plan was

aanvanklik om ‘n meerjarige gras te plant, wat heel moontlik goeie

resultate sou meebring.

‘n Voorstel is gemaak om met eenjarige somer- en winterdek-

gewasmengsels te probeer om die grond weer te herwin of

rehabiliteer vir produksie. Slegs die somermengsel is in hierdie

artikel beskryf, alhoewel die wintermengsel ook ‘n sukses met ‘n

produksie van ongeveer 11 t/ha droëmateriaal was.

Dit is algemeen bekend dat ‘n groot hoeveelheid organiese mate-

riaal (ten minste 6 t/ha droëmateriaal) benodig word om afloop

in bewerkte lande te keer. Verder is bepaal dat tussen 50% - 70%

vog vanaf kaal grond verdamp – wat die reënval gebruiksdoeltref-

fendheid negatief beïnvloed. Dit is veral belangrik in die westelike

droër areas.

Die hoofdoel van die proefaanplantings was dus om soveel moontlik

oesreste te produseer en te behou om die grond te verbeter. Om

hierdie rede is die dekgewasse ook nie platgerol nie, want kontak

met die grond sou die afbreek van plantreste verhoog.

Foto 3a

tot

Foto 3d

illustreer die proses.

Foto 3a is op 27 Januarie 2016 geneem, voor die aanplanting van

‘n tien spesie-somermengsel wat onder andere al die kontantge-

wasse ingesluit het, sowel al drie peulgewasse, twee eenjarige

somergrasse en een radysspesie.

Foto 3b is in middel April 2016 geneem. Droëmateriaal is bepaal en

het gewissel tussen 11 t/ha tot 14 t/ha.

Foto 3c is begin September geneem. Die sonneblom is gestroop en

‘n opbrengs van 2,2 ton is van die 14 ha geoes. Die mengsel kan

ook baie winsgewend as weiding benut word. Die monetêre waarde

van 2,2 ton sonneblom het alle onkostes van die aanplanting gedek.

Foto 3c wys duidelik dat die meeste van die oesreste behoue

gebly het.

Grafiek 3: Graanopbrengs van verskillende gewasse oor verskillende seisoene.

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou

Gewasdiversiteit se kritiese rol in bewaringslandbou