Background Image
Previous Page  71 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 84 Next Page
Page Background

69

June 2017

Foto 3d is middel Januarie 2017 geneem nadat mielies op die

oesreste geplant is. Die spoed waarmee die oesreste deur die

grondbiota verwerk is, word beklemtoon. Slegs babala-stingels het

behoue gebly.

Bespreking

In ‘n internasionale meta-analise wat op 48 gewasse in 63 lande

gedoen is, is bevind dat indien geenbewerking geïmplementeer

word sonder deklaag en wisselbou, oesverliese van -9,9% kan

realiseer gemeet teen konvensionele bewerking.

Geenbewerking met slegs deklaag of slegs wisselbou lewer verliese

van -5,2% en -6,2% onderskeidelik. Indien geenbewerking met

deklaag én gewasdiversifikasie onder droëlandtoestande in semi-

ariede streke toegepas word, is ‘n verhoging van opbrengs van 7,2%

egter verkry.

Die afleiding word daarom gemaak dat meer produsente moontlik

van bewaringslandbou gebruik gaan maak om die negatiewe impak

van klimaatsverandering te bestuur. Eerder as om geenbewerking

as die eerste stap te sien, moet die ander twee komponente, die

behoud van ‘n deklaag en gewasdiversiteit, eers in plek gekry word.

Dit sal lei tot ‘n meer aanvaarbare resultaat. In hierdie proses kan

dekgewasse ‘n belangrike rol vervul.

Bron

Pittelkow, CM

et al

. 2014.

Productivity limits and potentials of the principles of

conservation agriculture

.

Nature

517, 365 - 368.

2: Proefpersele by Ottosdal tydens die droogte

van die 2014/2015-seisoen.

3a: Kaal grond voor aanplanting.

3b: ‘n Goeie stand somerdekgewasmengsel.

3c: Oesreste teen die einde van die groeiseisoen.

3d: Mielies in die oesreste geplant, Januarie 2017.

2

3a

3c

3d

3b