Background Image
Previous Page  68 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 68 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

66

Gewasdiversiteit se kritiese rol

in bewaringslandbou

vir Noordwes Provinsie ondersoek

I

n die tweede artikel oor gewasdiversiteit se rol in bewarings-

landbou vir die Noordwes Provinsie, is dit goed om eers weer

na die bewaringslandboubeginsels wat grondgesondheid en

volhoubaarheid bevorder, te bestudeer.

Hou veral die rol wat dekgewasse hierin kan speel, in gedagte:

Beskerm grond deur dit met plantmateriaal te bedek.

Versteur grond so min as moontlik deur van geenbewerkings-

implemente gebruik te maak.

Verhoog diversiteit op lande deur van al die funksionele groepe

plante gebruik te maak.

Stimuleer mikrobes in die grondprofiel deur voedsel en

beskerming deur die jaar met lewendige wortels en bedekking te

voorsien.

Integreer vee op akkerboulande deur dekgewasse in wisselbou

met kontantgewasse te gebruik. Benutting moet egter aan

spesifieke vereistes voldoen, soos hoëdrukbeweiding met kort

periodes van benutting.

Vanaf die 2013/2014-plantseisoen is ‘n siftingsproef in die Ottosdal-

omgewing gevestig wat uit verskeie dekgewasse bestaan. Aan-

plantings is op die plaas Humanskraal van mnr George Steyn, wat

‘n aktiewe lid van die Ottosdal-geenbewerkingsklub is, geplant.

Die uitleg van die proef was van só ‘n aard dat dit somereenjariges,

wintereenjariges, kontantgewasse en mengsels ingesluit het.

‘n Volledige ewekansige blokontwerp is vir die eksperiment ge-

bruik, wat bestaan uit 17 behandelings, gewasse of -mengsels. Elke

behandelingstrook in die proef is twee planterwydtes wyd. Vir die

daaropvolgende seisoen word dan dwarsoor die vorige seisoen se

stroke geplant om die wisselbou-effek van al die gewasse op mekaar

te evalueer.

Elke gewas word dus geplant as monokultuur sowel as gewissel

met al die ander gewasse. Bewaringslandbou vereis dat ten minste

drie gewasse in ‘n wisselboustelsel gebruik moet word. Die prak-

tiese waarde of uitkoms van hierdie proef is om dekgewasse met

meer vertroue in ‘n gemengde bewaringslandboustelsel in die

Noordwes Provinsie te integreer.

Sien

Foto 1

vir die uitleg van die proef. Die doel van die proef was

die volgende:

Om die aanpasbaarheid van verskillende gewasse by die plaas-

like omgewingstoestande te ondersoek vir moontlike toepassing

in ‘n bewaringslandboustelsel.

Om produsente ‘n kans te gee om gewasse te leer ken en die

moontlike voordelige impak op grondgesondheid eerstehands te

sien en te ervaar.

Om data ten opsigte van gewasse se vermoë om grondbedek-

king te bewerkstellig in te samel, inligting oor moontlike peste

en plae te evalueer, gewasse se invloed op grondgesondheid

GERRIE TRYTSMAN,

LNR-DPI en

DR HENDRIK SMITH,

bewaringslandboufasiliteerder: Graan SA

Deel 2: Dekgewasse

OP PLAASVLAK

Grondbedekking / Wisselbou-effek / Grondgesondheid

Bewaringslandbou

Grafiek 1: Persentasie grondbedekking van verskillende gewasse se oesreste.