Background Image
Previous Page  62 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 62 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

60

Plantluise en virusoordrag op koring:

Waarna om te kyk

D

ie woord “virus” word as ‘n swaard of ‘n vloekwoord beskou

– nie net in menslike terme nie, maar des te meer in terme

van landbougewasse. Dit is hoofsaaklik weens die feit dat

wanneer plante met ‘n virus besmet is, daar niks aan die

saak gedoen kan word nie.

Baie is al geskryf oor die gars geel dwergvirus (

barley yellow

dwarf virus

of BYDV), maar steeds bly dit ‘n probleem by koring

– veral in besproeiingsgebiede. Dit kom wêreldwyd op kleingrane

soos gars, koring en hawer voor. Mielies en talle grasse kan ook as

gashere dien, hoewel hulle meestal nie tekens of simptome toon nie.

Die intensiteit van die probleem op landbougewasse wissel egter

jaarliks van streek tot streek.

Net plantluise kan gars geel

dwergvirus oordra

Een van die redes vir die verskil in intensiteit van voorkoms is die

feit dat die gars geel dwergvirus slegs deur plantluise oorgedra

kan word. Waarom? Omdat die gars geel dwergvirus net in die

vaatbondels (floeëm) van grasse voorkom en dit is presies waar

plantluise voed (

Figuur 1

).

Die viruspartikels word saam met die plantsappe ingeneem en be-

weeg na die agterste gedeelte van die dermkanaal. Hier beweeg dit

deur die dermwand na die bloedholte. Die viruspartikels bly in die

bloedholte, maar hulle vermeerder nie vanself in die plantluis nie.

Uit die bloedholte beweeg hulle dan weer in die speekselklier en

met die speeksel terug na die vaatbondel van die plant. Die teen-

woordigheid van plantluise bepaal daarom die voorkoms van die

virussiektes in plante.

Tekens en simptome

Die gars geel dwergvirus veroorsaak vergeling van blare vanaf

die blaarpunte, verdwerging van plante en beperk ook stoelvermoë

en graanvulling (

Foto 1

).

Ernstige besmetting veroorsaak dat graanplante verkort en hier-

die plante kan minder are vorm, maar in die meeste gevalle het

geïnfekteerde plante kleiner are met slegs verkrimpte korrels

(

Foto 2a

en

Foto 2b

).

Hierdie are vertoon maer en regopstaande asook effens swart

van kleur wanneer sekondêre swamgroei op die are voorkom. Die

simptome kom gewoonlik in kolle in die lande voor (

Foto 3

). Die

vergeling is meer sigbaar op ouer blare en dit wil voorkom of hier-

die kolle vinniger ryp word as die res van die land.

Plantluise betrokke

Veral drie koringluise kan op koring onder besproeiing aangetref

word: Die hawerluis (

Rhopalosiphum padi

), graanroosluis (

Me-

topolophium dirhodum

) en bruinaarluis (

Sitobion avenae

) (

Foto 4a

tot

Foto 4c

).

Hawerluise kom vroeg in die groeiseisoen voor en hulle is bekend

daarvoor dat hul uiters effektiewe oordraers is van die gars geel

dwergvirus. Die ander twee plantluise besmet die koring gewoonlik

rondom vlagblaarstadium en is minder effektief in hul oordrag. Die

drie luise kom gewoonlik saam op die koring voor, maar hulle rig

nie noemenswaardige voedingskade aan nie. Hul plaagstatus word

belangrik wanneer virusoordrag ter sprake is.

Wat moet ek (die produsent) doen

om dit te keer?

Die beste manier om te verhoed dat jou plante met ‘n virus be-

smet raak, is deur te keer dat plantluise effektiewe voedingsperiodes

op die plante kan deurbring.

Oordrag van ‘n virus kan binne ongeveer vier tot ses ure se voeding

plaasvind. Virusoordrag vroeg in die seisoen is baie meer skadelik

omdat ‘n groter gedeelte van die plantontwikkeling beïnvloed word.

Wanneer oordrag vroeg plaasvind, kan dit 30% tot 40% opbrengs-

verliese tot gevolg hê, terwyl dit na vlagblaarstadium verminder na

ongeveer 2% tot 5% verliese. Ons beskou daarom die eerste tien

weke na opkoms as ‘n redelike kritiese periode waarin virusoordrag

gekeer moet word.

OP PLAASVLAK

Plantluise / Oordrag / Gars geel dwergvirus

Geïntegreerde plaagbeheer

DR GODDY PRINSLOO,

LNR-Kleingraan, Bethlehem

Figuur 1: Beweging van viruspartikels deur ‘n plantluis.

Aangepas uit: Raccah, B en Fereres, A (March 2009).

Plant virus transmission by insects

. In:

Encyclopedia of

Life Sciences

(ELS). John Wiley & Sons, Ltd: Chichester.

1: Verdwergde plante met geel simptome.