Background Image
Previous Page  19 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 19 / 84 Next Page
Page Background

Die vriendelike span van Sparex – Deon Potgieter (areaverkoopsbe-

stuurder), Pieter van Loggerenberg (verkoopsbestuurder) en sy seun,

Cornel (areaverkoopsbestuurder, heel regs) – het besoekers ingelig oor

Sparex se produkreeks wat enige iets van skoffelploegonderdele tot

grassnyerlemme insluit. By hulle is twee produsente van Frankfort:

Nicky Oosthuizen en Riaan Heine.

Oesdagbesoekers van Talana Farms in Botswana het hierdie

Agrico VSD-gedrewe pompstelsel vir spilpunte tydens NAMPO

aangekoop. Dié stelsel kan met selfone van enige plek af beheer

word. Hannes Kruger (meganiese ingenieur: Agrico) is op die foto

saam met die kopers, produsente Elmarie en Pieter Diederichs

asook Frederich en Lizelle Smith.

Koos Steyn van Vereeniging het besluit die 15.180FL van FAW is

dalk net wat hy vir sy besigheid nodig het. Christopher Naidoo

(senior verkoopsbestuurder, FAW, Isando) het meer inligting oor

hierdie vragmotor, wat ‘n “semi-sleeper” met ‘n suspensiesitplek is,

verskaf. Die 7,2 m-bak het valkante.

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

17

Nuwe NAMPO-rekord