Junie 2016
10
Pannar Saad help jou deur
kundigheid en navorsing
V
anjaar se 50ste aanbieding van die
Graan SA NAMPO Oesdag het ‘n
rekordgetal besoekers gelok. Pannar
Saad, met hul uitstalruimte wat sentraal
op NAMPO Park geleë is, het honderde
produsente en belanghebbendes tydens
vanjaar se Oesdag ontvang.
Verskeie Pannar-verteenwoordigers staan
elke jaar gereed om produsente by te
staan met die nuutste inligting, navorsing
en resultate behaal in vorige jare. Die
onderdakuitstalruimte met tafels en stoele
skep altyd ‘n heerlike atmosfeer wat
Oesdaggangers kan geniet.
1: David Nombewu (Oos-Kaap) gesels met
Andrew du Plessis (verteenwoordiger:
Pannar) oor die geelmieliekultivar PAN 6616
wat hy tans aanplant. PAN 6616 word deur
Pannar aanbeveel vir plant onder besproeiing
waar slegs ‘n enkele mielie-oes per jaar
afgehaal word. Dié baster presteer goed in
die oostelike én westelike produksiegebiede
en is ideaal vir die maak van kuilvoer.
2: Deon Schoombe (Middelburg, Oos-Kaap),
Grant Pringle (landboukundige: Pannar) en
Schalk Vorster (Cradock). Hulle plant Pannar
se BG 3792BR geelmieliekultivar. Hierdie
mieliebaster het stapelgeentegnologie en
weerstandigheid teen Roundup Ready en
stronkboorder.
3: Bertie Heyns (verteenwoordiger: Pannar)
by Kobus Schonken en Kevin Fitzpatrick
(albei van Swaziland). Hulle boer met
suikerriet, mielies en droëbone.
4: Linda van der Merwe (hoof: Bemarking,
Syngenta), Ashley Cotterrell (besturende
direkteur: Pannar) en Antonie Delport
(besturende direkteur: Syngenta) gesels
tydens NAMPO.
5: Matthew en Andrew van Lingen,
David McEwan (almal van Cradock) en
Grant Pringle gesels oor PAN 3Q-740BR
by die Oesdag. Hierdie kultivar spog
met verskeie top nasionale kultivar-
proefopbrengste wat dit al behaal het.
6: Charles Mutema (bemarkingshoof:
ESCA) en Caiphas Muyambo (bestuurder:
Besigheidsontwikkeling, ESCA) is betrokke
by die uitvoer van kultivars na die res van
Afrika. Volgens hulle het daar heelwat
produsente vanaf Botswana, Lesotho en
Kenia kom inloer en met hulle gesels. Hierdie
kultivars is spesiaal ontwikkel vir die res
van Afrika, met slegs enkele kultivars wat
ooreenstem met dié wat in Suid-Afrika
beskikbaar is.
7: John Odendaal (nasionale bemarkings-
bestuurder: Pannar), Klaus Eckstein (hoof
uitvoerende beampte: Bayer), Dirk Uys
(bemarkingsbestuurder: Bayer),
Grant Pringle, Andrew Jarvie (voormalige
besturende direkteur: Pannar),
Ben Zengerink (verteenwoordiger: Pannar)
en Pieter Rademeyer (hooflandboukundige,
Pannar).
8: Charl van der Merwe (verteenwoordiger:
Pannar) gesels met Joe Swanepoel
(Magaliesburg) en sy seun, Hermon. Joe
plant SC 701. Hierdie kultivar word bemark in
die groenmieliemark en is die markleier in sy
segment.
PROMOSIE-ARTIKEL
JURGEN VAN ONSELEN,
Kolbe Media
1
8
4
5
6
2
3
7