

Baie geluk aan Jan Rheeder van Wesselsbron
wat vir homself R1 000 kontant, met kompli-
mente van Sasol, losgeslaan het. Sy foto
“Oggendstond” het aan hom ‘n eerste plek in
die Mei-uitgawe se kompetisie besorg.
AKTUEEL
Fotokompetisie
Moenie van beligting vergeet nie
Hans lê finaal sy pen neer
W
il jy ook graag sulke skouspelagtige foto’s neem soos ons amateurfotograwe
in dié kompetisie? Wanneer jy probeer om meer kleur in ‘n foto te bring, moet
jy die regte soort lig gebruik. Foto‘s is tog niks anders as lig wat van ‘n voor-
werp gereflekteer word nie.
Wanneer jy “warm” lig gebruik wat nie so hard is soos ‘n direkte lig nie, sal jou foto ge-
woonlik ‘n kragtige impak hê. Sononder en sonop is van die beste tye vir beligting.
Lees gerus meer oor beligting op
http://www.digital-photo-secrets.com/tip/387/how-to-take-a-wow-photo-bringing-out-the-color/.
O
m volstoom te kon werk tot op 90-jarige ouderdom, sit nie
in enige een se broek nie. ‘n Legende en bekende in die
politieke en landboukringe het gegroet op die wonderlike
ouderdom van 90 jaar. Tot siens, Hans Lombard. Ek wil
graag my huldeblyk begin deur Hans se eie woorde uit ‘n brief wat
hy vir my na sy 90ste verjaarsdagete vanjaar gestuur het, te gebruik.
Na my mening sê die woorde in daardie brief presies wie en wat
Hans was. Ek kan dit nie beter uitdruk nie en dink dit is gepas om dit
te gebruik:
“Graag betuig ek in nederigheid my innige dankbaarheid vir die
wonderlike funksie met my verjaarsdag. Dit was ‘n groot verrassing
en ‘n wonderlike ervaring. Dankie vir al die mooi woorde. Of ek dit
alles verdien, weet ek nie.
“My pen kronkel maar sy pad deur die ink en streef geen eer na nie.
Die eer wat Monsanto my en my vrou, Magriet, aangedoen het, word
hoog waardeer. Dit is ‘n inspirasie om altyd net my bes te probeer
om die taak wat my opgelê is, met nougesetheid na te kom.
“Die juk is op die skof. Die reën sak uit in die Vrystaat en die mielies
staan klopdisselboom in die aandskemerte van die droogte.”
Hans was vir ons almal ‘n inspirasie om altyd ook ons bes te doen en
om die taak wat ons opgelê is, met nougesetheid na te kom.
Hans Jurgens Lombard is in 1926 op Cradock gebore. Van 1952
tot 1958 het hy by
Die Transvaler
en
Die Vaderland
as joernalis
gewerk en in 1958 het hy na Londen in Engeland verhuis waar hy
op Afrikapolitiek en die onafhanklikheid van Afrikastate gefokus het.
In 1961 publiseer hy sy boek
Straalvlug
na die Ooste
. Hy word in 1966 aangestel
as politieke redakteur van
SA Financial
Gazette
en keer terug na Suid-Afrika. In
1969 word hy as direkteur van Lindsay
Smithers Skakelkonsultante aangestel. Sy
landboukliënte het ingesluit John Deere
en Ciba Geigy. Hy het ook vorendag gekom met daarstelling van die
Gouevag/Golden Fleece-toekenning vir die land se topwolskeersel.
In 1973 het hy Hans Lombard Skakelkonsultante gestig en was hy
deur die jare betrokke by die loods van onder meer: Avcasa, BKB,
die LNR, Sansor en NAMPO (nadat eenwording in die mieliebedryf
bereik is). Hy het die konsep van
Mielieman van die Jaar
geïnisieer
en het ook die eerste borg, Three Ships Whisky, verkry. Verder
was Hans ook betrokke by die bekendstelling van Afrika se eerste
gekloonde kalf, “Futhi”.
Hy het ‘n groot rol gespeel in die stigting van die Johannesburgse
Persklub en was 15 jaar lank voorsitter daarvan. In 1977 was hy ook
een van die stigterslede van die Landbouskrywers SA. Ons almal
kan vandag aan honderde staaltjies van Hans dink – en dit is wat
hom so besonders gemaak het. Maak nie saak waaroor die gesprek
gegaan het nie, Hans was altyd reg met ‘n storie!
Wat ‘n groot voorreg was dit nie om hom te kon ken nie en nog
groter die voorreg om saam met hom te kon werk. Daar is min
joernaliste met ‘n werksetiek en werklus soos Hans. As ‘n jong
joernalis ‘n mentor sou benodig, is daar na my mening een mens
in wie se voetspore hy of sy maar kan stap en dit is dié van Hans
Lombard.
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
MAGDA DU TOIT,
Monsanto
Johan Norval van Bloemfontein
se foto het ‘n tweede plek behaal:
“Hierdie Nieu-Seelandse landelike
toneel laat my dink aan ‘The hills
are alive with the sound of bleat-
ing’, of in Afrikaans: ‘Die Heuwels
Fantasties’.”
In die derde plek is Muis Maree
van Kroonstad se foto “Kalkoen-
mannetjie”.
3
de
2
de
Hans Lombard
Julie 2016
90