

Totsiens ou grote…vaarwel aan die
Land Rover Defender
b
y Land Rover-handelaars staan – as jy nog gelukkig is om
dit gade te slaan! – die laaste van die Defenders.
Na 68 jaar het die Land Rover-maatskappy besluit om
produksie van die legendaries Defender te staak; met
twee spesiale modelle in beperkte hoeveelheid om
hierdie spesiale voertuig te vereer. Hulle is die Defender Heritage-
weergawe en die Defender Adventure-weergawe. Beide die
Defender 90 en die Defender 110 is beskikbaar in ‘n Heritage- of
Adventure-gewaad.
‘n Radikaal nuwe Defender-model sal waarskynlik in 2018 die lig
sien. Die “90”- en “110”-benamings verwys na wielbasislengte in
duim. Die Defender 90 het die korter drie deur-bakwerk, terwyl die
110 die langer vyf deur-model verteenwoordig. Heritage-modelle
word vrygestel in ‘n ligte groen, naamlik “Grasmere Green” soos
die eerste Land Rovers van 1948 – met die kenmerkende wit dak.
Daar is ook subtiele verwysings na die oorspronklike Land Rover
soos dieselfde styl sierrooster en ligte as waarmee die oorspronk-
like Land Rovers gespog het.
Terwyl die Heritage-modelle net die een kleur groen het, het die
Adventure-modelle bietjie meer opsies. Daar is drie kleure om
van te kies: Wit, grys en oranje. Dit is gemik op die volwaardige
4x4-entoesias wat regtig deur slote en oor rotse trek en nie net
daaroor praat nie. Die Adventure-weergawe het daarom onder
andere spesiale beskermende materiaal onder die onderstel om
die voertuig en veral die enjin te beskerm. Die kragbron van al die
modelle is ‘n turbo-ondersteunde viersilinder 2,2 liter-dieselenjin
met ‘n kraglewering van 90 kW teen 2 000 omwentelinge en ‘n
wringkrag van 360 Nm teen 3 500 omwentelinge.
Hierdie kragbron is gekoppel aan ‘n sesspoedratkas. Daar is nie
‘n outomatiese opsie nie – daar was in elk geval nog nooit nie.
Die Defender – selfs in die sprankelende Heritage- en Adventure-
gewaad – is nog steeds onverfynd en dit is waar hierdie wonderlike
voertuie se bekoring lê. Dit is die Harley Davidson van die voertuig-
wêreld. Daar is vinniger en slanker motorfietse, maar Harley
Davidson-eienaars sal die ervaring van die rowwe enjin en die
kameraderie van mede-eienaars vir niks verruil nie.
Volgens mnr Daantjie Badenhorst (of te wel Daantjie Dinamiet van
Noot-vir-Noot
-faam), ‘n motorhistorikus, was vierwielaandrywing
vóór die Tweede Wêreldoorlog hoofsaaklik beskikbaar op groot
vragmotors en niemand het daaraan gedink om in die veld, of op
ander moeilike oppervlaktes, te ry nie.
“In 1941 het alles verander met die Jeep se bekendstelling. Dit was
hoofsaaklik bedoel om in die oorlog gebruik te word, maar mense
het gou agtergekom dat vierwielaandrywing heelwat voordele
inhou. Die eerste Land Rover is al in April 1948 gebou, maar teen
September was produksie in volle swang en kon sy uitvoerpoten-
siaal verwesenlik word. In die eerste volle jaar is daar 8 000 een-
hede gebou, maar in die daaropvolgende jaar is dié getal verdubbel.
Die Serie 1 is op die onderstel van die Rover P 3 gebou; dit was die
eerste Rover wat na die Tweede Wêreldoorlog bekend gestel is.”
Die eerste Land Rovers is vir produsente ontwikkel en nie vir oor-
log nie, maar interessant genoeg was die Land Rover Defenders
die laaste twee dekades gewild as ‘n militêre voertuig in veral die
Britse weermag – omdat dit so ‘n betroubare voertuig is – wat vir
geen slegte padoppervlakte wegskram nie.
Kyk gerus uit vir die laaste Defenders. Dit gaan versamelaarsitems
word. Aan die ander kant: Enige Defender is dit werd om versamel
te word.
Die pryse van die laaste van hierdie grotes is soos volg:
Defender 90 Heritage: R605 500
Defender 90 Adventure: R658 300
Defender 110 Heritage: R667 300
Defender 110 Adventure: R704 700
GERRIE SMIT,
lid van die SA Motorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
95
July 2016
1: Een van die eerste Land Rovers. Dit is veral vir die landbousektor
ontwikkel.
2: Die Defender 110 Heritage in sy kenmerkende liggroen gewaad en
wit dak.
3: ‘n Defender 90 Adventure in oranje. Hierdie weergawe is gemaak om
meer met 4x4-aktiwiteite te kan waag.
1
2
3