

Welkom by Alice in Wonderland...
ABRIE COETZEE,
onthaal- en dekorspesialis
KUIER SAAM MET
Abrie
w
anneer die gaste deur die mosbedekte houtdeur loop, wag ‘n
aweregse en kolle-towerwêreld hulle in.
In die blaarryke woud staan ‘n reuse paddastoel. Kaarte hang uit
die takke: Klawers en harte daarop geskilder. ‘n Yslike blou teepot
staan in die middel van ‘n lowergroen tafel.
Gebreekte koppies lê argeloos rond. Daar is blou koeldrank in lang bottels en ‘n
paar storieboeke is opmekaar gestapel.
Ek skink sap uit ‘n beker wat soos ‘n geel blomkelk gevorm is. Wit en swart
gestreepte hoededose is gevul met hartekoekies en hasies bons uit die dose (op
en af) van die tafels af.
Enige oomblik kan Alice en die Mad Hatter onder ‘n tafel uitkruip.
Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp
by 018 468 5689 of 072 804 9841.
93
July 2016