

85
July 2016
AKTUEEL
Hy het ‘n goeie en bekwame span werkers wat hy kan vertrou,
maar sê dat daar tog sekere tye is – soos planttyd – wanneer hy
as produsent op die plaas wil wees. “As bedryfsorganisasie is ons
kalender tot ‘n groot mate gelukkig ook só geskeduleer.”
‘n Organisasie soos Graan SA
Die nuwe voorsitter se missie vir Graan SA is om die organisasie
onmisbaar vir alle graanprodusente te maak. “Elke produsent
moet lid wíl wees; hy moet voel hy mis iets as hy nie deel daarvan
is nie. Die waarde van ‘n organisasie soos Graan SA word egter nog
nie deur almal besef nie.”
As voorsitter wil hy die span laat gedy. Hy is van mening dat in die
omvang van dié organisasie geen enkel persoon die werk gedoen
kan kry nie, maar wanneer hulle as ‘n span funksioneer, hul berge
kan versit. Hy wil graag almal bemagtig sodat elkeen op sy manier en
met sy unieke sterk punte ‘n bydrae kan maak.
“Binne die plaashek kan die produsent ten volle bepaal en beheer
wat met hom gebeur. Die rol van Graan SA is om dit wat daarbuite
gebeur só te beïnvloed dat die produsent steeds volhoubaar kan
produseer. Selfs nie eers ‘n megaprodusent kan as individu die
impak hê wat ‘n organisasie soos Graan SA – wat meer as die helfte
van die graanprodusente verteenwoordig – het nie.
“Met die kennis en mag tot sy beskikking, gebruik Graan SA sy
netwerke om invloed hierop te hê en ons kry dit met groot sukses
reg. Ons kan nie alles verander wat negatief op die produsent inwerk
nie, maar ons probeer,” sê hy.
Voedselsekerheid word vanjaar in besonder weer uitgelig – en dit
is die direkte gevolg van die droogte. Hy sê dat die staat en ander
partye duidelik sien dat dít waaroor Graan SA en ander partye al
verskeie jare praat en waarsku, nou gebeur.
“Dit is maklik om in te voer, maar daar is verskeie faktore wat ‘n
effek het op die bekostigbaarheid van voedsel en die groter eko-
nomie van die land wanneer dit gebeur. Dit is ons taak om dit aan
die rolspelers te verduidelik. Wat sou gebeur as die produsent nie
meer daar is nie?” vra hy.
“Die Engelse media verwys na Graan SA as ‘n ‘
lobby group
’ vir
produsente. En dit is wat ons is: Ons probeer om die saak van die
produsent op alle vlakke in te dra en dít wat ‘n positiewe verande-
ring vir die produsent op plaasvlak teweeg kan bring, te bevorder.
Dit is skokkend om die tekort aan kennis en insig van sommige
besluitnemers en rolspelers in en oor ons bedryf te sien...en te sien
watter besluite en voorstelle dan gemaak word! Juis dán tree die
belangrikheid van die organisasie na vore.”
Jaco was in 2011 Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar.
SA Graan/Grain
wou by hom weet hoekom hy iemand sal aanmoedig
om ‘n loopbaan in landbou te volg.
“Soos met enige beroep, moet dit jou passie wees. Moenie kom
boer omdat jou pa dit wil hê of omdat jy sien sekere produsente
ry met blink voertuie rond nie. Doen dit omdat jy wíl. Die toekoms
van landbou is groot: Almal moet eet, maar die uitdaging is om
volhoubaar en winsgewend te kan produseer.
“Dít maak landbou vir my lekker, want die speelveld verander
deurlopend. Geen seisoen is dieselfde nie. Daar moet gedurig
besluite op baie kort kennisgewing geneem word – wat ‘n wesenlike
impak op die uitkoms het – en dit maak dat dit vir my ‘n uitdaging bly.
“Jy leef naby aan jou Skepper, want binne dit alles word jou
afhanklikheid daagliks bevestig. Alle eer aan Hom!” sê hy.
Op die vraag oor sy wenke vir ‘n jong produsent wat nou begin boer,
noem Jaco die volgende:
Kies ‘n paar mentors in jou omgewing en moenie bang wees
om vrae te vra nie. Stap ‘n paadjie saam met insetverskaffers,
want heelwat kundigheid is in hul gesetel. Loer oor die draad na
die suksesvolle produsente, want hulle doen dinge reg.
Bestuur jou risiko’s. Moenie onnodig risiko’s neem nie, maar
moet ook nie risiko’s vermy nie. Kry die balans.
‘n Blink plaas is mooi, maar dit is nie hoe jy wins maak nie.
Winste en vooruitgang sal jou voorland wees as jy dit wat jy
doen, reg doen en as jy in dít belê wat vir jou ‘n opbrengs op
kapitaal kan genereer – en dit is nie noodwendig implemente nie.
Produksie is essensieel, maar bemarking kan jou sink. Leer ken
die mark, bemagtig jouself met inligting, praat met sukses-
volle produsente en neem dán eers jou bemarkingsbesluite.
Hoe hoër die gehalte van die inligting wat jy kan kry, hoe beter
sal jou besluit wees.
‘n Produsent moet homself altyd ontwikkel. Jy moet gedurig
“slimmer” raak om beter besluite te kan neem, want die wêreld
bly verander en om in die wêreldmark te kan meeding, moet
ons konstant verbeter. Raak betrokke in die strukture van
georganiseerde landbou, sodat jy blootstelling kan kry aan dít
wat buite die plaashek aangaan en só jou visie verbreed.
‘N RUSTIGE OU
met ‘n brandende passie
Profiel
Jaco is tydens Graan SA se Kongres in Maart vanjaar tot voorsitter van die organisasie verkies nadat Louw Steytler as voorsitter uitgetree het. Hier
wens Steytler vir Minnaar geluk met sy verkiesing.